Podcasts by Category

Klipkouers

Klipkouers

Jacques Basson

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.

641 - Episode 181: Giniel de Villiers
0:00 / 0:00
1x
  • 641 - Episode 181: Giniel de Villiers

    Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk. Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy  'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek  te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n tweede plek in 2006 en 'n oorwinning in 2009. Met 'n loopbaan wat meer as twee dekades strek, is De Villiers 'n meester van konsekwentheid, met tallose Top 10 posisies en 15 podiumverskynings. As 'n hoeksteen van die Toyota Gazoo-span, spandeer hy baie van sy tyd om die Hilux te onwikkel in veral die Namibiese- en Kalahariwoestyn.

    Tue, 16 Apr 2024 - 1h 19min
  • 640 - Episode 180: André Koegelenberg & Johan Pool

    André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.   Die konsessiehouers van die ACDC Express in Worcester gesels oor hoe hulle in die bedryf beland het, die uitdagings wat hulle moes oorkom en die lesse wat hulle geleer het, asook hoe hulle slegs 10 dae na die ontploffing weer operasioneel was. Hulle deel ook besigheidswenke en wyshede vir jong entrepreneurs wat hulle danksy hulle 8 jaar in die bedryf geleer het.

    Mon, 08 Apr 2024 - 1h 00min
  • 639 - Episode179: ”Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

    Ek het gesels met Roedolf van der Westhuizen, die Uitvoerende Hoof van Die MOS Inisiatief en Albert van Wyk oor entrepreneurskap. Ons het veral gesels oor Albert se televisiereeks op VIA "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar Hoërskool kinders wat hul eie besighede bedryf, meegeding het om die gesogte titel. Gaan luister gerus ook na die nuwe podcast reeks, Pot Vol Kennis, wat ek saam met die MOS Inisiatief aangepak het. Ons help jou om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig.

    Tue, 23 Jan 2024 - 55min
  • 638 - Episode 178: Andrew Bartlett

    Andrew Bartlett het sy eerste groot besigheid in telekommunikasie in Bloemfontein opgebou. 'n Kombinasie van te vinnige en te diverse groei, tesame met Covid as kersie op die koek, het gelei tot die ineenstorting van die besigheid. Sy Covid-storie begin in 'n diep, donker geestelike gat. Gelukkig is sy post-Covid-storie 'n nuwe begin met 'n nuwe vennootskap wat oa 'n gemeenskapsradiostasie, 'n nuwe ateljee, 'n nuwe podcast reeks, 'n nuwe mediahuis genaamd Miele Media, 'n UFC-klub, en selfs vriesbaddens en 'n hyperbaric oxygen chamber insluit. Dit was ‘n mondvol! Ek benodig suurstof!

    Fri, 22 Dec 2023 - 58min
  • 637 - Episode 177: Andries Mulder

    "Wanneer jy oorweeg om sonpanele te installeer, is dit noodsaaklik om navorsing te doen oor die maatskappy wat jy van plan is om te gebruik, en te verseker dat die produk wat gebruik word in Suid-Afrika gediens kan word, anders gaan jy probleme ervaar," sê Andries, eienaar van die ACDC Express in Nelspruit. Andries het in verskeie bedrywighede gewerk, insluitend die klerebedryf, wegneemetes, en die petrolbedryf, voordat hy in die elektriesebedryf sy merk gemaak het. “Met 'n produkreeks van amper 36,000 in die winkel,” voeg hy by “is dit nie altyd maklik om by te bly met al die tegniese aspekte van alles nie, maar as ons nie dadelik 'n antwoord het vir ons kliënte nie, sal ons beslis die antwoord kry.”

    Fri, 08 Dec 2023 - 28min
Show More Episodes