Filtra per genere

Spektrum

Spektrum

RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

1917 - Spektrum 24 April 2024
0:00 / 0:00
1x
  • 1917 - Spektrum 24 April 2024

    In die vyfde van 'n reeks verkiesingsdebatte, fokus ons op Gauteng. Vyf van die provinsie se grootste partye neem deel: die ANC, die EFF, Action SA, die DA, en die Vryheidsfront Plus.

    Wed, 24 Apr 2024
  • 1916 - Spektrum 23 April 2023

    Daar is meer as 2 000 onopgeëisde lyke in die staat se lykshuise. Strafregtelike klagte is teen die burgemeester van die Matjhabeng-munisipaliteit, Thanduxolo Khalipha, aanhangig gemaak. 'n Suid-Afrikaner vertel van haar ervaring op 'n vliegtuig op pad Tel Aviv toe, terwyl Israel se weermag missiele moes afweer. Ons fokus op die rol van die media ná 30 jaar van demokrasie.

    Tue, 23 Apr 2024
  • 1915 - Spektrum 22 April 2024

    Die ANC verloor sy handelsmerksaak teen die uMkhonto we Sizwe-party. Miljarde rand word benodig om vakante poste vir dokters te vul. Suid-Afrika sak vyf plekke terug op die Wêreldenergie Trilemma-verslag. 'n Vergadering word gehou om planne te beraam om die droogte in Afrika te mitigeer. Ons fokus op die stand van basiese onderwys ná 30 jaar van demokrasie.

    Mon, 22 Apr 2024
  • 1914 - Spektrum 19 April 2024

    'n Gebrek aan hulpbronne word vir die skietdood van 'n polisiebeampte op die Kaapse vlakte blameer. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarsku nie-regeringorganisasies om nie deur terreurgroepe misbruik te word nie. Brittanje hernu sy terreurwaarskuwing aan toeriste oor Suid-Afrika.

    Fri, 19 Apr 2024
  • 1913 - Spektrum 18 April 2024

    Gesprekke aan die gang om die werksverliese by die Poskantoor te beperk. Kubaanse dokters wat in Suid-Afrika werk, is weer onder die vergrootglas. Reaksie op die groot aantal sake van geslagsgebaseerde geweld wat van die hofrol verwyder is.

    Thu, 18 Apr 2024
Mostra altri episodi