Filtra per genere

Stoepsit Potgooi

Stoepsit Potgooi

Wian Esterhuizen & Leon Engelbrecht

Welkom op ons Stoep. Op ons Stoep glo ons in musiek. Ons glo in woorde. Ons glo in Afrikaans. Ons glo in geselskap.Ons luister die musiek wat jy nie noodwendig op radio sal hoor nie. Ons gesels oor die dinge waaroor jy nie noodwendig aan die eetkamertafel gesels nie. Ons drink die rooiwyn en bier wat lekkerder smaak as jy dit laataand langs 'n vuur drink saam die mense vir wie jy lief is.

8 - Opinies & Onkunde 1
0:00 / 0:00
1x
  • 8 - Opinies & Onkunde 1

    Welkom by Opinies & Onkunde 1!Dis 'n koue, donker laataand op die Stoep, en dinge ruk bietjie handuit op die Stoep. Wian en Leon probeer om een of twee global debates op te los, maar verval in 'n donker gat van ranting en stry oor die een onderwerp wat die mag het om die Stoep te kelder: Wat is beter? Wyn... of bier?Dis haar verjaarsdagmaand! Baie geluk, Hilde! Ons ongelooflike Stoepsit kuns word soos altyd gemaak deur Ineffable Digital Designs. Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons ...

    Sat, 28 May 2022
  • 7 - Spookasem & Roller Coasters: Deel 2

    Welkom by Spookasem & Roller Coasters Deel 2!Dis Deel 2 van Spookasem & Roller Coasters en Wian en Leon gesels oor die "ander kant" van spoke, geeste, poltergeists, Van Hings, Uniondale en alles anders para-normaal. As jy 'n bydrae wil lewe op hierdie punt, laat weet ons asseblief by stoepsitpotgooi@gmail.comDie ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs. Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Sat, 14 May 2022
  • 6 - Spookasem & Roller Coasters

    Welkom by Spookasem & Roller Coasters!Ons almal het eens op 'n tyd al te doen gehad met iets wat ons nie kan verduidelik nie. Deure wat kraak, fluisterstemme in die donker, of dalk 'n pragtige ryloper in die Klein Karoo wat op 'n geheimsinnige manier net jou kar verlaat na 'n rukkie. Of jy nou daarin glo of nie, ons kan nie die feit ignoreer dat daar dalk 'n paranormale deel van die wêreld is wat ons nie kan verstaan nie. Die begin koeler raak op die Stoep, maar Wian & Leon is gepanse...

    Sat, 30 Apr 2022
  • 5 - Afgestroop: Die Lewe Het 'n Punt Gemaak

    Welkom by Afgestroop!Dis twee jaar later en ons voel steeds die emosies wat niemand van ons gedink het ons sal voel nie. Dis twee jaar later en ons is steeds gatvol. Dis twee jaar later en ons voel steeds afgestroop. Dis twee jaar later en die lewe het 'n punt gemaak. Dis twee jaar later, en nou sluit ons dit af. Hierdie episode se Instagram Digter is Ilze du Plessis, 'n fantastiese mens wat met woorde kan toor.Die ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs. Baie da...

    Sat, 26 Mar 2022
  • 4 - Hier Is Ek Weer

    Welkom by Hier Is Ek Weer!Hoe werk dit dat as die klok Oktober slaan, almal soos een man begin funksies, troues, partytjies, braais, kuiers, ingrypings, vakansies en feeste reël? In hierdie kort incheck vra Wian en Leon plegtig omverskoning vir die laaste paar maande se radiostilte, maar stel ook gerus dat die Stoep uiteindelik weer lewe gekry het. Daar was beplan en verander, ge-backpaddle en ge-borsslag, wawiele en bollemakiesies gemaak. Als wyl daar 'n bestendige stroom van rooiwyn en bier...

    Mon, 14 Feb 2022
Mostra altri episodi