Filtrar por gênero

'n Ma & 'n Mikrofoon

'n Ma & 'n Mikrofoon

Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"! Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel. 'n Ma & 'n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind. 'n Ma & 'n Mikrofoon is a podcast that reflects the world of the modern Afrikaans mom. Host Daniëlla van Heerden (herself a mom of two) engages in candid conversations with experts and special guests. The focus extends beyond the health of babies and children to encompass the emotional well-being of mothers. Here, you'll share laughter for those moments only another mom can understand – like how five minutes alone in the car can sometimes count as "me-time"! However, more serious topics such as postpartum depression, tantrums, and bullying are also openly discussed. Everyday and well-known moms alike drop by the studio to share their stories. 'n Ma & 'n Mikrofoon will inspire, empower, and remind you that, despite moments of doubt, you are always the best mom for your child.

14 - "Mom Guilt" Is 'n Lokval. Só Klim Jy Uit/ "Mom Guilt" Is a Trap. This is How You Get Out
0:00 / 0:00
1x
  • 14 - "Mom Guilt" Is 'n Lokval. Só Klim Jy Uit/ "Mom Guilt" Is a Trap. This is How You Get Out

    “Mom Guilt” is orals. Dis die stemmetjie in jou kop wat sê: "Ek werk te veel en skeep my kinders af." Of dalk: "Ek gee nie genóég aandag by die werk nie.” Dis: “Ek voel sleg omdat ek wens vir tyd sonder my kinders" en "Ek moet begin oefen" of “Ek moenie elke dag oefen nie, ek moet eerder by my kinders wees.” Hierdie is ‘n episode wat die luisteraars van ’n Ma & ’n Mikrofoon self aangevra het, en dis duidelik ‘n kwelpunt. “Mom Guilt” raak immers ons almal – en dit is selde konstruktief. Om dit te takel, praat Daniëlla met die kliniese sielkundige (en ma van 3) Gerda Kriel. Gerda kén “mom guilt” self alte goed, maar sy het danksy haar beroep ook al paar maniere ontwikkel om te te herken en dit te hanteer. Dié episode sal jou die vaardighede aanleer om die stemmetjie binne jou wat sê Jy’s nié genoeg nie, stil te maak – en te vervang met ‘n sterk, outentieke stem wat sê: “Ek is!”

    Wed, 15 May 2024 - 30min
  • 13 - Hettie Brittz: 'Kweek Kinders Met Karakter' Vir 'n Nuwe Generasie Ma's/ Hettie Brittz: 'Growing Kids with Character' for a New Generation of Moms

    Sedert Hettie Brittz se ouerskapsboek "Kweek Kinders met Karakter" die eerste keer in 2007 gepubliseer is, het duisende kopieë verkoop en deel geword van Afrikaanse gesinne se verhaal en grootword-reis. Hettie, 'n ma van 3 (en nou ook ouma van 1!) het nou die boek opdateer en 'n nuwe weergawe is beskikbaar. Sy leer daarin dat jy jou kind werklik moet kén om hom of haar reg te kan hanteer - en dit beteken ook dat jy jouself (sterk- en swakpunte) moet ken. Daniëlla en Hettie gesels in dié onderhoud oor al die nuwe uitdagings wat vandag se ouers moet trotseer; Hettie se eie uitdagings as jong ma; wat sy sedertdien geleer het; en oor die gesin se nuwe lewe in Amerika. Hettie gee ook raad vir ander Afrikaanse mammas in die buiteland. Since Hettie Brittz's parenting book 'Growing Kids with Character' was first published in 2007, thousands of copies have been sold and have become part of many South African families' journey of raising children. Hettie, a mom of 3 (and now also a grandmother of 1!), has now updated the book, and a new version is available. In it, she teaches that you really need to know your child in order to handle him or her correctly - and that also means knowing yourself, both strengths and weaknesses. In this interview, Daniëlla and Hettie discuss all the new challenges that today's parents must face, Hettie's own challenges as a young mother, what she has learned since then, and about the family's new life in America. Hettie also gives advice to other South African moms living abroad. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 8 May 2024 - 33min
  • 12 - TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Simoné Pretorius / TWO Moms & a Microphone: Simoné Pretorius

    Simoné Pretorius is 'n film-, televisie- en teateraktrise. Maar in hierdie podcast praat sy minder dáároor, en meer oor 'n ander, groter rol: dié as ma. Haar dogtertjie Harper is 'n kleuter en kleinboet James is nog net 'n paar weke oud, en Simoné gesels met Daniëlla oor die hoogtepunte, die uitdagings en die tweeledigheid van ouerskap. Ons praat oor grootword, oor miskrame, die lewe wat uit die dood spruit... en dat formule-baba's darem eindelik ook almal méér as oukei is! Simoné Pretorius is a film, television, and theater actress. But in this podcast, she speaks only a little about that, and more about another, bigger role: being a mom. Her daughter Harper is a toddler, and little James is just a few weeks old. Simoné talks with Daniëlla about the highlights, the challenges, and the dichotomy of parenthood. We discuss growing up, miscarriages, life springing from death... and the fact that, after all, "formula babies" are actually more than just okay! - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 1 May 2024 - 56min
  • 11 - Van Deurmekaar na Agtermekaar: Kry Beheer deur te Organiseer/From Chaos to Order: How to Organise and Thrive

    Kinders en 'n deurmekaar huis voel al soos een en dieselfde ding. Maar dit beteken nie jy hoef in totale chaos te leef nie. Met die nodige beplanning, stelsels en spanwerk kán jy weer beheer kry oor jou huis. In dié week se episode gee Nita Newton vir Daniëlla en ander ma's raad oor hoe om (op 'n begroting!) uit te sorteer, te organiseer en weer kalmte en vrede in jou eie spasie (en sommer ook jou gemoed) te vind. {{Volg Nita op Instagram by @organisesa en Facebook by https://www.facebook.com/organisesa}} Kids and a messy house often feel like one and the same thing. But that doesn't mean you have to live in total chaos. With proper planning, systems, and teamwork, you can regain control over your home. In this week's episode, Nita Newton advises Daniëlla and other moms (on a budget!) on how to sort out, organiSe, and find calmness and peace in your own space, as well as in your mind. {{Follow Nita op Instagram at @organisesa and Facebook at https://www.facebook.com/organisesa}} - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 24 Apr 2024 - 26min
  • 10 - Ontmoet Die Ma Wat Kinders in Liefde Laat Sterf / Meet the Mom Who Helps Children Die with Love

    Byna al Tarryn Bell se kinders gaan binnekort sterf. Tarryn wéét dit - sy't hulle immers gekies. Talle is gered uit haglike omstandighede: weggegooi in bosse, agtergelaat in hospitale, of verwaarloos en mishandel in hulle ouerhuise. Verskillende ongeneeslike siektes is by hulle almal gediagnoseer, wat beteken hulle het net weke of maande oor om te leef. Nou maak Tarryn, haar man en biologiese kinders, en haar span by die Butterfly Palliative Home seker dat dié sterwende kinders in hulle laaste dae die nodige sorg kry - sowel as en liefde, liefde, en nog liefde. Dis nie maklik nie, want dis duur om vir terminale siek kinders te sorg en hulle sukkel elke maand om kop bo water te hou. Daniëlla praat ook met Tarryn oor hoe sy en haar gesin dié gereelde trauma hanteer wanneer 'n kind sterf en wat hulle geleer het van die dood. Dié is 'n gesprek met 'n uitsonderlike ma wat jou nie ongeraak kan laat nie. {{Volg Tarryn en die werk wat hulle doen op Facebook of Instagram by "Butterfly Palliative Home"}} Almost all of Tarryn Bell's children are going to die soon. Tarryn knows this - after all, she chose them. Many of them were rescued from dire circumstances - abandoned in bushes, left behind in hospitals, or neglected and abused in their own homes. Various incurable diseases have been diagnosed in all of them, meaning they have only weeks or months left to live. Now Tarryn, her family, and her team at the Butterfly Palliative Home ensure that these dying children receive the necessary care in their final days - as well as love, love, and more love. It's not easy - because it's expensive to care for terminally ill children, and the Butterfly Home struggles every month to stay afloat. Daniëlla also asks Tarryn how she and her family handle the trauma when a child dies and what they have learned from death. This is a conversation with an exceptional mother that will not leave you untouched. {{Follow Tarryn and the work they do on Facebook or Instagram at "Butterfly Palliative Home"}} Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 17 Apr 2024 - 34min
Mostrar mais episódios