Nach Genre filtern
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
- 269 - JMMM 21 SEP
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Mon, 02 Oct 2023 - 5min - 268 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…
Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met sirkulasie en amputasie gehad het, was sy dood ‘n groot en skielike verrassing. Wanda se hart is nog baie seer, en trek tans baie swaar met die dat sy ‘n klein inkomste verdien wat aan haar en veral haar seun se behoeftes moet voorsien. Wanda se man, Craig, het op ‘n dag siekgeword en gekla oor lyfseer. Hulle was dokter toe, waarna die dokter hulle na die hospitaal verwys het. Hulle het nie medies nie, en is na Steve Biko toe. Dinsdagoggend het hulle na die hospitaal vertrek, met hulle seun wat gehelp het om sy pa in die voertuig te laai. Toe hulle by ongevalle arriveer, moes Craig eers ‘n Covid-toets doen. Craig, wat reeds ‘n geamputeerde toon gehad het as gevolg van sy diabetes, het genoem dat hy nie sy bene kan voel nie. Uiteindelik is hy na ‘n lang proses van Covid-vrywaring in ‘n hospitaalkamer in. Hy is gelukkig toe op ‘n bed, maar nog steeds in isolasie as gevolg van ‘n vermoede dat hy aan breinvliesontsteking ly. Die dokters het toe agtergekom dat daar ‘n bloedklont in sy rug in geskiet het. Die dokter het vir Wanda later geskakel en ingelig dat hulle sy ‘gesonde’ been gaan amputeer. Hy het na hierdie amputasie septisemia gekry, wat gevolg het op ‘n rooi uitslag op sy vel. Wanda noem dat, toe die septisemia behandel is, dit baie beter gegaan het. Sy sê na 53 dae het sy vir die eerste keer hoop gehad! Maar, dis ongelukkig nie hoe hierdie verhaal eindig nie…GROOTfm 90.5 het gaan kuier.
Tue, 22 Nov 2022 - 9min - 267 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”
Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil... baie. Saans as niemand my hoor nie, want ek ontstel hul net. Dis meestal van pyn. Na die trane wat my siel skoon was sit ek by Vader se voete, dis waar ek berusting kry. Daai trane genees ook baie ánder dieperliggende emosies waarvan mens nie weet nie. Soooo... Ek is nie altyd so braaf nie! But God.....” Lalie het verlede jaar in ‘n hek-paal vasgeloop, waarna sy na haar been gekyk het, en moes aanskou hoe haar been vir haar ‘gaap’ as gevolg van ‘n groot sny wat sy opgedoen het as gevolg van ‘n geroeste paal wat uit die hek uitgesteek het. Haar vriende het haar in die huis ingedra, en sy haar geheue verloor. Vrydagoggend is sy na ‘n dokter toe vir steke, anti-biotika en ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Daardie aand het sy nie geslaap nie, en die volgende dag is sy terug na die dokter toe vir nog ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Met tuiskoms het sy aan die slaap geraak, en haar vriende het haar gelos, sodat sy slaap. Dis hier waar sy in ‘n koma beland het. Haar been het intussen pers geword en blase gevorm. Haar vriende het haar na die hospitaal toe gejaag waar hulle haar op ‘n ventilator gesit het. Dokters het vir haar suster gesê hulle moet haar groet. Lalie kan niks onthou nie. Die dokters het met haar suster meegedeel dat sy ‘n vleisetende bakterie opgetel het en dat hulle dadelik haar been moet amputeer. Lalie het in Januarie vanjaar begin spaar vir prostese. Sy sê sy is iemand wat nie kan stilsit nie, en sonder ‘n been, is die vooruitsig van beweging waaraan sy gewoond is, ondraaglik. Min wetend, dat die fondse wat sy so proaktief bymekaarmaak sou gebruik word vir nog ses amputasies… Na aanleiding van ‘n hulpkreet gerig deur ‘n baie goeie vriendin, Petra Nortje, het GROOTfm 90.5 gaan kuier…
Wed, 16 Nov 2022 - 14min - 266 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!
Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir sy eksamen leer…Ashleigh van Dyk het ‘n hulpkreet aan ons gerig nadat haar man, Etienne, nie net sy werk tydens Covid verloor het nie, maar sy eie besigheid moes prysgee nadat hy twee beroertes gely het. Ashleigh van Dyk, haar man Etienne, hulle seun Owen, skoonma en Ashleigh se ma is in nood gedompel. Ettiene, wat die broodwinner was, vat elke dag stap vir stap in sy pad na genesing na hy in September-maand vier beroertes gely het. Hulle mediese onkostes strek bo R90 000, maar hulle het ‘n dak bo hul koppe. Vyf mense is afhanklik van hierdie veilige vesting, en hulle huur is ook agterstallig. Ettiene het al baie vordering getoon, en loop nie meer met sy kierie nie. Dokters-verslae toon ook geen tekens van brein- of permanente skade nie, alhoewel hy weer van voor af moet leer loop en praat. Hulle ontdek ook vier bloedklonte. Ons is dankbaar vir Ashleigh se inkomste, wat skaars die maandelikse elektrisiteit en kruideniersware kan dek. Sy is moeg en moedeloos, maar verklaar die heeltyd dat “die Here in beheer is”. Hulle gesin is ‘n gelukkige gesin, en hulle besef die pad na genesing en herstel is nog lank. Hulle is dankbaar vir mekaar, vir elke mens wat deelvorm van hulle ondersteuningsnetwerk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
Wed, 09 Nov 2022 - 9min - 265 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife
Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en dogter. Morelife het op die jong ouderdom van 22 ‘n groot besluit gemaak, ten koste van homself, en ter wille van sy vrou en kind, en homself besig gehou met los werkies, en elke sent wat hy verdien het, huis toe gestuur. Een aand, toe hy die geleentheid gehad het om nog geld te verdien, deur geld op die spel te sit tydens ‘n snooker-meedinging, het sy lewe drasties verander. Voordat ons ‘n oordeel vel oor die woord, taverne of ‘shebeen’, kom ons dink aan hoeveel keer ek en jy ‘n bedrag op ‘n ‘ooreenkoms’ gesit het. Morelife het die spel gewen, en voor hy sy wenprys kon neem, is hy met ‘n baksteen oor die kop geslaan, en met ‘n mes gesteek. GROOTfm 90.5 het binne-in die hartjie van die informele nedersetting, Plastic View, gaan kuier. Ons glo in ‘n Magtige God, wat wonderwerke kan verrig. Ons besef opnuut dat geweld, en swaarkry, en armoede nie ‘n ‘race’ ding is nie, maar ‘n ‘human race’ ding. Mag ons, wat EEN Vader het, EEN Hemelse en Waardige Koning, al Sy kinders eerbiedig, liefhê en dien – soos wat Hy doen. Mag ons opnuut bewus wees van die Grootheid van Sy liefde en genade, en besef dat ons verantwoordelikheid om ‘n verskil te maak, nie grense het nie. Morelife het ‘n nuwe vertrekpunt. Ons is dankbaar vir Operation Healing Hands se Dr Helene Basson, wat Morelife wil sien vir ‘n konsultasie. Vir SPAR wat ons die geleentheid gegee het om vir Ezekiël te kon Seën met ‘n geskenkbewys om vir Morelife te sorg met kos. Mag sy vooruitsig weer dit word. ‘n Vooruitsig van ‘n beter lewe vir hom, sy vrou en hulle pragtige kind. Ons vertrou en hoop en glo saam met jou, Morelife! En ons hou die goeie nuus dop! As iemand Morelife en sy familie kan ondersteun met kos, asb stuur ‘n epos na info@grootfm.co.za.
Tue, 01 Nov 2022 - 11min - 264 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘The happiest place on earth’
TLC, ‘The Love of Christ’, is ‘n kinderhuis wat 30-jaar terug deur ‘n familie gestig is, en het al vir 900 kinders families gevind. Hulle uitgangspunt is ‘we love, to let go’, en probeer so gou as moontlik om ‘n baba by ‘n familie geplaas te kry. Een van hulle groot wense is om ‘n bord buitekant die hek op te sit wat lees: ‘The happiest place on earth’. En, dis presies wat ons ervaring was met ons kuier. Wat maak hulle anders? Daar is so baie elemente! Hulle neem nie net baba’s in nie, maar soms ook hul moeders – vir wie hulle dan die fasiliteite gee om hulle eie kind te ‘foster’, soos hulle daarna verwys. TLC se personeel verwys al van vroeg af, en erken die kinders se ‘tummy mummy’ en verduidelik vir die kinders hoekom hulle nie permanent by hulle ‘tummy mummies’ kan woon nie. TLC fokus daarop om kinders te laat behoort – ‘n baie basiese behoefte van enige mens. TLC het ‘n groot behoefte om ‘n verbintenis met die gemeenskap te ontsluit en te vestig in die kinders, wat volgens Besturende Direkteur, Pippa Jarvis, die grootste uitdaging van ons land is vandag. Pippa sê: “The need for belonging from an early age is fundamental to human development. And unless we fix that, if a child at 20 feels disconnected from the community, then they don’t have empathy or compassion. Then they steel from another and hurt one another and behave in bad and anti-social ways because they haven’t belonged to a society. They don’t understand how it feels to be loved and be important and be invested in, and we need to fix that.” Nie net voorsien die personeel en span van TLC vir hierdie kinders ‘n tuiste, ‘n plek van veiligheid, liefde en ontferming nie, maar, wanneer die kinders aangeneem word, kry hulle ‘n foto-album. Hierdie foto-album bevat foto’s van mylpale (“milestones”) van tot hulle eerste tree, tot hulle eerste tand. Die kinders wat die huis dan verlaat, neem die album saam, sodat wanneer hulle daar weggaan, hulle nie net ‘n vertrekpunt het na hul volgende hoofstuk nie, maar ‘n verlede wat alles omhels wat so eie is aan ‘n kind met ‘n ‘normale’ opvoeding, begin en lewe. Pippa, Ellen, Tommy, die hele span, het ons harte so diep geraak. Dankie dat julle nie net waardige mense die wêreld instuur nie, maar getuienisse, stories, verhale van oorwinning. Dankie dat ons ‘the happiest place on earth’ kon ervaar. Ons paaie sal weer kruis.
Wed, 26 Oct 2022 - 10min - 263 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Zavian Ainslie
Wat ‘n voorreg om julle voor te stel aan besonderse mense. Mamma Lisa, Pappa Kobus, Sussie Zaskia en Boetie Zavian! Daar is soveel vreugde en liefde in hierdie huis en tussen hierdie huisgesin, maar, hiermee saam is daar ook bekommernisse. Die groot bekommernis oor wanneer dit hulle seuntjie, Zavian, net meer as een-jaar oud, se laaste dag saam met hulle is. Alhoewel hierdie bekommernis nie gesag dra nie, is dit onvermydelik. GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Zavian Ainslie is gebore op 16 Julie 2021 met ‘n hart-kwaal wat bekendstaan as Tricuspid Valve Atresia en PDA. Dit beteken dat die klep tussen die twee regterkantste hartkamers het nie ontwikkel nie. Hy het ‘n gat in sy hart, wat eintlik ironies genoeg sy lewe gered het. Genevieve Ellis, Mamma Lisa se Ma, het verlede jaar ‘n versoek aan ons gerig om te help met finansiering vir ‘n hartoperasie, wat ongeveer R 348,333.32 sou kos. Lisa en Pappa Kobus het ongelukkig eers na Zavian se geboorte by ‘n mediese fonds aangesluit, wat beteken het dat die fonds nie hierdie operasie goedgekeur het nie. Die oggend van die 16de Julie, wat veronderstel was om ‘n vreugde- en vredevolle ervaring moes wees, het in ‘n geweldige traumatiese oomblik ontaard. Nadat Zavian gebore is, was hy nie dadelik by sy mamma, Lisa nie. Lisa sê sy het gewonder wat aangaan, en toe Pappa Kobus by die kamer instap, het sy geweet iets is fout. Sy het vir Zavian eers die volgende dag in die Intensiewe Sorgeenheid gesien, vol pypies – ‘n prentjie wat nog vlak in Lisa se geheue lê. Lisa en Kobus besoek elke twee maande die hartspesialis om Zavian se vordering dop te hou. In April vanjaar het hulle weer ‘n besoek afgelê, en die nuus ontvang dat dokters niks meer vir Zavian kan doen nie. In die presiese woorde: “Zavian is not a candidate for further operations.” Hierdie weerlose, liefdevolle ouers het gehoor dat sy suurstof gaan minder word, en dat hulle elke oomlik met hom moet geniet. Dit kan weke tot maande wees, óf hy kan lewe tot op die ouderdom van 7-10 jaar. Zavian se suurstoftelling tydens die laaste ondersoek en besoek was 75% - dieselfde as twee maande terug. Mamma Lisa en Pappa Kobus is baie dankbaar vir die stabilisering van sy suurstofinhoud, en bid dat dit so sal bly. Sy ouers, saam met sy sussie, Zaskia, is onbeskryflik lief vir hom, en dankbaar vir hulle familie en ondersteuningsnetwerk wat vir hulle so baie beteken. Lisa en Kobus werk albei voldag, om al hulle onkostes ted ek. Hulle fokus op sy gesondheid, en verklaar daagliks dat hy veel ouers as 10 jaar gaan word. Hulle koester elke oomblik en geleentheid saam, en is gerig daarop om soveel moontlike herinneringe te kweek terwyl hulle saam is. Hulle grootste wens is om Zavian se voete in die seesand te sit en te sien! Ons weet hulle smag na geleenthede om herinneringe te kweek, en, het ons het vir Rynard en Therien, ons goeie vriende van ATKV Oorde, vertel van die gesin se behoefte. Hulle Seën graag vir Lisa, Kobus, Zaskia en Zavian met vier nagte se verblyf by ATKV Klein Kariba vir juis daardie herinneringe. Ons is dankbaar dat ons ook vir hulle, met behulp van SPAR, ‘n R1 500-geskenkbewys kon gee en ‘n R500 brandstof-geskenkbewys. Ons weet dat geen prognose of diagnose, geen aardse voorspelling of vooruitsig ons Vader se almag, Sy gesag, en Sy genesingskrag oorheers nie. Ons beaam en verklaar die volgende woorde van Leeland in hulle liedjie, ‘Waymaker’, wat lees: “You are, Waymaker, miracle worker, promise keeper, light in the darkness! You are here, touching every heart, healing every heart, turning lives around, mending every heart.” En wat ‘n voorreg om as GROOT-familie en GEEmeenskap ook nou deel van jou ondersteuningsnetwerk te kan wees, wat saam glo, hoop, vertrou en verklaar!
Wed, 19 Oct 2022 - 9min - 262 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Nie wat jy soek nie, wat jy nodig het…’
Tannie Charmaine le Roux sien tans om na vyf bejaardes wat met kanker gediagnoseer is, wat op hulle sterfbed lê. Dis nie net wat sy doen nie, dis haar hart! Mens sal dink daar is nie meer plek in die huis of onder haar versorging nie. Maar, met Tannie Charmaine is daar is altyd plek vir nog iemand. Hierdie iemand is Sharon Victor en haar drie kinders – Caitlyn, Luane en Kyle. GROOTfm 90.5 het ‘n epos ontvang van iemand wat Sharon as haar ander ma beskou, en, in hierdie epos het (óók) Charmain vir ons gevra om by die gesin in te loer. Ons het gaan kuier. Tannie Charmaine, by wie Sharon en haar drie kinders tans woon, praat met baie lof oor Sharon. Sy is hardwerkend, sagmoedig en ‘n besonderse mamma vir haar kinders. Elke oggend stap sy saam met al drie haar kinders skool toe, skole wat baie ver van mekaar af geleë is. Nadat Sharon die kinders veilig by die skool gekry het, meld sy aan by ‘n restaurant in Pretoria-Noord waar sy ‘n inkomste verdies as ‘n karwag. Haar grootste wens is dat haar kinders se lewe anders sal lyk as hare. Alhoewel sy sê dat sy nie haar lewe anders sou wou hê nie, as gevolg van haar kinders. Sharon is gekwalifiseerd om vir ‘n sekuriteitsmaatskappy te werk, en hoop vir ‘n eerbare werk en ‘n standvastige inkomste. Haar wil is ongetwyfeld daar. Hierdie mamma sal enigiets doen om haar kinders te beskerm, aan hulle te voorsien, en aan hulle ‘n beter lewe as nou te kan gee. Sharon se boodskap aan iemand wat deur dieselfde teëspoed gaan, is om aan te hou glo en hoop, en dat daar mense is wat deur Hom gestuur word om te help. Kos, ‘n yskas, klere vir die kinders en ‘n wasmasjien is tans haar grootste behoeftes. Bo alles, ‘n volhoubare werk. Sy smag daarna om weer op haar voete te kom, op hierdie stadium met behulp van die engelvlerke van Tannie Charmaine.
Wed, 12 Oct 2022 - 9min - 261 - #JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘Geen geld, net ‘n enjin…’
Katrien en GROOTfm 90.5 gesels reeds van verlede jaar af…Katrien se hulpkreet se titel was: ‘Geen geld net ‘n ENGIN vir ons Bakkie’. Katrien en Rudi is in ‘n diep gat. Verlede jaar, met ‘n kuier by Rudi se ma in Vanderbijlpark, het ‘n groot deel van hulle inkomste weggeval toe die enjin van hulle voertuig breek. Rudi het nie net vullisverwydering gedoen vir hulle eie brood en botter nie, maar ook vir ‘n man wat op straat woon vir wie julle ‘n werkie kon bied. Katrien en Rudi is al ‘n wyle in hierdie gat. Rudi is verlede jaar Februarie afgelas as gevolg van Covid-19, maar, was daarna proaktief toe hy begin met die vullisverwydering. Sonder ‘n voertuig, is dit nie meer moontlik nie. Na die uitstuur van ‘n magdom CV’s om vir Rudi ‘n nuwe werk te kry, en geen reaksie nie, sit hulle met hulle hande in hulle hare, met bekommernisse, maar ook met hoop. Dis min, maar dis daar! Ja, soms is dit maklik om te sê dat iemand ‘n plan moet maak en moet proaktief wees. Maar soms, het iemand net ‘n HOOPstoot nodig, ‘n vertrekpunt na ‘n volgende hoofstuk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier.
Wed, 05 Oct 2022 - 9min - 260 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – As jy niks behalwe HOOP het nie…
Dit gaan bitter swaar met Mari en Drikus van der Merwe. Dis asof hulle omstandighede net te veel en te groot geraak het. Hulle wil opgee, maar ons weet, soos in Romeine 5:3 - 5 staan, “dat swaarkry volharding kweek, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie.” Want, dis presies wat hulle het. Hoop. Madeleen se epos lees as volg: “Ek rig die verdien namens ‘n dierbare vriendin en oud-kollega – Mari en Drikus Van Merwe.Mari is ‘n gekwalifiseerde kleuterskool juffrou wat haar werk voor Covid al verloor het weens velkanker wat by haar gediagnoseer is. Weens die feit dat hul geen medies het nie en afhanklik is van staatsbehandeling, en die feit dat sy ‘n diabeet is, het sy haar voet verloor. Haar man, wat ook sukkel om werk te kry, probeer maar om die pot aan die kook te hou deur privaat werke te doen. Sy het aansoek gedoen vir Sassa, maar is afgekeur want volgens die owerhede, kan sy ‘n ‘sittende werk’ kry. Op die oomblik gaan dit vreeslik sleg by hulle. Albei het geen inkomste, geen vervoer, geen kos en is uitgesit uit hul plek weens agterstallige huur. Geen noodsaaklike medikasie of voedsame kos het nou sy tol begin eis.” Haar WhatsApp status het die oggend van ons kuier gesê: "Here sit asb iemand op ons pad.... Ons het regtig hulp nodig ek bid uit my hart uit". Na aanleiding van ‘n vriendin en oud-kollega, Madeleen, het GROOTfm 90.5 gaan kuier om hulle te help met ‘n #HOOPstoot.
Wed, 28 Sep 2022 - 9min - 259 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling
Helga van Zyl en Tabitha Janse van Rensburg het ‘n epos aan GROOTfm 90.5 gestuur en ‘n storie vertel van ‘n gesin van vyf. Mamma Deolien, Pappa Kevin, boetie Keegan en sy tweeling sussies, Kaylea en Kaylyn. Hulle het ‘n groot storie, wat binnekort ‘n nog groter getuienis gaan wees. Onsekerheid heers, maar hulle geloof oorheers. Op 1 Desember 2021 het die Seeley-gesin se lewe drasties verander. Kaylea, een van die tweeling het begin siek voel. Sy was moeg en het hoofpyn begin kry. Sy het laat middag saam met haar sussie en boetie geswem toe sy ‘n “aanval” kry in die swembad. Gelukkig het sy haar “life jacket” aangehad. Sy was lam, kon glad nie beweeg nie en haar regter been het styf getrek. Mamma Deolien neem haar toe dadelik na ongevalle toe, waar sy opgeneem word. Die Pediater doen toetse, MRI en ‘n “Lumber Puncture”. Die MRI-verslag wys konvulsie, en dat die linkerkant van haar brein geswel is. Na al die toetse kan die Pediaters nog steeds nie vasstel wat fout is met haar nie, alhoewel haar diagnose dui op ‘n Neurologiese immuunsiekte is (ADEM), “Optic Neoritis”. Sy word tans behandel met onder andere sterk kortisoon. Haar lyfie en gemoed het drasties verander. In Junie 2022 het Kaylyn die ander tweeling-sussie begin hoofpyn kry en bewe. Die Neurologiese Pediater bevestig dat Kaylyn dieselfde simptone toon as Kaylea. Haar diagnose is gedeeltelik ook “Optic Neuritis”. Hulle beweer dis geneties. Die tweeling se diagnose is steeds onbekend, en blyk dit neurologies van aard is. Die toestand val hulle ogies aan, en kan die tweeling blind word indien daar nie spoedig ‘n diagnose gemaak word nie. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
Wed, 21 Sep 2022 - 13min - 258 - #JouMenseMyMense saam met SPAR - Esegiël 37:5 (dorre doodsbeendere kry lewe)
Ons het ‘n epos ontvang van Ronel Booysen, names haar en haar man, Jan. Hierdie epos is belaai met bekommernisse en uitgemergelde ‘honger om hulp’ – letterlik en figuurlik. Ronel en haar man is beide werkloos, vir die afgelope jaar, nadat beide hulle hul werke gedurende die Covid-pandemie verloor het. Ronel noem dat sy fisies en psigies wegkwyn, en vertel hoe haar man elke aand vir haar bid terwyl hy haar ‘benerige liggaam’ vashou. Jan stap elke dag ongeveer 40 km opsoek na werk, terwyl Ronel na hulle drie hondekinders omsien. Hulle is, buiten haar man van die afgelope 25 jaar, haar alles. Sy sê hoe sy eerder vir hulle sal kosgee, as vir haarself. Jan sit eers eenkant om Zander, hulle een hondekind rustig te hou. Hy vee kort-kort sy gesig af soos die trane by sy wange afrol terwyl ons eers met Ronel gesels. Hy is ook bitter moeg. Moeg gesukkel. Toe ons klaar was met die onderhoud, het Ronel en Jan diep asemgehaal. Hulle smag in mismoed en swakheid – fisies en psigies – na ‘n deurbraak. Na ‘n vaste werk. Na die normale lewe wat hulle gelei het drie jaar gelede. Hulle wil planne maak, maar huidige omstandighede beperk hulle op hierdie stadium net te veel. Dit wat hulle kan doen, doen hulle. Jan se skoene is al deurgeloop. Elke oggend stap hy uit die kaal, leë ‘Wendy’-huis, opsoek na ‘n beter vooruitsig. Liewe Jan en Ronel, ons vra nie, ons verklaar. Ons verklaar dat Hy, wat die ‘waymaker’ is, sal sorg vir hierdie deurbraak en uitkoms en keerpunt waarvoor julle al so lank bid. Dat Sy bonatuurlike krag en ontferming julle leë huis en harte sal vul. Dankie dat julle vir mekaar lief is. Dankie dat julle dankbaar is. Dankie dat julle met so min, vir ons so baie leer! Ons is opgewonde om die gewaarwording van Sy beloftes vir julle te beleef. Dit eendag saam met julle te vier. En uiteindelik, daaroor kan getuig. Mag julle geestesoë helder bly, sodat julle sal aanhou sien wat julle het, en nie dit wat julle nie het nie. Julle is moeg gesukkel, ja, maar dankie dat julle nog nie moeg ge’glo’ is nie. Die storms sal stilword, in Jesus Naam. Esegiël 37:5 So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe.
Wed, 14 Sep 2022 - 8min - 257 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – “Julle is meer werd as baie mossies.”
Monita Venter het aan ons ‘n hulpkreet gerig. Hulle koskaste, so ook hulle motor se tenk is dolleeg. Ma Monita en Pa FJ het albei hulle werke verloor, en is tans in ‘n donker gat. Hulle moet huur betaal, en na hulle twee pragtige dogters omsien. Haar 9-jarige dogter woon tans by haar Ouma – die omstandighede daar is effens beter en kan hulle vir haar gee wat Monita en FJ nie kan nie. Monita en FJ se harte breek om nie hulle oudste dogtertjie by hulle te kan hê nie. Maar, hulle weet die opoffering is nie tevergeefs nie. Monita is ‘n gekwalifiseerde nael-tegnikus, en FJ is gekwalifiseerd om konstruksiewerk te doen. Monita deel met ons ‘n guns wat iemand aan hulle bewys het. ‘n 1c-muntstuk wat gepaardgaan met ‘n – soos die vrou dit noem – mossieprojek. Saam met hierdie 1c-muntstuk, vasgelê in ‘n sleutelhouer, staan die vers uit Mattheus 10: 29 tot 31 - “Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Liewe Monita, FJ, en julle twee prinsesse. Sonder twyfel is julle meer werd as mossies. Hou vas aan hierdie vers, maar bly vashou aan Hom, wat vir julle uitkoms en keerpunt sal sorg, sodat julle ook kan bly getuig van Sy goedheid, en kan bevestig en beaam aan ander, dat gee nie om hoe diep julle gat nou is nie, Hy sal voorsien.
Tue, 06 Sep 2022 - 8min - 256 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Psalm 37:5
Chantelle Theunissen het ‘n ruk gelede ‘n epos aan ons gestuur en gevra vir hulp om uit die gat te kom. Haar man is die enigste broodwinner, met ‘n salaris van R5 800 per maand. Net hulle huur is R3 500 per maand. Chantelle het haar werk verloor tydens die pandemie, en na vele probeerslae en die uitstuur van haar CV, het sy ‘n week gelede ‘n werk in ‘n kroeg gekry – waarvoor sy R22 per uur betaal word. Sy sê in haar brief, ‘die dag wat ek nie nodig het om te bekommer wat my kinders vanaand gaan eet nie, sal ek voel ek het gewen’. Hulle gat het nog dieper geword…’n Week gelede, terwyl sy by die werk was, het haar man, Braam, selfdood gepleeg. Chantelle is in sak en as…Haar vooruitsig is dor, en sy weet nie hoe sy na haar drie kinders gaan omsien nie. Janike benodig dringend ‘n bril, Damon is ‘n woelige twee-jarige, en die een-jarige Emily het ‘n groot behoefte aan voedsame kos. Chantelle se grootste bekommernis is nie haar eie welstand nie, maar die van haar kinders. Tans in hulle koskaste is twee uie, en mieliemeel. Die vier-jarige Janike se grootste behoefte is ‘koekies’! Terwyl Chantelle nog rou en wonder oor haar man se selfdood, probeer sy kop bo water hou, en vrede vind met dit wat gebeur het. Daar is nie geld vir ‘n roudiens nie, maar fokus sy nou op antwoorde wanneer haar kinders vra waar hulle pappa is.
Wed, 31 Aug 2022 - 7min - 255 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – HO is huis toe!
Janie Denyssen het vir ons ‘n epos gestuur om haar vriendin en kollega, Marietjie van Wyk, met agterstallige skuld te help. Sy het haar oorlede broer se seun, HO, aangeneem en is hy vir die afgelope 10 jaar in haar en die Oord PV3 se sorg. By die Oord, saam met ander mense wat soos HO, met Down’s Sindroom gediagnoseer is, kan hy homself wees. Die oord, waarvoor Marietjie ontsaglik dankbaar is, kos maandeliks baie duur. Marietjie, wat ook intussen afgetree het, sukkel om dit te bekostig. ‘n Paar weke gelede het ons die nuus gehoor dat HO oorlede is. Nie net is Marietjie se hart aan’t skerwe as gevolg van hierdie verlies nie, maar hang die agterstallige skuld swaar oor haar kop. Sy probeer haar beste om by die betalings te bly, want soos sy sê, ‘doen sy dit vir die ander mense wat nog daar bly en ook die hulp nodig het’. Marietjie het intussen ‘n derde van haar pensioen onttrek om ‘n groot gedeelte van die agterstallige bedrag te delf. Sy skuld nog R60 000. GROOTfm 90.5 het gaan inloer om Marietjie te vertroos en haar storie te hoor…
Tue, 23 Aug 2022 - 8min - 254 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Sagmoedige Ann
Ons het ‘n epos ontvang wat lees: “Ek het net weereens die naweek besef hoe bevoorreg ons is. My seuntjie se maatjie, Llewelyn, het die naweek by hom kom speel. Dit was die maatjie se eerste keer wat hy genooi was om by iemand te kom speel en die seuntjie en sy gesin het in my hart in geklim. Mamma noem dat maatjies hom nie nooi nie omrede hy 'n spraak agterstand het en die maatjies hom nie verstaan nie. Sy mamma, Ann, is moedeloos en het nie die nodige finansies vir 'n konsultasie by 'n opvoedkundige sielkundige om te bepaal of hy medikasie nodig het of wat hy nodig het om sy skooljaar te kan voltooi nie. Haar bekommernisse rakende ‘n spesiale skool vir Llewelyn raak ook meer aangesien hierdie skole in die algemeen min tot geen subsidie bied.” GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Llewelyn se pappa, Pieter, was 'n paar jaar terug in motorfiets-ongeluk waartydens 'n gedeelte van sy linkerkant verlam gelaat is. Hy is ook tydens die inperking ontslaan van die werk. Hy het in tussen werk gekry in Midrand, maar toe ry 'n dame in hom vas en omrede hulle alreeds met finansiële uitdagings gelaat is het hulle nie versekering nie en dus word hul enigste kar afgeskryf. Die kar staan tans in hulle erf en leen hul 'n familielid se kar. Mamma Ann probeer sover moontlik proaktief wees om vir haar gesin te sorg en aan hulle behoeftes te voorsien. Sy is dankbaar vir haar werk, waar sy kort-kort moet geld leen om kop bo water te hou.
Mon, 15 Aug 2022 - 9min - 253 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar weeskinders net kan wees!
Na afloop van Vrouedag en -maand-vierings het die vrywillige veldwagters by Dinokeng besluit om dié rondte ‘n groep skoolverlater-dogters van die Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise met ‘n naweek-wegbreek te bederf. Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise het tans 167 dogters in totaal wat in hul sorg geplaas is deur die kinderhof – as gevolg van verwaarlosing, seksuele - en fisiese mishandeling. Volgens CEO, Charlene Grobler is hierdie vir hulle ‘n naweek waartydens hulle net kan ‘wees’! Hierdie dogters, en al die kinders wat die kinderhuise hul tuiste noem, is lankal nie meer slagoffers of ‘wees’ nie. Hulle het ‘n huis. ‘n Familie! ‘n Heenkome en ‘n vooruitsig. Hulle is oorwinnaars van hul omstandighede, en streef met dryf en wil na ‘n toekoms en lewe wat aansienlik ‘makliker’ is as die vertrekpunt waarmee hulle in hierdie wêreld in verwelkom is. Die dogters kon terugsit en luister na aanbiedings en praatjies oor die natuur, wildlewe, gawes van die Gees, en selfbeeld. Janine Strydom van Techtrix Tactical Solutions het saam met haar vennoot, Angus, die dogters wysgemaak oor selfverdediging, en met raad en wenke toegerus oor hoe om hulself in ‘n uitdagende en bedreigende situasie te bemagtig. Nie net het hulle met die dogters gesels oor hoe om hulleself te beskerm nie, maar ook vir hulle ‘n geleentheid gebied om ‘n loopbaan in sekuriteit te oorweeg en by hulle instansie aan te sluit. Die dogters, wat net tot op ‘n 21-jarige ouderdom deur die sisteem beskerm word, word dikwels oorgelaat aan hul eie genade, met ‘n ‘self sien kom klaar’-vooruitsig wat op hulle wag. Techtrix Tactical Solutions het met meer opgedaag as ‘n selfverdedigingsklas. Hulle kon vir die dogters bekendstel aan ‘n nuwe vooruitsig. Een wat hulle op ‘n volhoubare wyse kan bemagtig. Ons is dankbaar vir elke rolspeler wat hierdie naweek moontlik gemaak het. Aan elke borg en vir elke bydrae. Aan SPAR wat gesorg het vir kruideniersware wat ‘n heerlike spyskaart kon lewe gee. Aan die span vrywillige-veldwagters van Dinokeng wat altyd in oorvloed belê in hierdie kinders se besoek. Hulle tyd, liefde en toewyding teenoor verskilmaak-geleenthede soos hierdie.
Wed, 10 Aug 2022 - 9min - 252 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Bak jouself uit die moeilikheid uit
Arend Moll en die liefde van sy lewe, Sonja, het die harte van die Oosters gewen met hulle koeksister-advertensies op die Facebook-gemeenskapgroep, “Ek is van die Ooste”. Arend was vir ’n ruk werkloos en hulle het toe begin koeksisters bak. Elke keer wanneer hulle ’n behoefte aan iets het, het hulle baie spesifiek gevra vir hulp vir daardie uitdaging. Hulle het nooit gevra vir geld nie. Arend en Sonja het somme gemaak en dan vir die Oosters gesê hulle moet 5 dosyn koeksisters verkoop om die spesifieke uitdaging te oorkom. Mense het so ingekoop in Arend-hulle se lewe en daar is selfs mense wat koeksister koop wat nie eers suiker eet nie. Hulle werk hard om kos op die tafel te sit, en soos hulle sê, “bak hulleself uit die moeilikheid uit”. GROOTfm 90.5 het gaan kuier, want hulle storie en gepaardgaande dryf het hulle reeds so inspireer...En, die varsgebakte koeksisters vir ontbyt was ’n onverwagse, tog GROOT bederf! Liewe Arend en Sonja, julle oorwinning is soet – figuurlik, maar ook letterlik. Ons is saam met julle opgewonde oor die koeksister- en roomyswinkel waarvan julle droom, en verklaar in Jesus Naam dat hierdie droom binnekort ’n realiteit sal word. Ons droom saam met julle oor dit, maar ons droom ook dat julle storie nog soveel meer mense sal aanmoedig om nooit moed te verloor of op te gee nie. Sodat almal wat deur ’n uitdagende tyd gaan, nie net die soet van julle koeksisters sal proe nie, maar ook die soet van julle oorwinning in hulle eie lewe sal ervaar.
Tue, 02 Aug 2022 - 8min - 251 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – As die ‘groener gras’ verdor
Mario Britz het vir 26-jaar by ‘n firma in Port Elizabeth gewerk. Die firma het toegemaak, en kon nie eers die werknemers se pensioenfondse uitbetaal nie. Na 2-jaar se soeke na werk, het Mario in Pretoria werk gekry. Hy, sy pragtige vrou Landi en 4-jarige seun, Zion, het alles gepak wat in hul Renault Kwid kon pas, en gegaan waar hulle vooruitsig was. ‘n Vooruitsig van beter omstandighede, en bo alles, ‘n beter toekoms vir Zion. Mario het aan ons ‘n hulpkreet gerig, omdat hy eers ‘n maand moes werk voor hy sy 1ste salaris ontvang het. Dit was ‘n uitdaging om tot ‘n brood te koop om te eet. Gelukkig het Zion by sy skool kos gekry, want in die aande was daar niks. Sommige aande het Mario en Landi sonder kos gaan slaap, en as hulle gelukkig was, was daar ‘n vrug wat hulle kon eet. Mario is ‘n klipharde werker, en hy smag na ‘n geleentheid om vir ‘n maatskappy sy staal en potensiaal te wys. Hy is ontsettend lief vir sy vrou en seuntjie, ook sy ander kinders wat in Port Elizabeth woon. Hy sal vir hulle enigiets doen – selfs met ‘n leë maag gaan slaap. Hy is dankbaar vir sy vrou, en hulle ‘deur dik en dun’ huwelik. Dankie dat julle bly hoop, bly glo en bly vertrou, en aan ons almal bewys dat ons nie net sal leef van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom – soos geskryfstaan in Matt 4:4. Ons is saam met julle opgewonde oor die vooruitsigte en verwagtinge waarvan julle gedroom het die dag toe julle verhuis het.
Wed, 27 Jul 2022 - 8min - 250 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Van oorleef tot oorwin!
Hesta en Waldo Swanepoel het ‘n storie en ‘n half om te deel. Die afgelope 19 jaar was nie maklik nie, en smag hulle na ‘n ‘Sjoe!’ en sorgvrye volgende 19! Tans bly hulle staande soos hulle kinderlik afhanklik van die Here is, styf vashou aan Sy soom, ondanks baie vrae en ‘n behoefte om asem te skep. Mamma Hesta is al ‘n klompie jare enkelmamma, en is Waldo se pa ‘n paar jaar terug oorlede. ‘n Week na sy dood, is haar ma en Waldo se ouma oorlede. Sy smag na iemand wat vir Waldo ‘n kans sal gee met ‘n werk, en is tans besig om hom soveel moontlik met kort-kursusse verder te bemagtig. Hy is bo-gemiddeld getoets vir ‘n tegniese aanleg, maar tans beperk finansies sy verdere kwalifikasies. Hesta se suster het vir ons ‘n epos gestuur, en haar suster beskryf as ‘n ‘warrior’ wat nooit kla nie. Hesta was huiwerig oor die kuier, want sy wil net nie as ‘n slagoffer voorkom nie. Sy sê self hulle het soveel om voor dankbaar te wees, al oorval die onsekerheid van veral Waldo se toekoms haar. Sy ken Waldo se potensiaal, maar voel ook soms minderwaardig omdat sy nie die rol as ‘pappa’ kan vertolk nie. Sy voel soms asof die wêreld haar en Waldo verwerp het, maar erken ook dat hulle hulself isoleer ter wille van beskerming. Haar stem bewe soos sy ons van hulle vele uitdagings vertel, maar, alhoewel haar hart baie seer is, en haar mismoed kort-kort sy verskyning maak, eindig haar sinne met hoop env rede, met die wete dat die Here weer sal sorg vir uitkoms en ‘n deurbraak – soos Hy altyd doen. GROOTfm 90.5 het gaan kuier om bo alles vir haar dankie te sê vir haar waagmoed, oorwinnaars-mentaliteit, en sommer net vir die mens en mamma wat sy is!
Tue, 19 Jul 2022 - 11min - 249 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Onblusbaar!
Hierdie was sonder twyfel een van die mees uitsonderlike kuiers met die onvergeetlike, alom inspirerende Annetjie de Kock! Sy het haar nek gebreek op 7 en ‘n half maande tydens ‘n ongeluk by die dagsorg. Van die dag af is sy verlam. Sy het deur die jare verskeie operasies aan haar arms gehad wat haar eintlik net “vermink” gelaat het. Sy is so positief, en noem tydens die onderhoud sy kan so gelukkig wees dat haar rugmurg nie beskadig is nie…Sy kies om so positief te wees, want sy sê dis vir haar lekker! Anders sal sy net in ‘n hoekie sit, en haarself jammerkry, en nie die mense ontmoet wat sy reeds ontmoet het nie. Annetjie de Kock is deur geweldig baie. Nie net is sy totaal afhanklik van mense se hulp nie, maar is haar twee hoofversorgers kort na mekaar oorlede – verlede jaar haar pa, en verlede maand, haar ma. Sy sê dis nie ‘meer so seer nie’… Sy is op 2 Februarie vanjaar in Wilgers hospitaal opgeneem as gevolg van ‘n drukseer. Daar is eers ‘n kolostomie gedoen voordat die drukseer herstel is. Daar was egter komplikasies omdat sy nie op haar maag kan lê nie vanweë die wanposisie van haar arms en skouers. Die drukseer sukkel om gesond te word ten spyte van ‘n 2de chirurgiese prosedure. Die oggend wat ons gaan kuier het, het die internis ook ingeloer en die goeienuus gedeel wat die seer aansienlik beter lyk. Die vooruitsig van huis toe gaan, lyk skielik weer helder! Annetjie is reeds so opgewonde, dat sy haar rolstoel-battery laat kom het om te herlaai. Nie enige battery nie, ‘n kar-battery, waarmee sy so tevrede is…Sy soek niks meer nie…Luister gerus na hierdie oorwinningsverhaal…
Tue, 12 Jul 2022 - 11min - 248 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Lucy’s Den
‘n Rukkie gelede het GROOTfm 90.5 twee versoeke uit verskillende oorde ontvang wat vra of ons nie kon help met die verligting van omstandighede by Lucy’s Den nie. Van Marco Viljoen, en van Adelei Geldenhuys, ‘n verpleegster by Zuid-Afrikaanse Hospitaal. Lucy Hammond het Lucy’s Den / Plek van Geloof begin omdat sy gesien het daar is ‘n geweldige behoefte vir veral ouer mense wat nie ‘n heenkome het nie. Ja, hulle is deur hulle familie verwerp. Sy het ‘n uitsonderlike groot passie vir mense, en om hulle te versorg. Soms wil sy moed opgee, maar haar antwoord op dit; “Waar gaan hierdie mense heen”. GROOTfm 90.5 het toe saam met die verpleegspan van Saal B van Zuid-Afrikaanse Hospitaal en Marco Viljoen, ‘n vriend van Lucy’s Den, gaan kuier… In April vanjaar is Lucy se man en steunpilaar, Joel, eweskielik oorlede. Hy het met sy karige salaris vir Lucy gehelp met die huur elke maand. Sy werk se bakkie was ook hul vervoer die laaste paar maande. Lucy se kar het gebreek en sy kon nie meer die kinders skool toe vat elke dag nie, maar gelukkig was Joel se werksbakkie beskikbaar, vir nou. As die voertuig teruggeneem word kan die kinders nie meer skool toe gaan nie, en Lucy kan nie ry om kos te gaan koop nie. Daar is talle ander uitdagings, soos die wasmasjien wat gebreek het, en ‘n paar van die inwoners wat kort na mekaar oorlede is. Saam met Marco, en die verpleegeenheid van Saal B van Zuid-Afrikaanse Hospitaal, kon ons vir die gemeenskap van Lucy’s Den, met wat hulle noem, ‘Christmas in July’, hou.
Tue, 05 Jul 2022 - 9min - 247 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Geen stut kan haar stuit!
Daar is seker ‘n rede hoekom Dané Steyn met rooi hare gebore is…want aan hierdie vlam en VUUR is daar geen keer nie! Dane Steyn is slegs ‘n paar weke na haar 13de verjaarsdag gediagnoseer met Adolescent Idiopathic Scoliosis (ICD10 Code: M41.20). Haar ‘kurwe’ van haar T8 tot haar L3-werwel is tans by 55° en die rotasie op haar T11-werwel is by at 32°. In ‘luimens’-terme, grens hierdie graad van skoliose op lewensgevaarlik, siende dat die drukking wat deur die skoliose veroorsaak word, teen Dané se organe kan begin druk, en orgaanfunksie beinvloed. GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Dane moet tans hierdie stut vir 23-uur van die dag dra. Sy moet ook daagliks strekoefeninge doen soos voorgeskryf deur die fisioterapeut, en daar word gereeld X-trale geneem om haar groei te monitor. Sy het haar eerste stut in Februarie vanjaar ontvang. Soos alle mediese kondisies is die uitgawes geweldig groot. Die Steyn-gesin is dankbaar dat hulle mediese fonds ‘n groot gedeelte van die stut se koste gedek het, en die res van die fondse was as ‘n skenking aan hulle gegee. Mamma Nicolene het ook begin om ‘poppies’ te maak om fondse te genereer. Die verkope het hulle almal verras, en gebruik Nicolene en Dané dit as ‘n tyd waartydens hulle ook kan ‘bond’. Alhoewel hulle uitgawes vir nou binne bereik is, lê daar nog baie onsekerheid vir hulle as gesin voor. Einde Junie gaan die spesialis ‘n besluit neem of Dané moet aanhou om die stut te dra, óf of hulle moet voortgaan met die operasie. Alhoewel die prosesse en prosedures onsekerheid insluit, is die uitkoms ‘n wen-wen. Dané sal hiervan genees!
Wed, 29 Jun 2022 - 9min - 246 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die 'den' in Dinokeng
Die definisie van ‘n ‘den’ is onder andere ‘n plek van veiligheid, ‘n skuiling…en dit is presies wat Dinokeng se ‘den’ – vir gebruik deur die vrywillige veldwagters – vir 12 leerders van Skoliwe, geleë in die informele nedersetting, Plastic View, die afgelope naweek was. ‘n Plek van veiligheid, waar vreugde en verwagting ‘n baie groter spasie as waaraan hulle gewoond is, gevul het. Vir die groep van Skoliwe, was die tent wat groter as hulle huise is, die warm stort en bed, buiten die bos en diere-besigtigings, van die vele hoogtepunte. Die aktiwiteite het van spoorsny en inkleur, tot skattejag en kolwyntjies-versier, en ‘n gewyde, heilige opening op Vadersdagoggend ingesluit. En natuurlik, was daar malvalekkers op die vuur voorberei. Die groep is vergesel deur Sophy Torima, die skoolhoof van Skoliwe, Agnes Radebe, Projekbestuurder van SA Cares For Life, Joel Mabunda en Francis Tasariraona, Operasionele Bestuurders by SA Cares for Life. Die groep van Dinokeng Vrywillige veldwagters was Theresa Eilwood, Diana de Coning, Riana Kruger, Louise Kruger en Debbie Smuts, almal onder leiding van Theuns Kruger. Dit was ook saam met veldwagter Johan Oosthuizen, sy omvattende boskennis en die borgskap van sy wildbesigtigingsvoertuig waarmee die groep die Dinokeng-leeus gesien het! Mag ons nooit die omstandighede van baie mense onderskat nie. Ook nie die wegbreek en asemskep-geleentheid uit hierdie omstandighede nie. Mag ons nooit die voorreg om in ‘n kar te klim en bos toe te ry voor die hand liggend aanvaar nie. Mag ons nooit die belewenis van ‘n warm stort en bed as ‘n reg beskou nie. ‘n GROOT dankie aan die spanvrywilligers van Dinokeng wat hulle langnaweek opgeoffer het om ‘n massiewe verskil gemaak het. Aan borge wat bygedra het tot hierdie groot verskilmaak! Aan SPAR vir die kruideniersware waarmee die kinders en personeel kon feesvier! En wat hierdie alles moontlik maak! En laastens, aan Cosmo Group vir die warm slaap!
Tue, 21 Jun 2022 - 6min - 245 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryna, ‘n mamma wat WIL
Maryna Botha het GROOTfm 90.5 reeds in 2021 genader met ‘n dringende versoek. ‘….As ‘n mamma wil ek vandag kom vra…ek weet dit gaan moeilik oral, maar ons het so gehoop dat die jaar anders sou wees. Ons kar het gebreek en ek het my werk verloor. Daar is net nie finansies nie. Ek wil groot asb vra…ons het so hard geval dat ons tans op n plek bly vir minderbevoorregtes …en wil vandag op my knieë vra of hier dalk ‘n engel is wat kan help en bereid is om drie kinders se dag te maak op kersfees om vir hulle ‘n geskenkie te gee asb. Die Here ken my en weet wie ek is en glo en vertrou dat Hy die regte persoon na ons toe sal stuur. Ek is jong mamma van 25-jaar. Ek sukkel verskriklik om werk te kry omdat my ondervinding min is, en vervoer is ook ‘n probleem. Ek wil baie graag ons omstandighede verbeter en my lewe verander. Ek wil ook bitter graag my matriek doen.’ Mamma Maryna, met Pappa wat gereeld weggaan vir werk (‘n werk waarvoor hulle baie dankbaar is), is desperaat vir ‘n beter lewe, beter omstandighede EN ‘n warm winter. Met behulp van die goedgunstigheid van R&T bestuurskool kon sy haar leerlinglisensie kry, en begin nou ook met bestuurslesse. Na ‘n sameloop van omstandighede is hulle nou in ‘n gat. Sy, haar drie seuns en ook haar ouers wat met hul gesondheid struikel. Sy beskryf haarself as ‘n ‘mamma wat wil’, maar het net ‘n #HOOPstoot nodig.
Tue, 14 Jun 2022 - 9min - 244 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Na die soveelste ‘nee’…
Francina van Zyl is nog ‘n moedelose mamma nadat haar man sy werk verloor het, en sy ‘n klein salaris verdien. Haar man in intussen deur iemand aangestel op ‘n probasietydperk. Hulle het vier dogtertjies – vanaf ouderdomme 3 tot 11. Francina sê hulle het op die oomblik geen geld nie, en probeer om elke aand ‘n plan te maak sodat hulle dogtertjies nie honger gaan slaap nie. Behalwe vir die behoeftes van hul eie gesin, woon haar skoonma en haar kêrel, ook hulle twee kinders by hulle. “Hulle was sonder blyplek en ek kan ongelukkig nie mense op straat sit nie.” Haar skoonma is intussen ook skielik oorlede… Dit was vir Francina baie moeilik om met ons kontak te maak en sê sy; “Ek het nog nooit hulp gevra nie. Ek en my man sal eerder ‘n plan maak of ander help voor ons enige hulp vra, maar as ‘ma’ kom daar seker 'n tyd om daai trots te sluk!’ Francina werk tans van die huis af en haar man, wat sy vorige werk verloor het, het los werkies gedoen vir daglone. Hy het nooit moed opgegee nie, en het nou ‘n geleentheid gekry. In die tyd wat hy werkloos was, het hulle gat net nog dieper geword. Maar, gee nie om hoe moeilik dinge by die huis gaan nie, hou Francina nie haar 9 en 11-jarige dogters uit die skool nie. Sy moes wel as gevolg van omstandighede haar 2 en 5-jarige tuis by haar begin hou.
Tue, 07 Jun 2022 - 8min - 243 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Roney Stephens
Cindy en Rodney Stephens het ‘n versoek aan ons gerig rakende hulle 2-jarige dogtertjie, Roney, se klompvoetjies. Sy was al vir behandeling by staatshospitale, maar ondervind die ervaring elke keer as geweldig traumaties. Cindy sê die volgende oor Roney: “Ons pragtige kindjie is van die Here af vir ons gestuur. Sy is n maand prematuur gebore met 2 ‘club’-voetjies en astrioposis, maar tog kry niks haar onder nie. Sy is ‘n wonderlike dogtertjie! Sy kan nie tans loop nie, en ons harte is baie seer.” In Roney se geval moet sy drie operasies ondergaan om haar enigsins ‘n kans op normaliteit te kan gee. Ons het voelers uitgesteek na kliënte, waarna Plantland, We Buy Cars en Ecomed Medical aangebied het om ‘n bydrae te lewer waarvoor en waaroor ons ontsettend dankbaar is. Die fondse was nog steeds nie genoeg om die omvang van die drie operasies te vereffen nie… Cairing Daisies het GROOTfm 90.5 en die Stephens-gesin genooi na hulle jaarlikse fondsinsamelings-golfdag en toe ons met Pappa Rodney gesels om hom uit te nooi na die golfdag, was hy reeds in trane – minwetend hoekom hulle eintlik daar is…
Mon, 30 May 2022 - 2min - 242 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Op pad…
Rudie Nel, sy verloofde, vier pragtige kinders en skoonouers woon tans in Wolmer, Pretoria Noord. Rudi het lank werk gesoek en uiteindelik was daar ‘n maatskappy in Brits wat hom ‘n kans gegee het. Rudi is so dankbaar vir hierdie geleentheid, dat hy tans elke oggend 03:00 opstaan, om 40 km werk toe te stap. Sy groot behoefte is ‘n voertuig, wat hy bereid is om af te betaal teen R1 000 per maand. As iemand hom net ‘n kans sal gee… Rudi is die pappa van vier pragtige kinders – onderskeidelik agt en vier jaar oud, en ‘n tweeling van sowat 2 maande oud. Hy het ook ‘n Kode-10 lisensie, maar omdat sy salaris R7 000 ‘n maand is, wil motorhandelaars nie aan hom ‘n voertuig verkoop nie. Die risiko en rente op finansiering oorskry dit wat Rudi tans kan bekostig. Rudi en sy gesin kry tans baie swaar. Rudi is platsak, raadop, maar, hy bly opstaan. Hy was huiwerig om vir ons hulp te vra, want hy sê dis hoe hy grootgemaak is – om nie te vra nie. Op die ouderdom van 11 is hy ‘wees’ gelaat met beide sy ouers wat in ‘n motorongeluk oorlede is. Hy het sy eie skoolgeld betaal. Na ‘n 4-jaar-tydperk wat hy op straat gewoon het, en aan dwelms verslaaf was, het hy besluit om sy lewe om te keer en reg te ruk toe hy uitvind hy word vir die eerste keer pappa. Vandag is hy 29 jaar oud, en agt jaar ‘skoon’. Rudi se grootste droom vir sy kinders is dat hulle nooit dit sal ervaar wat hy moes ervaar het nie. Dat hulle nie dit sal sien wat hy gesien het in sy 29-jaar op aarde nie. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
Tue, 24 May 2022 - 6min - 241 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Genade vir Grace
Louna Vermeulen het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy sê: “Die Here lê dit al lank op my hart om vir jou ‘n e-pos te stuur en hulp te vra. Ek gaan my storie so kort moontlik hou. My broer se verloofde is ‘n invalide. Altwee haar bene is geamputeer as gevolg van “gangerine”. My broer moet haar fisies rond dra, toilet toe en haar bad toe dra om te bad. Hy is ook nie gesond nie en ly aan emfiseem. Grace is 71 jaar oud en my broer, 62. Hulle het geen ander behoeftes nie.” Grace is totaal afhanklik van Martin, en Louna se groot navraag was om haar te help om meer beweeglik te wees – veral wanneer sy moet badkamer toe gaan. Grace maak tans gebruik van ‘n baie ou rolstoel, wat haar seermaak wanneer sy op hom sit. Buiten hulle huidige uitdagings, is Martin en Grace deur ‘n magdom traumatiese ervarings die afgelope tyd, maar ons kan sien dat hulle baie dankbaar en lief is vir mekaar. Martin se vrou is verlede jaar oorlede na ‘n kort siekbed, en Grace is ook ‘n weduwee. Martin het baie onlangs twee hartaanvalle gehad en is in Steve Biko Hospitaal opgeneem, waar hy gelukkig herstel het. Hy is ook onlangs afgelê deur sy werkgewer as gevolg van sy emfiseem. Toe ontmoet hy vir Grace, en is hulle is nou nie net smoorverlief nie, maar ook verloof. Grace se twee bene is geamputeer as gevolg van suikersiekte wat ‘gangerine’ veroorsaak het. Sy drink tans ‘n pilletjie, en haar suiker is nou onder beheer. Sy het een week voor ons besoek ook drie van haar vingers met amputasie verloor. Sy is tans totaal afhanklik van Martin, wat haar onder andere moet badkamer toe dra. Haar beweeglikheid is uit die aard van die saak totaal beperk, en haar en Martin se grootste wens was ‘n gemakliker rolstoel wat die proses van beweging vir hulle albei sou vergemaklik. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
Tue, 17 May 2022 - 5min - 240 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Malome’s Movement
Tebogo Maredi is 'n 32-jarige man wat sy werk as operasionele bestuurder verloor het as gevolg van afleggings en toe besluit het om ‘n verskil in die gemeenskap van Soshanguve te maak. Hy het begin om kinders op te voed oor hoe om diere te behandel – met liefde, respek en deernis. Met inisiatiewe soos die 'loop-die-hond-uitdaging' het hy hulle geleer dat 'n hond soveel meer kan wees as ‘n troeteldier – 'n metgesel, 'n lewenslange vriend, en iemand met wie hulle kan praat wanneer omstandighede by die huis moeilik raak. Soos Tebogo hierdie reis saam met die kinders begin het en hulle geleer het om diere lief te hê, het hy besef dat deur hulle hierdie liefde te leer, dit ook liefde tussen mense kan aanmoedig. Deur 'n verhouding met die kinders te bou, het hy toe besef dat hierdie kinders dikwels op 'n leë maag skool toe gaan. Dit is waar sy ander inisiatief begin het. Wat begin het as ’n paar toebroodjies – bedek met grondboontjiebotter en konfyt – het ontplof in ’n volwaardige voedingskema, met kinders wat verskillende roetes na hul onderskeie skole toe stap, om ook iets te ete langs die pad te ontvang. Dit, soos Tebogo sê, is ook in die meeste gevalle die enigste maaltyd wat hulle gedurende 'n dag ontvang en kan geniet. Kinders kan inderdaad nie op 'n leë maag konsentreer nie, en sommer vinnig het die aantal kinders wat sy 'stasie' besoek het, tot meer as ‘n honderd gestyg. Hierdie 'stasie' is soveel meer as 'n plek waar hulle 'n toebroodjie ontvang. Dit is 'n plek waar Tebogo vir hulle kan wys wat liefde werklik beteken. Hoe deernis uitgeoefen word en hoe vertroue tussen mense ontwikkel word. Wanneer hy 'n kind binne skoolure in die area sien rondloop, konfronteer hy ook die ouers en kind, om vas te stel hoekom die kind nie in die skool is nie.
Tue, 10 May 2022 - 12min - 239 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Wanneer hoop die eintlike pasaangeër is
Thea Schroder is ‘n enkelmamma en het die rol as weduwee in 2009 begin speel nadat haar man aan kanker oorlede is. Haar dogter, Demi, was drie-jaar oud. Haar grootste uitdaging tans is finansieel, met die dat sy van twee na een inkomste per maand moet oorleef. Buiten die groot hartseer waarmee sy en haar dogter gekonfronteer is, het Demi op die ouderdom van 10 ‘n blaasprobleem ontwikkel. Haar blaas lek heeltyd, en die diagnose word ‘n "overactive bladder" genoem. Dit gebeur wanneer die senuwee van die blaas beheer het op die saamtrek-reaksie nie. Demi moes elke dag, 24 uur, 7dae week 'n “pantyliner” gedra het. As sy te lank gewag het om die “pantyliner” te verander , soos as sy in die skool is, het die urine haar gebrand. Thea en Demi het ‘n uroloog gaan sien en medikasie probeer. Nadat dit nie suksesvol was nie, is die opsie van ‘n operasie aan hulle voorglê. Die operasie behels ‘n 2-fase-proses om ‘n pasaangeër in te plant om die sametrekking van die senuwee basies oor te neem. Fase-1 is gedoen in Januarie vanjaar, en Fase-2 in Februarie. Dit was ‘n sukses. Demi se blaas lek glad nie meer nie, en kan sy vir die eerste keer in ses jaar ‘n normale lewe lei. Die groot bekommernis nou, is dat Thea se mediese fonds nie die tweede fase van die operasie dek nie. Die totale koste van die pasaangeër beloop R70 000. Thea en Demi het toe ‘n markdag gehou, looitjies verkoop van ‘n geborgde skaap, en artikels in die plaaslike koerant geplaas met hul pleidooi. Familie en vriende het skenkings gemaak, en Demi het van haar kunswerke verkoop om hierdie bedrag in te samel. Met laasgenoemde, kon hulle sowat R38 000 insamel.
Tue, 03 May 2022 - 7min - 238 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die ‘Country Queen van Durban’ gestroop van haar amp
Liza en Carl van Niekerk woon tans in ‘n 25 m2-kamer – as dit so groot is. Daar is plek vir ‘n bed en ‘n kas. Die yskas en kruidenierskas – wat dolleeg staan – staan in die motorhuis wat voor die kamer geleë is. Alhoewel hulle baie dankbaar is vir die dak oor hulle koppe, wat goedgunstig deur ‘n gesin aan hulle beskikbaar gestel is, word hulle telkens herinner aan hoe hulle lewe voorheen was. As ‘n wel-af gesin, wat gewoon het in Durban, en lief was vir ‘karaoke’. Dis ook hier waar Liza bekendgestaan het as die ‘Country Queen van Durban’. Hulle grootste wens is om terug te keer Durban toe, waar die tehuis langs die Addington-hospitaal is. GROOTfm 90.5 kon nie hulle help om terug te keer Durban toe nie, maar, ons kon hulle gaan sien, en raaksien! Ons kon nostalgies raak oor die lewe wat was, en oor hier waar hulle tans is. Dit is so, die onvoorspelbaarheid van die lewe is presies dit wat die lewe opwindend, tog senutergend maak. Liewe Liza en Carl, julle lewe is nie verby nie. Daar is nog vooruitsig. Julle het min, maar julle het hoop. Julle het mekaar. Julle het julle identiteit in Christus, julle Vader. ‘n Identiteit waarvan julle nooit gestroop sal word nie. Liza, jy is dalk nie meer die ‘Queen of Country’ nie, maar jy is en sal vir altyd jou Vader en jou man, Carl, se prinses wees.
Thu, 28 Apr 2022 - 5min - 237 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar daar lewe is, is daar hoop
Ernestus Pretorius is in Julie 2021 gediagnoseer met ALS/Motor Neuron Siekte. Sy prognose? Vyf jaar…Hy is maar 48 jaar oud. As gevolg van die funksionaliteit van sy regterhand en sy spraak wat drasties deur hierdie siekte geaffekteer is, is hy deur sy werkgewer laat gaan. Hy sukkel ook al hoe meer om te eet, en sy emosies ry vreeslik wipplank. Daar is niks fout met sy brein nie, en is inteendeel ‘n baie intelligente man. Ernestus sal graag nog wil werk, en kan wel in afsondering. Daar waar hy nie vokaal hoef te kommunikeer nie. Hy is baie sterk IT- en rekenaarvaardig. Hulle goeie vriendin, Yolandie Engelbrecht het vir ons ‘n boodskap gestuur om te help…Sy moes vir Mamma René laatweet dat ons kom kuier, maar Ernestus het van niks geweet nie. Hy was so verras, en het regdeur die onderhoud gesnik soos hy huil. Mamma René hou tans die fort, en met een salaris in ‘n huishouding van vier, raak omstandighede al hoe meer uitdagend. Sy is ‘n uiters lojale vrou, wat nie skroom om haar alles te gee nie, vir haar man, en ook haar kinders (12 en 10-jaar oud onderskeidelik) – wat tans in die laerskool is, en baie goed op akademiese- en sportvlak presteer. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
Tue, 19 Apr 2022 - 8min - 236 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Anthony se beskermengel
Anthony Melville het die ‘wewenaar’-etiket op die 18de Februarie gekry, toe die liefde van sy lewe, na ‘n baie gelukkige huwelik van 29 jaar (vanjaar sou dit 30 wees), die wenstreep behaal. Sy is een maand en 18 dae na haar diagnose oorlede aan kanker. Leatitia Melville, Anthony se skoonsuster, het ‘n hulpkreet aan ons gerig toe sy uitvind van Mirinda se Vlak 4 kanker, en deel toe met ons dat die hospitaal vir Mirinda en Anthony heeltyd huis toe stuur. Hulle was raadop, met hulle soeke na antwoorde, en al wat ons kon doen, is hulle in kontak sit met Thea en Cisca, ons familie van CANSA. Hulle het ons laatweet dat daar niks is wat die dokters meer kan doen nie, maar, was so dankbaar oor Thea en Cisca se ontferming oor hulle. Met haar roudiens, het Lize Bothma van Lize Bothma Begrafnisondernemers ook op kort kennis ingespring en met Mirinda se roudiens se blomme gehelp, omdat daar nie finansies was nie. ‘n Skok vir almal, met Mirinda, wat ‘n ‘presence’ gehad het soos niemand anders nie. Iemand wat ‘n vertrek kon vul met haar vreugde en liefde en sagmoedigheid. En Anthony, haar man, wat nie agter gelaat is met ‘n fisiese pyn in sy hart en oorweldigende verlange na haar drukkies en oggend-soene nie, maar met mediese rekeninge. Hy hou kom bo water deur ‘op te kyk’, sê hy. ‘Ek was nog nooit kwaad vir God nie, en glo Hy het ‘n doel hiermee. Daarom, as ek Hom vrae vra, vra ek wat die doel is. Sy doel vir my, en my doel vir Hom.’ Anthony is dankbaar dat sy vrou nie gely het nie, en dat sy tog nou volkome genees is. Hy glo sy is sy beskermengel, en vertel ons hoe bevoorreg hy is om ‘n engel op aarde te kon hê, en nou ook ‘n beskermengel vanuit die Hemel.
Wed, 13 Apr 2022 - 10min - 235 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Tyd om teëspoed te verpant
Christina Loots het al in 2021 vir ons ‘n epos gestuur. ‘n Epos gevul met moedeloosheid soos sy teen muur op muur vasloop. As enkelmamma van twee pragtige dogters, en ‘n dogter wat sy in haar huis ingeneem het, probeer sy alles rek – die skamele nou-en-dan-geldjie wat sy inkry, ook haar geduld, hoop en uithouvermoë. Met haar soeke na die lig aan die einde van die donker, lang tonnel, het ons vir haar gaan kuier… Dit gaan al ‘n wyle swaar met Christina, en haar nou, drie dogters. Haar oudste is in matriek, en Ma Christina is nou reeds bekommerd oor wat sy gaan doen wanneer dit Matriekafskeid-tyd is…(wat eers in Oktober-maand is…) Haar tweede oudste noem sy ‘Pietie’. Sy was prematuur gebore, en die dokter noem haar toe ‘Pietie Muis’. Van jongs af, is haar noemnaam toe Pietie! Haar derde dogter is uit haar eie huis gejaag, en, so min soos wat Christina het om te bied, neem sy haar in. Christina is geskei en moet self sien kom klaar. Hulle huur is agterstallig, daar is nie kos in die huis of klere om aan te trek nie. Christina se grootste wens is om ‘n normale lewe te lei, en ‘n geleentheid om sonder bekommernisse wakker te word. Sy, wat vir haar dogters enigiets sal doen, het al verskeie maniere probeer vind om uit hierdie gat te kom – mense gehelp met lisensie-aansoeke, wat haar nie betaal het nie. Sy het omtrent al hulle meubels en huisgereedskap verpand, huise skoongemaak en ‘n inkomste as ‘n karwag verdien. Christina het nog teëspoed ervaar met haar sussie, wat ‘n steunpilaar vir haar en haar dogters was, se dood, einde verlede jaar. Haar oudste dogter sukkel ook vreeslik met haar tande, en ervaar tans ook kroniese pyn. Christina glo die Here wil hulle hierdeur herinner dat hulle eers die Koninkryk van God moet soek, en dan sal hulle ontvang wat hulle hart begeer. Dat hulle eers moet vra, voor Hy sal gee. Dat Hy hulle toegerus het vir hierdie lewe wat hulle tans leef, al is dit nie die lewe wat Hy vir hulle wil hê nie. “Hulle is vissies wat moet leer swem”
Wed, 06 Apr 2022 - 9min - 234 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg
Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie, het vir ons ‘n epos gestuur na aanleiding van ‘n hulpkreet van Mamma Rina, namens haar seun Brandon. Brandon het op 15 sy stykie gebreek toe hy van ‘n stel trappe afgeval het. Hierdie besering het gelei tot kroniese pyn, dat sy bene misvormd ontwikkel het as gevolg oor-kompensasie, en hy sal ook spontaan sy balans verloor en val. Hy is nou 33 jaar oud, ‘n man vir ‘n pragtige vrou en die pappa van ‘n besonderse mooi seuntjie, Liam. As man en pappa, kan hy nie tans fisiese werk doen nie, al is hy bereid. Dit beteken dat hy nie ‘n inkomste kan verdien om sy gesin na sy wense te ondersteun nie. Brandon kry ‘n skamele inkomste van SASSA, en word ondersteun deur sy ma, Rina, en skenkings met behulp van Careson Angel. Brandon voel op hierdie stadium soos ‘n mislukking, ten spyte van die oorvloed liefde wat hy vir sy gesin gee – al wat hy op hierdie stadium kan bied. Brandon, ons verklaar dat julle omstandighede binnekort radikaal sal verander. Dat jy die vrugte sal pluk van jou sterk wilskrag en geloof, en positiewe ‘can do’-gesindheid! Al sit jy, sal Liam, jou kosbare seuntjie, na jou toe opkyk, juis oor hierdie.
Wed, 23 Mar 2022 - 5min - 233 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Juander se nuwe glimlag
Toe GROOTfm 90.5 in Daspoort by Juanita en Alex Stander se huis opdaag, was Juanita se oë groot en haar woorde min. Sy was uit die veld geslaan om die JouMenseMyMense-span, saam met Suzanne de Beer van Blissful Cleft Foundation by die buitehek te ontvang. Haar man, Alex, het wel geweet van die verrassing. Juanita se werkskollega, Nicole Bowels het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy vertel van Mamma Juanita wat in mismoed gedompel is oor haar twee-jarige seun, Juander se gesplete lip en verhemelte. Dat hulle al alles probeer het om vir hom ‘n afspraak vir ‘n operasie te reël – met geen lig aan die einde van hierdie donker tonnel nie. Juanita en Alex het ‘n ruk gelede by Blissful Cleft Foundation aansoek om hulp gedoen namens Juander, en vir ‘n konsultasie gegaan. Toe ons die epos ontvang, en die versoek deurstuur na Andrea en Suzanne, het hulle met ons meegedeel dat hierdie naam bekend klink…Dit was omdat die lieflike gesin reeds by Dr Naidoo was vir ‘n konsultasie, en dat hy op die kortlys is. Sy operasie is intussen goedgekeur, en, ons het die goeienuus met die gesin gaan deel…
Tue, 15 Mar 2022 - 7min - 232 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Jy het nie twee arms nodig om te lewe nie...’
Elzanda Haasbroek, ‘n onderwyser by Laerskool Simon Bekker, vir die afgelope 11 jaar, het vir GROOTfm 90.5 gestuur. “Ons het 'n gesin by ons skool met wie dit ongelooflik swaar gaan en hulle is die laaste ruk behoorlik raakgery deur teëspoed. Indien julle sal kan help met kos, sal dit baie waardeer word. Honger en die ongelooflike trauma wat hulle tans beleef, is beslis niemand se speelmaat nie.” Die Nel-gesin, Mamma Hanlie, Pappa Lucas, en hul drie kinders het ‘n geweldige traumatiese begin van 2022 ervaar. Mamma Hanlie is ‘n paar weke gelede gediagnoseer met Fas e-3 servikale kanker. Hulle seun, Lucas (Graad 10) het in ‘n fiets-ongeluk sy linkerarm verloor. En Tiaan, die jongste van die drie kinders, is met ADHD, skeidingsangs, disleksie en ‘conduct syndrome’ gediagnoseer – en kry tans psigiatriese behandeling by Weskoppies. Die gesin van vyf is afhanklik van die Pappa Lucas se skamele inkomste as motorwag. Elzanda stap al ‘n lang pad met die Nel-kinders, en was Sharon (oudste dogter) en Lucas (Graad 10) albei in Graad 1 in Juffrou Elzanda se klas. Alhoewel hierdie kinders nie ‘n ‘normale’ lewe het nie, droom hulle soos normale kinders. Sharon droom van oorsese reise, Lucas van ‘n graad in Elektriese Ingenieurswese, en Tiaan, wil net soos sy boetie wees. Lucas is Tiaan se ‘hero’. Liewe Nel-gesin, al kan julle dit nie nou, in die middel van hierdie stofstorm sien nie, julle storie inspireer! Die woorde van Lucas toe ons hom vra hoe hy voel na die ongeluk waarin sy arm geamputeer is, en hy antwoord, ‘jy het nie twee arms nodig om te lewe nie’, sal ons vir ewig bybly. Ons weet julle is in onsekerheid gedompel oor dit wat voorlê, maar tog kan ons nie help om van jou oorsese reise te hoor nie, Sharon, en ook jou kwalifikasie in Elektriese Ingenieurwese, Lucas. Dankie dat julle jul storie met ons gedeel het, en, ons prentjie net nog groter gemaak het! Breek af daai ark wat julle vir die vloed gebou het, en bou een vir die oorvloed wat op pad is.
Tue, 08 Mar 2022 - 9min - 231 - #JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘n Geleen-TYD vir Ben en Donné
Ben is ‘n gekwalifiseerde pastoor, rekenmeester en horlosie-maker en -restoureerder. Hy het ‘n groot liefde en passie, om nie net horlosies te restoureer nie, maar, mense – met sy geloof in Woord en Waarheid. Ben, en die liefde van sy lewe, Donne, het soos elke oggend wakker geword, maar, voor die ‘normaliteit’ van hulle daaglikse roetine een Vrydagoggend kon voortgaan, het Ben skielik ‘n beroerte gekry. Die afgelope twee jaar was nie goed vir hulle wat besigheid en inkomste betref nie. Donne het na ‘n bejaarde vrou omgesien en verdien SASSA-pensioen, en Ben se horlosie-besigheid het minimaal tot geen inkomste gein nie. Sonder spaargeld en ‘n beperkte inkomste, gebeur hierdie toe… Uiteindelik kom hulle by die hospitaal uit, waar Ben eers na die Covid-sale moes gaan vir ‘n toets. Hy bly hier tot en met die Sondag. Tot op hierdie stadium is hy behandel met pille, en toets toe gelukkig negatief. Donne gaan haal hom die Woensdag, en neem hom huis toe. Liewe Donné en Ben, ondanks die mees onlangse prognose – dat Ben weer moet leer loop en praat, en, dat hy heel moontlik nie weer sy liefde en passie as horlosie-maker en restoureerder sal kan beoefen nie, weet ons, God is nie net ons groot voorsiener nie, maar, die grootste en enigste geneesheer. Ons glo Hy gaan Ben se grond- en saaigebied vergroot. En, ons weet dat Ben hierdie nuwe geleen-TYD met ‘n gesonde brein en gesonde hande gaan omhels, want sy geloof is reeds daar. Ons bid vir jou rehablitasie, Ben! Ook vir jou, Donne, vir bonatuurlike krag soos jy na Ben omsien en hom ondersteun. Julle tyd hier, en met mekaar, is nog lank nie klaar nie.
Wed, 02 Mar 2022 - 9min - 230 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – As die musiek begin speel…
…hoor en beleef Portia niks anders nie. Haar soms uitdagende omstandighede word stil. Mignonne de Jager, van Dox Deo Gemeente, Parkview, het ‘n versoek aan ons gerig namens Rhythm of Hope, ‘n nie-winsgewende organisasie wat talentvolle dansers befonds – om ten einde dié jongmense uit hulle huidige omstandighede te verwyder en nuwe ambisie en hoop te gee vir ‘n toekoms en platform waarop en waarin hulle hul danspotensiaal kan ontwikkel en optimaliseer. Portia, tans woonagtig in Plastic View, is een van hierdie talentvolle dogters. Ons het geluister na ‘n baie wel-belese en volwasse Graad 10 dogter, wat oorloop van en met vooruitsig en drome, onder andere om eendag die Mej Wêreld kroon te dra! Hoe bly sy positief? ‘Laughter’, sê sy. ‘I love laughter’! Liewe Portia, ons is saam met jou opgewonde oor dit wat vir jou voorlê. Op ‘n verhoog terwyl jy dans! Jou kroon ontvang as Mej Wêreld! Op die verhoog van die lewe, waar jy besig is om te skitter en floreer! Jy is ‘n besonderse dogter, met ‘n aansteeklike lewensuitkyk. Weet dit, Sy planne vir jou is onstuitbaar. En raai wat, jy dra reeds die blinksste kroon as deel van Sy onwankelbare Koninkryk!
Wed, 23 Feb 2022 - 9min - 229 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Dankie, CHOC!
Ons fokus op kinderkanker-dag, en GROOTfm 90.5 het gaan inloer by die CHOC-huis. ‘n Veilige vesting vir kinders en hul ouers wat behandeling ondergaan, en nie die finansies of ondersteuning het terwyl hulle hierdie oorwinningspad loop nie. Ons het gesels met Shanil Mangaroo van die Vodacom Bulls, Belinda Austin, ‘n verpleegster in ‘n onkologie-saal met ‘n besonderse storie, Rosanna Strydom, ‘n mamma van ‘n SURVIVOR, en Ina Schompher, streeksbestuurder van CHOC Noord-Gauteng. DANKIE CHOC-huis, ELKE vrywilliger en personeellid, vir wat julle vir kinders en ouers in hul mees kwesbare tyd doen. Inderdaad ‘n vertrekpunt vir verskilmaak! Mag ons nooit skuldig voel oor die pak kaarte wat aan ons gegee is nie…’n Pak kaarte met bietjie meer ‘Jokers’ as ander…maar, mag ‘n ander se pak kaarte ons help en inspireer om nooit ons fokus op die groter prentjie te verloor nie. Mag ‘n ander se verhaal en pak kaarte ons perspektief vergroot en verbreed terwyl ons almal eer wie se kaarte bietjie anders lyk. Mag liefde oorheers, saam met genade, sagmoedigheid en meelewendheid. Mag ons bewus wees van die talle geleenthede waarmee ons daagliks gekonfronteer word om ‘n verskil te maak. Mag elke kaartspel in oorwinning eindig, en mag ons as gelowiges die voorreg omhels om nooit ‘n ‘deadline’ te beleef nie, maar, ‘n onveranderende ‘lifeline’. Besoek choc.org.za/ vir meer inligting. En ondersteun hulle Vrydag, 18 Februarie 2022 met ‘Flip Flop’ dag. Koop jou plakkers teen R10 elk, en dra jou plakkies!
Wed, 16 Feb 2022 - 11min - 228 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Om vir bloed te baklei
Justine van Vollenstee (12) is in 2020 gediagnoseer met ‘Severe Aplastic Anemia’ – ‘n baie skaars bloedsiekte wat veroorsaak dat haar liggaam nie genoeg rooibloedselle vervaardig nie. Hierdie diagnose het die volgende tot gevolg: Sy moet weekliks bloedplaatjie-oortappings ontvang sodat sy genoeg rooibloedselle vir die week kan produseer. ‘Severe Aplastic Anemea’ is ‘n resultaat van beskadigde beenmurg. Haar mamma, Gerraldine, wat vir haar enigiets sal doen, het verlede jaar reeds vir ons ‘n boodskap gestuur en ons hulp gevra. Nie vir enigiets anders, as bewusmaking vir dit waardeur haar liefling prinses gaan nie. Sy wil hê Justine se verhaal moet ander inspireer, en bewusmaak van hierdie siektetoestand. En, meer as enigiets, smag sy na ‘n geskikte beenmurg-skenker en ‘n dogter wat ten volle genees is. Gerraldine bid sonder ophou dat die Here haar kind genees, en sê daar is niks erger as om haar prinses so te sien ly nie. Met haar imuunstelsel wat kwesbaar is, was sy vir ‘n jaar tuis, met geen skoolonderrig. Sy het wel hierdie weer by ‘n skool aangesluit – om so bietjie normaliteit in haar lewe terug te bring. Dit doen haar siel baie goed om by mense en maaitjies te wees, alhoewel sy tans nog in-en-uit die hospitaal is. Sy sien tans ‘n onkoloog by Steve Biko Hospitaal, terwyl die spesialis probeer vasstel wat presies die oorsaak van haar toestand is. Liewe Justine en Gerraldine! Hou moed! Hou aan bid! Hou aan om genesing te verklaar! In Sy almagtige en kragtige GROOT Naam! As jy Justine se vordering wil volg, klik op die volgende skakel: ‘Kom ons Red Justine’ / https://web.facebook.com/groups/258032925685418
Wed, 09 Feb 2022 - 8min - 227 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Met soveel seer, kies Lerato nogtans om te inspireer
By Lerato Mawela kan ons almal leer. Sy is ‘n lewende en sprekende voorbeeld van die skrifgedeelte in Romeine 8:37 tot 39 – ‘Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet’. Zelda Jonker het ‘n epos gestuur met die volgende versoek: “Ons tandarts assistent, Lerato Mawela, het haar enigste seun, Lwazi aan die dood afgestaan op die 2de Desember 2021. Hy was ‘n eerstejaar-musiekstudent in Pretoria met 'n gemiddeld van 82%. Die laaste dag van sy studiejaar, toe hy van die taxi afklim is hy in 'n polisie-jaagtog op die sypaadjie raakgery. Hy is oorlede.” In Januarie vanjaar, is daar ook by haar huis ingebreek. Zelda Jonker, wat die epos gestuur het, sê Lerato is die wonderlikste vrou wat sy al ooit ontmoet het. Sy werk net met kinders as tandarts-assistent by ‘n mobiele tandartspraktyk. In die woorde van Zelda: “Ek wens ons kon haar kloon vir die wêreld, want sy maak alles beter. Sy het 'n hart van goud.” Ons kon haar bederf met ‘n R1 500 SPAR-geskenkbewys. En, alhoewel ons nie dit wat sy verloor het kan vervang nie, kon ons met behulp van ‘n donasie van Ecomed Medical van R20 000, haar toerus met fondse vir dit wat sy wel kan vervang, huishoudelike items vir haar nuwe huis en hoofstuk. Liewe Lerato, dankie dat jy ons leer en inspireer om nie op ‘n ashoop te gaan sit nie. Dat jy ons herinner daaraan dat daar ‘n lewe is wat moet gelewe word. ‘n Lewe wat ons Vader aan ons gegee het. Hierdie lewe, wat ons verantwoordelikheid en voorreg is.
Wed, 02 Feb 2022 - 14min - 226 - Jou Mense My Mense -Big Box, GROOT harte!
BigBox Containers se Direkteure, Willie Ward en Willie Mouton, het ‘n rukkie gelede met GROOTfm 90.5 kontak gemaak met ‘n GROOT idee. Hulle wil 10 splinternuwe, blink rolstoele weggee! Die span van GROOTfm 90.5 het voorgestel ons help Uncle Ben’s Den – ‘n tehuis in Daspoort, Pretoria. Uncle Ben’s Den sien tans om na 143 mense – van bejaardes tot gestremdes (psigies en fisies). Alhoewel sommige inwoners met ‘n klein SASSA-inkomste kan betaal vir die verblyf en hulle drie etes per dag, is daar heelwat wat glad nie ‘n inkomste verdien nie, en gevolglik nie ‘n bydrae kan lewer tot Uncle Ben’s Den se maandelikse uitgawes en onmiddellike behoeftes nie. Buiten hulle maand-tot-maand behoeftes soos kruideniers- en toiletware, en vars kos, kan mens goed glo dat Uncle Ben’s Den se maandelikse water- en ligte-rekening ook oorweldigend is, siende dat 143 mense hier woon. Die rekening wat tans op grond van ‘n reëling met die Tshwane Munisipaliteit afbetaal word, staan ver oor R100 000. Juis hieroor, met geen ekstra geld om aan iets buiten kos en krag, of rolstoele te spandeer nie, was Ronel van Dyk, bestuurder van Uncle Ben’s Den, oorstelp met die skenking. Dié skenking, oorspronklik inisieër deur BigBox Containers, het ‘n rippel-effek veroorsaak met nog twee rolspelers – Ruan Olivier van Ecomed en Nicholas Harris van Café Kreme koffieboon produseerders – wat graag ook ‘n bydrae wou lewer ten bate van Uncle Ben’s Den. Op Woensdagmiddag, het GROOTfm 90.5 die span van Uncle Ben’s Den uitgenooi na hulle ateljee toe…en toe kon ons hulle verras, met nie net die rolstoelskenking, die 450 rolle toiletpapier van Superspar Moreleta nie, maar ook ‘n R10 000 skenking van Café Kreme. Dit was nie al nie…Ecomed het ingeskakel en R100 000 geskenk ten bate van Uncle Ben’s Den se elektrisiteitsrekening. Dis hoe die Here sorg en voorsien. Nooit ‘net-net’ nie, maar in OORVLOED! ‘n GROOT dankie aan BigBox Containers, Superspar Moreleta, Café Kreme en Ecomed!
Thu, 09 Dec 2021 - 18min - 225 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem
Salome Brits, het ‘n epos gestuur en ons vertel van haar vriendin Gerda Oosthuizen. Van haar positiewe uitkyk op die lewe, haar lewensvreugde, haar omgee-hart, en haar seldsame longsiekte. Sy het ons vertel dat Gerda tans minder as 30% longfunksie het en in haar woorde, ‘moet betaal vir iets wat die Here eintlik gratis vir ons gee’. Gerda en haar man, Gerhard, probeer tans kop bo water hou deur ‘fudge’ te verkoop – aangesien Gerda nie kan werk nie. Haar grootste maandelikse uitgawe is haar suurstof, iets wat ons so maklik vanselfsprekend en voor die hand liggend aanvaar. Haar grootste wens is om ‘n groter, statiese suurstoftenk te kan bekostig, dan hou die suurstof ook langer. Hierdie tenk kos R30 000. Nie net het Gerda ‘n kroniese longsiekte nie, maar is ook siggestremd met ongeveer 5% sig in haar oë. Sy noem dat daar ‘n voordeel hieraan is – ALMAL is vir haar mooi! Sy sien nie die merkies of plooie of pigmente nie, net die volheid van mense se skoonheid. Dit wat sy sien is inderdaad gevestig in haar geestesoë, en nie haar oë nie. Haar sig word bepaal deur die waarheid wat in haar hart lê. Gerda, dankie dat jy leef! In HOOFLETTERS! Dankie dat jy lag ten spyte van soveel redes om te huil! Dankie dat jy bly staan ten spyte van soveel redes om te bly lê! Dankie Gerda, dat jy ons, en soveel ander met jou verhaal en storie inspireer!
Wed, 24 Nov 2021 - 14min - 224 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Nie wie jy is nie, maar aan Wie jy behoort
Carla is ‘n enkelmamma van twee pragtige kinders – 4 en 9 onderskeidelik. Sy voel tans soos ‘n mislukking en vernedering en het ons met ‘n hulpkreet genader omdat sy so bang is haar dogter se opvoeding word benadeel as gevolg van agterstallige skoolfonds. Sy probeer alles in haar vermoë om bo uit te kan kom saam met haar ‘twee lyfies’, soos sy na hulle verwys. ‘Dis bitter moeilik, maar ons is wel dankbaar vir so baie meer’, sê sy. Voor ons sit ‘n pragtige vrou. Jy kan sien sy is deur baie, en, op breekpunt. Bang om haar identiteit bekend te maak, ‘oor wat mense gaan dink’, sluk sy haar trots en stuur vir ons ‘n epos, alles ter wille van haar kinders. Carla glo baie dinge oor haar lewe. Tans, glo sy meer leuens as waarheid. Jy kan haar nie blameer nie, want sy is al keer op keer verwerp en teleurgestel. Met die mooiste groen oë kyk sy in ons s’n, desperaat vir waarheid, verligting en bevestiging dat sy ‘n goeie mamma en mens is. Dat voorspoed en guns en Seën ook vir haar beskore is. Ons moes vir haar gaan kuier. Al was dit net om haar te herinner wie sy is in Christus. Johan Smith het die volgende in ‘n inspirasie-boodskap gesê, en hier, is dit so gepas. Jou identiteit lê nie in dit wat jy verkeerd gedoen het in die verlede nie, maar in dit wat Jesus reg gedoen het. Die lewe gaan nie net oor wie jy is nie, maar aan wie jy behoort. Liewe Carla, glo hierdie oor jou lewe!
Wed, 17 Nov 2021 - 4min - 223 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey 2
Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie) Sy het behandeling en ‘n operasie ondergaan by ‘n staatshospitaal waar sy in die teater as gevolg van die ‘n negatiewe reaksie met die narkose tweemaal ophou asem haal het. My baba dogtertjie is al deur soveel pyn en trauma en huil as sy ‘n Dokter sien... Wanneer mens dié hulpkreet hoor, is dit nie moeilik om die omvang van hierdie mamma en pappa se liefde teenoor hul prinses te besef nie. Ten koste van hulleself, sal hulle enigiets doen om behoorlike en deeglike sorg vir Avorey te kry, want sy ‘sal eendag die Here se goedheid en waarheid op voet verkondig’, soos mamma Mariska sê. Sy is so lief daarvoor om ‘stapsoldaatjie te sing’, en gaan binnekort ook een wees! Liewe Mariska, Wynand, Micheila, Abigail, Milarka, Melissa en Avorey (wat ‘toevallig’ die woord, MAMMA, spel)…Baie dankie dat julle met groot waagmoed julleself kwesbaar gemaak het. Daar is soveel ‘victory in vulnerability’. Dankie aan ons Hemelse Vader en Koning wat die afsprake maak, en ons die fasiliteerders. Wat ‘n GROOT voorreg om verskilmaak-vennote soos Everest Wealth Management te hê – wat Avorey se operasie ten volle gaan betaal. Dankie aan ‘n GEEmeenskap wat GROOTfm 90.5 in staat stel om ‘n verdere bydrae te lewer ten bate van Avorey se behandeling. En, ‘n GROOT dankie aan SPAR, ons grootste vennoot van verskilmaak.
Thu, 11 Nov 2021 - 6min - 222 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey
Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie) Sy het behandeling en ‘n operasie ondergaan by ‘n staatshospitaal waar sy in die teater as gevolg van die ‘n negatiewe reaksie met die narkose tweemaal ophou asem haal het. My baba dogtertjie is al deur soveel pyn en trauma en huil as sy ‘n Dokter sien... Wanneer mens dié hulpkreet hoor, is dit nie moeilik om die omvang van hierdie mamma en pappa se liefde teenoor hul prinses te besef nie. Ten koste van hulleself, sal hulle enigiets doen om behoorlike en deeglike sorg vir Avorey te kry, want sy ‘sal eendag die Here se goedheid en waarheid op voet verkondig’, soos mamma Mariska sê. Sy is so lief daarvoor om ‘stapsoldaatjie te sing’, en gaan binnekort ook een wees! Liewe Mariska, Wynand, Micheila, Abigail, Milarka, Melissa en Avorey (wat ‘toevallig’ die woord, MAMMA, spel)…Baie dankie dat julle met groot waagmoed julleself kwesbaar gemaak het. Daar is soveel ‘victory in vulnerability’. Dankie aan ons Hemelse Vader en Koning wat die afsprake maak, en ons die fasiliteerders. Wat ‘n GROOT voorreg om verskilmaak-vennote soos Everest Wealth Management te hê – wat Avorey se operasie ten volle gaan betaal. Dankie aan ‘n GEEmeenskap wat GROOTfm 90.5 in staat stel om ‘n verdere bydrae te lewer ten bate van Avorey se behandeling. En, ‘n GROOT dankie aan SPAR, ons grootste vennoot van verskilmaak.
Thu, 11 Nov 2021 - 18min - 221 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Diakonale pleegsorg gaan Dinokeng toe!
Die vrywillige veldwagters / ‘voluntary rangers’ van Dinokeng het saam met GROOTfm 90.5 en Superspar Moreletta 12 seuns van Diakonale pleegsorg bederf met ‘n naweek in die bos! Seuns van ouderdomme 6 tot 18 het Vrydag met GROOT opwinding by Dinokeng arriveer en Sondag teruggekeer na Pretoria na hul onderskeie huise van veiligheid. Hierdie seuns kom uit haglike en baie traumatiese omstandighede. ‘My hart het gebreek soos ek met hulle gesels, en hulle kon drukkies gee en herinner daaraan dat hulle toekoms in ons Here lê! Gee nie om hoe hulle omstandighede en lewe ‘toe’ en ‘nou’ lyk nie, hulle vooruitsig en toekoms lyk soos elke Koninklike Erfgenaam s’n – voorspoedig!’ BAIE dankie aan SuperSpar Moreletta vir die seuns se kos en bederfies! Hulle het so lekker spyskaart gehad – van hamburgers tot marshmellows! Wat is ‘n bosveld-vuurtjie sonder hierdie nagereg?! BAIE dankie aan die ‘voluntary rangers’ – vernaamlik Hester en Sarel! Hulle het vir elkeen van die seuns ‘n boekie gemaak en gegee, waarin hulle kon afmerk wat hulle sien. Hulle het ook baie moeite gedoen met die kamp-aktiwiteite, wat natuurlik bokdrol-spoeg ingesluit het! BAIE dankie aan elke rolspeler wat vir ‘n onvergeetlike naweek vir hierdie seuns gesorg het! Ook aan Diakonale pleegsorg – Otto en Suzaan, en julle span – wat so mooi na hierdie lieflike seuns omsien, vir hulle sorg, hulle liefhet en dat julle as hulle ouers, in elkeen van hulle glo!
Wed, 03 Nov 2021 - 10min - 220 - JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede
Antoniete Louw het data gewen vir ‘n dag, waarmee sy vir ons ‘n epos gestuur het net om te sê hoe opgewonde sy is vir ons kuier! Sy het ‘n hele rukkie terug met ons kontak gemaak, maar, ons het gereeld ingeloer, met die hoop dat ons nog kan help. In haar laaste epos het sy gesê: ‘Nog geen verandering. Die nood is groot vir kos en prepaid krag.’ Haar aanvanklike epos aan ons het in die onderwerp die volgende woorde gehad: ‘Hulp en baie gebede’. Sy het nooit gevra vir geld nie. Hulle grootste behoefte tans is om haar man, Hennie, se kakebeen wat as gevolg van kakebeen-kanker verbrokkel, te herstel. Hulle het ‘n weldoener-dokter genader vir ‘n verwysingsbrief, om moontlik vinniger by die staatshospitaal reg te kom, maar, toe hulle navraag rig om te hoor vir ‘n operasie-datum, hoor hulle daar is 200 ander noodgevalle voor hulle op die waglys. Hennie is ook opsoek na ‘n meer permanente werk, en Antoniete enige werk. Sodat hulle nie net Hennie se kakebeen kan regmaak nie, maar ook hulle seun, Henrique weer kan terugsit in die skool. Hennie se inkomste dek tans die huur en water. Wanneer daar nie geld is vir brandstof nie, loop Pa Hennie 14 km werk toe. Die eerste ding wat Hennie sê nadat hulle moeilik ontvang het, was die woord, ‘steak’. Mens kon sien hoe smul hulle aan die gedagte van iets wat ons baie maal vanselfsprekend en voordiehandliggend aanvaar. Ja, die ideaal is om vir iemand ‘n visstok te gee, maar soms het iemand ‘n vis nodig. Meer as ‘n vis. ‘n Drukkie. Woorde van waarheid en bemoediging en gebed. Ons is so jammer vir julle omstandighede…maar weet, gee nie om hoe groot ons omstandighede kan raak nie, Hy BLY groter! Mag hierdie vir julle ‘n keerpunt wees, in Jesus Naam.
Wed, 27 Oct 2021 - 9min - 219 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die Smit-gesin
Die Smit-gesin het die afgelope paar jaar nog net siekte en swaarkry gesien, maar, dit verander nie hulle blymoedigheid, vreugde, vertroue, liefde vir mekaar, en veral geloof nie! Ma, Lida Smit, kon nie by die onderhoud wees nie, as gevolg van ‘n ander werksonderhoud wat op kort kennis gereël is. Ons bid en vertrou vir goeie nuus. Colin, haar man van die afgelope 28-jaar, was saam met sy broer in besigheid, maar moes die besigheid toemaak as gevolg van die nagevolge van die Covid 19 inperking. Hulle oorleef van skenkings – kos, toiletware en klere – en soek intussen hard na uitkoms vir hulle twee seuns, Donovan (27) en Jaedon (12) wat lei aan ‘n baie skaars bloedsiekte, genaamd Fanconi Anemie. Tans is daar ook geen inkomste wat gegenereer word nie. Jaedon het tydens ons kuierdag verjaar. Toe ons daar instap, terwyl Ma Lida by ‘n werksonderhoud was, het albei seuns geslaap op een bed. Hulle is swak as gevolg die bloedsiekte, Fanconi Anemie – 'n oorerflike siekte wat ontstaan as gevolg van beskadigde beenmurg. Albei seuns word baie maklik blou, ervaar kroniese moegheid en begin hulle tandvleis en neuse onderskeidelik spontaan te bloei. Ma Lida vertel ons dat hulle beddegoed en klere al so vol bloedvlekke is. Daar is ook nie ‘n wasmasjien om te help met die skoonwas nie. Donovan en Jaedan kan nie buite die huis gaan nie, omdat hulle immuniteit uiters kwesbaar is. Ons word ontvang deur Pa Colin, wat soos ‘n ‘loser’ voel omdat hy nie na sy gesin kan omsien nie. Hy is oor die 6 ft, met ‘n hart wat oorloop van sagmoedigheid. Pa Colin is hard opsoek na werk. Dis maar een oplossing. Die ander een? ‘n Beenmurg en bloedplaatjie-oorplanting. Maar, eers moet Donovan en Jaeden ‘n ‘match’ kry. Dis die moeilikste deel van die proses, maar dan, kom die honderde duisende rande wat die operasie gaan kos.
Wed, 20 Oct 2021 - 9min - 218 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Raadop
Martin Pitout se suster, Ilze, het vir ons ‘n brief geskryf wat begin met: ‘Vandag skryf ek die brief met ‘n baie seer hart’. Dan gaan dit aan en vertel van ‘n hartseer storie. Haar broer en sy vrou kry baie swaar. Hulle het drie kinders, waarvan een ‘n 2-maande oue babatjie is. Daar is nie kos in die huis nie, maar, daar is geloof, hoop, en bo alles, liefde! As pappa en mamma van hulle gesin voel Martin en Heleen ongekende skuldgevoelens. Hulle noem dat hulle 11-jarige seun tans die een is wat hulle positief hou. Dat hy self ‘n R5 wat hy met ‘n karwas verdien aan hulle gee. Hy en sy 7-jarige sussie woon nou by hulle peetma – ‘totdat dinge beter raak’, sê Heleen met trane in haar oë. Hulle grootste wens is om nie weer in ‘n plakkerskamp te beland nie – hulle het reeds tweekeer uit hierdie tipe omstandighede gestyg. Hulle grootste behoefte is ‘n werk vir Martin – iemand wat vir hom ‘n kans sal gee. Ons het hulle die geleentheid gegee om hulle storie met ons te deel.
Tue, 12 Oct 2021 - 9min - 217 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Niks is onmoontlik nie!
By die ingang van Ettiene Ludick se kamer hang daar ‘n bordjie wat sê: ‘Niks is onmoontlik nie’. Ons het die voorreg gehad om dit eerstehands te ervaar. Dryf en deursettingsvermoë is ingeprogrammeer in Ettiene se DNS, en daarom, is niks inderdaad vir hom onmoontlik nie. Ettiene Ludick is ‘n baie gemotiveerde en sagmoedige 20-jarige. Hy is op 28 weke gebore, en na ‘n suurstof-tekort en verskeie operasies loop hy vandag met krukke. Ettiene moes ook op skool aanvullende ondersteuning ontvang met die skryf van sy eksamens, aangesien sy brein vinniger as sy hande beweeg. Danksy harde werk, waagmoed en deursettingsvermoë het hy verlede jaar matriek geslaag en met behulp van ‘n familielid ‘n borg gekry om ‘game development’ en IT te studeer. ‘Gaming’ en IT is deel van Ettiene se DNS – en het hy al op ‘n 4-jarige ouderdom ‘n passie hiervoor ontwikkel. Ettiene maak tans gebruik van skootrekenaar wat hy by iemand leen vir sy eerste jaar, maar benodig ‘n spesiale rekenaar om sy tweede jaar te voltooi. Sy ma, Ansie, vertel ons hoe Ettiene se pappa baie siek geword het met diabetes twee jaar gelede waartydens hy ook sy besigheid verloor het. Pa Jan is tans nie fisies in staat om te werk nie. Hulle gesin het toe by iemand anders ingetrek, en Ansie het ‘n werk gekry om die huur te kan betaal en kos op die tafel te sit. Hulle het geen ekstra finansies om vir Ettiene se tersiêre opleiding te kan betaal nie. Ons het vir hulle gaan kuier met ‘n GROOT verrassing.
Wed, 06 Oct 2021 - 6min - 216 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Angel
Martie Breedt het ‘n hulpkreet aan GROOTfm 90.5 gerig aangaande haar jongste dogter, Angel. Angel is gebore met ‘n waterhofie, en die jongste van vyf kinders (8). Hulle grootste behoefte? ‘n ‘Hoist’ vir Angel wat teen ‘n spoed groei, wat dit moeilik maak vir Ma Martie om haar 24/7 op te tel, te dra en te bad. Pa Koos is ook swak as gevolg van emfiseem, waarmee hy onlangs gediagnoseer is. Die gesin ontvang ‘n SASSA-toelaag vir Angel, en Pa Koos doen houtwerk vir ‘n inkomste. As gevolg van Angel se mediese kondisie, word Martie en Koos met buitensporige finansiële uitgawes gekonfronteer. Angel drink ook formule melk, en dra doeke. Ons kon sien hoe lief hulle vir haar is, en vir hulle ander vier kinders. Die dokter het met Angel se geboorte gesê sy gaan vir een-en-‘n-half-uur lewe…Agt jaar later, lê sy in haar stootwaentjie, klap hande, lag en gesels saam soos ons haar en haar gesin se storie hoor.
Tue, 28 Sep 2021 - 9min - 215 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Prinses Beandrie
Beandrie Booysen, Mamma Bea en Marie Venter het gister by ons in die ateljee vir ‘n regstreekse JouMenseMyMense-insetsel. Beandrie, is tans die oudste Progeria-leier in Suid-Afrika. Progeria is ‘n sindroom wat veroorsaak dat kinders ongeveer sewe-maal vinniger verouder. Sy het net een behoefte end room…Om die oudste progeria-leier in Suid-Afrika te word (26 jaar oud). Marie Venter, vriendin van die familie, het ons genader om hulle te help om vir Beandrie ‘n onvergeetlike 16de verjaarsdag ‘prinsesbal’ te reël! Hulle het reeds reggekom met ‘n rok – wat ontwerp gaan word deur die baie bekende Anel Botha. Ook ‘n ‘venue’ in Montana, naamlik La Perna Wedding Venue. Marie het aan ons genoem dat hulle nog hulp benodig met dekor en eetgerei, ‘n fotograaf, ‘n voertuig (Beandrie wil baie graag met ‘n ‘limousine’ ry), nagereg en ‘n verjaarsdag-koek, en ‘n splinternuwe blonde nuwe pruik.
Thu, 23 Sep 2021 - 15min - 214 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Romeine 8:37
Petrus van Wyngaard en Naomi du Plooy het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om hulle vriendin, Ansie van Wyk, te bederf. Ansie is deur ‘n baie uitdagende paar maande. Sy en haar verloofde is onlangs uitmekaar, en haar hart is gebreek. Ons het die voorreg gehad om haar te verras by Nuwe Hoop, met behulp van haar Departementshoof, Karen Venter. Ons het ook die voorreg gehad om haar te herinner aan haar waardigheid! Dat sy vir God Jesus werd is! En om haar, met behulp van die volgende borge te bederf: ‘n GROOT dankie aan Kollonade vir die R1000-geskenkbewys, 2 X SterKinekor-fliekkaartjies, ‘n R250-geskenkbewys van Rocco Mamas, en ‘n SkinPHD-Kolonnade bederf wat ‘n ‘facial’, rug en nek-massering, ‘n ‘manicure’ en ‘pedicure’ insluit. Ansie stap tans die pad na genesing, en het opnuut besef hoe belangrik ‘n ondersteuningsnetwerk is. Sy is dankbaar vir haar vriende en familie, en die Here wat haar rots is. Haar boodskap aan ander wie se hart ook gebreek is, is: ‘As jy wil huil, huil. As jy wil kwaad wees, wees kwaad. Hou net vas aan die Here, want Hy vat die pyn weg.’ Liewe Ansie, en ons boodskap aan jou is: Geen mens op aarde kan jou waarde bepaal nie, want God het reeds. ‘You are worth Jesus to God’.
Tue, 14 Sep 2021 - 11min - 213 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer die berge blou bly
Chantelle het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om haar sussie, Caroline en haar man, Henry te help. Hulle kry bitter swaar. Hulle woon aan die voetpunt van die Magaliesberg, en kyk gereeld op om te kyk waar hulle hulp vandaan kom. Hulle weet hierdie is nie die lewe wat die Here vir hulle wil hê nie. Henry is ‘n trok drywer en het sy werk ongeveer 6 maande terug verloor. Sy vrou, Caroline het huise skoongemaak om te help met ‘n inkomste. Saam met hulle woon Henry se twee seuns, en Caroline se dogter en seun – almal van wie nog in die laerskool is. Kameeldrif-wes Laerskool is loopafstand van hul 10 by 10 m houthuisie op ‘n plot uit op Van Der Hoff-weg, rigting Brits. Hulle deel hierdie perseel met ‘n paar ander gesinne wat ook ‘n beperkte of geen inkomste het nie. Die laaste ding wat die gesin geëet het is een snytjie brood elk. Hierdie gesin het minder as niks, maar, hulle het mekaar. Die huisie raak tans bietjie klein, met hulle oudste dogter (14) wat ‘n vertrek met haar drie broers deel. Henry is dringend opsoek na werk, en sê hy sal enigiets doen om te kan sorg vir sy gesin. Toe ons daar gekuier het, het hy afgekyk na sy hande, en gesê:’Hierdie hande mekeer niks!’
Tue, 07 Sep 2021 - 5min - 212 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Moedverloor se vlakte het ‘n adres
As jy ooit gewonder het waar presies moedverloor se vlakte lê, het ons vir jou die adres. Desire de Beer, haar vier kinders en haar Ma, Tannie Henda, en haar Pa is deur diep waters. Behalwe vir die dorre omstandighede waarin hulle hulself bevind, het hulle op 31 Julie vanjaar, hul broer en seun aan die dood verloor. Desire verdien tans R2 000 ‘n maand, waarmee sy haar vier kinders (waarvan twee jong dogters nog op skool is), haar Ma en haar Pa, probeer ondersteun. Ons het, saam met Lize Bothma van Lize Bothma Begrafnisdienste vir hulle gaan kuier. Ons harte breek saam met julle, en is vandag dankbaar dat ons, saam met SPAR en Lize Bothma Begrafnisdienste ‘n verskil kon maak. Ons kon hulle skuld vir Jacques se verassing vereffen, en het, na ons gesprek, besluit om vir hulle ‘n verdere R3 000 te skenk – ter wille van ‘n HOOPstoot. Die eerste ding wat hulle gesê het was; ‘Vanaand kan ons lekker eet’. Lize Bothma het aangebied om vir Jacques en sy familie ‘n roudiens te reël. DANKIE, Lize! Ek wil vir jou wat luister, vra om lewe te spreek oor hierdie gesin. Dat die hartseer wat saam met leuens gemanifesteer het, sal weggespoel word met Sy Lewende Water en Waarheid. Dat hulle opnuut sal bewusword van Sy ontferming oor hulle, en beloftes van ‘n lewe in oorvloed en voorspoed. Ja, wat vir my en jou, maar ook vir hierdie gesin beskore is.
Wed, 01 Sep 2021 - 8min - 211 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die DRIE Musketeers kan weer heers
Hendry Botha woon saam met sy 77-jarige pa en 14-jarige seun. Beide Hendry en sy pa het ‘n werk, waarvoor hulle baie dankbaar is, maar, as gevolg van die inperking was albei in ‘n gat gedompel wat al dieper geraak het. Hulle het geweet dat die woonstel waarin hulle bly in Queenswood in die mark is, en wou begin huis soek. Hulle proses was ongelukkig vertraag met die dat hulle al drie vir ongeveer twee maande in isolasie was as gevolg van Covid 19. Toe die huis uiteindelik verkoop is ‘n week terug, toe raak dit ‘n realiteit dat hulle ‘n nuwe heenkome moet vind – voor 31 Augustus. Hendry vertel vir ons dat hy tevergeefs na plekke gaan kyk het, met die wete dat hy nie die deposito saam met die eerste maand se huur kan bekostig nie. Hy vertel van ‘n ideale woonstel vir die drie manne, en die vrou in hulle lewe – Amy, die woef! Die woonstel is 500 m van Hendry se pa se salon, en, beskikbaar! GROOTfm 90.5 het die oortuiging gehad om die drie musketeers en hulle Brankenjan te help met ‘n #HOOPstoot. Om Hendry, sy pa en sy seun uit hierdie gat te kry. Ons het met die eienaar van die woonstel geskakel, en gereël vir die deposito en twee maande se huur. Ons kon hulle ook, met die bydrae van SPAR, help met ‘n R1000-SPAR geskenkbewys.
Wed, 25 Aug 2021 - 9min - 209 - Versorg die Versorger, Reeks DRIE
Die vlae en vrae oor die Covid 19-pandemie hou aan om Suid-Afrikaners se gemoedere soos ‘n tsunami te bekruip en bedreig. Dis toe wat Schalk Mulder van Immunadue, en Riëtte Oosthuizen van Riëtte Oosthuizen Prokereurs einde Julie met GROOTfm 90.5 kontakmaak. Hulle sê beide die gesondheids- en voorste linie werkers het ons nodig. ‘Kan ons nie iets doen nie?’, het hulle ons gevra. Ons het hulle vlees vroeër die jaar bederf, en toe hul gees…nou vir iets wat hulle weer sal herinner dat hulle waardeer word, gesien word, en geliefd is! Dat hulle waagmoed en hardwerkendheid ons inspireer. Ons wou vir hulle iets volhoubaar gee. Iets wat hulle elke dag kan herinner. Die antwoord? ‘n Koffiebeker met die woorde: ‘Thank you for everything you do. Fill this cup, and cheers to you.’ Agterop is daar ‘n skrifgedeelte wat die Here so duidelik aan ons gegee het. 2 Corinthians 20:17 – “You will not have to fight this battle. Take up your positions; stand firm and see the deliverance the LORD will give you. Do not be afraid; do not be discouraged. Go out to face them tomorrow, and the LORD will be with you.” Saam met die koffiebekers, het 1 000 mense van 50 onderskeie instansies – van Lancet en Ampath laboratoriums, tot ‘n mobiele toetssentrum van die Departement van Gesondheid, en 10 hospitale – botteltjies Immunadue ontvang, en koffie-, tee- en warm-sjokolade-sakkies met ‘n paar lekker happies met liefde van SPAR.
Wed, 18 Aug 2021 - 6min - 208 - Luisteraars Terugvoer- Maryke
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Wed, 18 Aug 2021 - 2min - 206 - JMMM 11 AUG - Francois Retief, Hemelkind
Sonja en Francois Retief se lewens het op 21 September 1996 onherroeplik verander. Francois is as 11-jarige sportster die aand omstreeks 18:00 deur ‘n man met sy voetuig raakgery. Die dokters het na Francois se ongeluk gesê sy lewensverwagting is slegs vier maande. Hulle het hom huis toe gestuur "om in sy eie kamer dood te gaan". Volgens hulle sou hy nie uit die koma wakker word nie en sou hy totaal "vegetatief" wees. Boonop nie eers weet dat Sonja sy ma is nie. Ten spyte van hierdie prognose, is Francois op pad om sy 37ste verjaarsdag te vier, en hy weet baie goed dat Sonja sy ma is. Sonja eindig haar skrywe aan my af met die volgende woorde: ‘Loof die Here, want Hy is goed. Aan Sy liefde is daar geen einde nie. Wat 'n ongelooflike voorreg om Francois vir 36 jaar te kan koester. 'n Ongelooflike kosbare seun wat nooit enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie. Wat altyd onvoorwaardelik lief het. Wat elke dag voluit leef, nooit ophou lag nie, nooit ophou glo nie, nooit ophou bid nie. 'n Warrelwind, babbelkous wat soveel liefde uitstraal en 'n ieder en 'n elk met sy aansteeklike lag laat saam skater. Dankie Here dat ek hom elke dag kan vashou in plaas van om by 'n hopie grond 'n blom neer te lê.’ GROOTfm 90.5 kon met behulp van donasies vir Sonja en Francois ‘n ‘Patient Lifter – Hydraulic Hoist’ en ‘n pasgemaakte ‘Riser Recliner’ stoel skenk. Ons kon ook, met behulp van ons familie by SPAR, vir Sonja en Francois ‘n R2 000-geskenkbewys gee.
Wed, 11 Aug 2021 - 12min - 205 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Michelle Nel
‘n Vriendin van Michelle Nel, Ronel Strydom, het ‘n hulpkreet aan ons gerig oor haar vriendin wat in ‘n diep gat het. Sy is vir die afgelope 13 jaar enkelma, met drie kinders waarvoor sy ENIGIETS sal doen! Haar oudste dogter studeer tans by ‘n hotelskool, en dan het sy ‘n tweeling seun en dogter wat beide nog op skool is. Sy het haar werk verloor tydens die inperking, en net nog nie weer ‘n kans gekry om te werk nie, ondanks haar CV wat al na duisende instansies toe gestuur is. Sonder ‘n werk raak haar skuld net meer, en haar gat net dieper. Michelle wil met haar hele hart weer op haar voete kom, ter wille van haar kinders. Haar huisskuld en kinders se skoolfonds is buite bereik van inhaal sonder ‘n vaste inkomste. Haar grootste wens om net weer te kan asemhaal, en sorgloos in ‘n borrelbad te lê.
Wed, 04 Aug 2021 - 8min - 203 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Martin Matthee
Martin Matthee is ‘n GROOT luisteraar wat vir 23ure van sy dag na GROOTfm 90.5 luister. Hoekom nie 24ure nie? Dis ‘n uur waarin hy en sy geliefde, Christine Botha, na hul sepies kyk. Christine het vir ons ‘n boodskap gestuur en gevra of ons nie kan help met herstelwerk aan Martin se leen-rolstoel nie. Ons het iets anders in gedagte gehad. Martin het 8 jaar gelede vir ‘n operasie gegaan om obstruksie in sy are te laat regmaak, wat die bloedtoevoer na sy bene vertraag het. Na die operasie het sy bene gangereen opgedoen, en moes sy een been geamputeer word. Sy ander been, is glad nie funksioneel nie, en wag hy tans op ‘n datum vir sy volgende amputasie. Hy leen tans ‘n rolstoel by die hospitaal, en bly positief deur te dink aan ander mense wat slegter af is as hy. Sy raad aan iemand wat deur dieselfde ervaring is as hy, is om sy/haar ‘kop reg te kry’ en te fokus op positiewe gedagtes. Hy word nog daagliks kwaad, maar na die emosie, lag hy vir homself en gaan net weer aan. Ons het die voorreg gehad om met behulp van ‘n skenking van Nico Heyns, nie net sy huidige rolstoel te herstel nie, maar dit te vervang met ‘n splinternuwe een! Ons kon ook, met behulp van SPAR, vir hom ‘n R1 000-geskenkbewys gee, waarmee Christine dadelik koffie en melk gaan koop het.
Tue, 27 Jul 2021 - 4min - 202 - JMMM 21 JULIE
Na die afgelope week se vlamme en afbreek is ons daaraan herinner dat ons lewens en ons besittings hiermee saam so verganklik is. Daar was gebreek en gebrand, maar, daar was ook gebou! GROOTfm 90.5 het besoek afgelê by twee gemeenskap-radiostasies wat ook slagoffers van die onluste was – Alex FM 89.1 (geleë in Alexandra) en Mams Radio 92.9 (geleë in Mamelodi). Die twee radiostasies het geweldige skade gelei toe ‘looters’ in hulle onderskeie studio’s ingevaar het en toerusting tot die waarde van honderde duisende rande beskadig en gesteel het. GROOTfm 90.5 weet wat die omvang van die uitgawes vir die bou van ‘n studio en ateljee is, en het daarom duidelike oortuiging gehad om ‘n bydrae te lewer. Ons span was magtig om aan Alex FM 89.1 se stasiebestuurder, Takalani Nemangawe,‘n bedrag van R10 000 te skenk, en aan Sam Mfaladi van Mams Radio, ‘n bedrag van R40 000. Baie sterkte met die opbou-proses, van julle studio, ateljee, maar veral julle span! Ja, dis maklik om te sê, ‘ek gaan nie bou nie, want ek het nie gebreek nie’…maar ek en jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons naaste, maar bo alles teenoor ons Vader en Koning. Die vraag moet wees, nie ‘of’ ek gaan help nie, maar ‘hoe’. Watter een kies jy? Die breek, of die bou? Soos Fred Rogers gesê het: ‘When I was a boy and I would see scary things in the news, my mother would say to me; Look for the helpers. You will always find people who help.’
Wed, 21 Jul 2021 - 2min - 201 - Jou Mense My Mense - Baba Nico
Op 9 Februarie 2021 is Nico van der Walt, die jongste van drie, gebore. Nadat sy ouers Leanie en NW getrou hul doktersafsprake nagekom het, het hulle verwag dat Nico se geboorte sonder enige komplikasies sal geskied. Natuurlik, dat Nico ook die gesonde baba sal wees soos voorspel deur die vooraf-bepalende toetse. Terwyl Leani alleen in haar hospitaalkamer lê nadat sy geboorte gegee het (na aanleiding van strenger besoektye en -reëls), het die dokter vir haar kom sê haar pasgebore wonderwerk het Down’s sindroom. Met Nico se geboorte is sy kop effens vervorm aan die een kant, wat veroorsaak dat sy kop assimmetries is. Hierdie het tot verdere gevolg dat sy kakebeen kan skeefgroei en sy hele gesig oneweredig sal ontwikkel – wat sy een oor en neus insluit. Mamma Leanie en Pappa NW het navorsing gedoen oor wat hulle kan doen om hierdie abnormale ontwikkeling en groei van sy kop en gesig te kan verhoed. Hulle het by ‘n ortotis in Johannesburg uitgekom – die enigste dokter wat hierin spesialiseer – en die uiteinde was die aankoop van ‘n spesiale ‘hoed’ (in Engels bekend as ‘n ‘star band’) wat gaan help dat sy kop normaal sal ontwikkel en groei. Hierdie ‘hoed’, wat ook sy breinontwikkeling sal bevorder en die simmetrie van sy gesig herstel, word in Amerika vervaardig en kos R40 000. GROOTfm 90.5, SPAR en We Buy Cars het die Van Der Walt-gesin gaan verras met goeienuus.
Tue, 13 Jul 2021 - 10min - 200 - Jou Mense My Mense 7 Julie
Kilner Park Sekuriteit het ‘n nuwe spanlid! ‘n Belgium Malinois genaamd Zena! Ja, ‘n hond! Ons het ‘n navraag gekry oor ‘n ‘training kit’ van Genesis K9 Group ter waarde van R3 000, vir Zena, om haar volledige toe te rus vir die groot verantwoordelikheid wat haar te wagte is as deel van ‘n groep mense wat wondere verrig ter wille van die veiligheid van ons gemeenskap. GROOTfm 90.5 kon met behulp van donasies Zena se toerusting borg. Liewe span van KPS en Zena, mag julle van krag tot krag gaan deur Sy krag. Baie dankie vir dit wat julle vir ons gemeenskap doen, van sekuriteit tot liefdadigheid!
Tue, 06 Jul 2021 - 6min - 199 - INTIEM ONDERHOUD 3 JUNIE
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 22 Jun 2021 - 24min - 198 - INTIEM ONDERHOUD 7 JUNIE
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 22 Jun 2021 - 23min - 197 - INTIEM ONDERHOUD 12 MEI
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 22 Jun 2021 - 17min - 196 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Verwag die onverwagse
Sommige van ons omhels hulle, ander nie soveel nie. Min wetend hoe ernstig hulle hul werk en verantwoordelikheid as karwag ag nie. Die verantwoordelikheid om jou kar en besittings daarin te beskerm, en trots waarmee hulle oorweldig word wanneer jy na jou beskermde voertuig en besittings daarin, toe terugkeer. Die GROOTfm 90.5-span, saam met die Cosmo Group het die geleentheid aangegryp om 150 karwagte te Seën met sambrele. Om ons waardering te bewys, en bo alles, om hulle vir ‘n slag te kon beskerm – teen son en reën. ‘n Blykie van waardering van ons gemeenskap, aan ons gemeenskap, en hulle toe te rus om die onverwagse te verwag. Mag ons ons karwagte almal opnuut waardeer en omhels. Ons dankbaarheid op ‘n gepaste manier bewys, en hulle respekteer daar waar hulle in hul teer-kantore in son en reën diensbaar is.
Tue, 22 Jun 2021 - 5min - 195 - #JouMenseMyMense 9 Junie 2021
Centurion Hospice het op Werkersdag vir die 36-jarige Larami Meyer van Pretoria, wat met ‘n rare maag-karnisoom kanker gediagnoseer is, ‘n droomtroue gehou. Otto Meyer, (38) en Larami het as tieners aan die Kwaggasrand Skool in Pretoria-Wes op mekaar verlief geraak. “Ek was dertien jaar oud toe Otto my gesoen het. Dit was ook my heel eerste soen – en nou moontlik ook my laaste soen,” het Larami gesê. Larami het in Graad 10 na ‘n ander provinsie verhuis en hulle liefde moes oor gesteelde telefoonomblikke en briewe gedy. Larami is later getroud en Otto kan nooit weer die liefde van sy lewe opspoor nie. Maar hulle liefde het sowat twee jaar gelede weer op Facebook begin blom. Kort nadat hulle saam ingetrek het, het Larami siek geword. Na agtien operasies waartydens haar baarmoeder en eierstokke verwyder is, het die dokters eers verlede Desember vasgestel dat sy kanker het. Otto het, kort na dié diagnose, haar gevra om met hom te trou. Larami en Otto het nie op ‘n wittebrood gegaan nie, want sy het twee dae na die troue weer met behandeling begin. “My grootste droom voordat ek dood gaan is om op Tafelberg te staan. Ons was ook nog nooit in die stad Kaapstad nie.” GROOTfm 90.5 het met behulp van luisteraars-donasies, Nerina Smith se gratis verblyf by Smithland Guest Apartments en Pentravel wat ‘n reis-pakket saamgestel het, vir Larami en Otto met ‘n wittebrood in die mooie Kaap verras.
Mon, 07 Jun 2021 - 9min - 194 - Jou Mense My Mense- Ouma Maggie
Ouma Maggie Joubert is op die 19de Mei 1920 in Pietersburg gebore. Sy woon al vir meer as 50 jaar in Pretoria. Haar gunsteling mens nog ooit is haar oorle man! Toe ons haar vra wat sy naam was, toe se sy, sy het hom nooit op sy naam genoem nie, want hy’s haar liefling! Ouma Maggie se seun is ‘n hele klompie jare gelede oorlede, en tans vertolk Tannie Rina Smit die rol as haar versorger. Haar kleinniggie, Adinda, wat vir ons die epos gestuur het dat Ouma Maggie verjaar, het saam met haar dogter, Chene, vir Ouma ‘n spesiale psalm gesing – wat haar baie emosioneel gelaat het. Hulle het vir haar kolwyntjies gebring, en ons het haar bederf met ‘n bossie blomme en koeksisters vir middag-tee. Toe ons haar vra wat die lekkerste ding is van ouer word, toe antwoord sy: ‘Dat julle vir my kom kuier het’. Ouma Maggie, dit was ons voorreg om ‘n legende te kon ontmoet. Mag die Here Ouma Seën met goeie gesondheid! Baie geluk, Ouma, met Ouma se 100-en-eerste verjaarsdag!
Wed, 02 Jun 2021 - 3min - 193 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer staal buig
Alfreda Le Roux het staal in haar bloed, maar hierdie staal het gebuig. Voor die grendelstaat het Alfreda Le Roux ‘n suksesvolle besigheid gehad waarin sy ou klimrame koop, dit regmaak en weer vir ‘n kompeterende prys verkoop. Soos baie, het sy nie verwag die inperking gaan so groot invloed op nie net haar besigheid, maar ook op haar gemoed hê nie. Waar sy gewoonlik haar winste gebruik om nuwe voorraad te koop, moes sy dit noodgedwonge aanwend vir oorlewing. Saam met haar woon haar seun, Phillip, haar werkswinkel voorman, Pierre, en hulle verwer, Forgez. Haar besigheid het hulle almal gemaklik onderhou. Nou, lyk haar tuin dor, haar yskas is dolleeg, en haar skuld en bekommernisse oor haar insulien-voorraad wat koud gehou moet word en nie kan nie as gevolg van elektrisiteits-kostes, word meer. Sy en haar span lewe letterlik van oggend tot middag, en van middag tot aand. Sy vertel ons dat hulle vier ‘n blikkie vis tussen vier verdeel, en twee aande daarvan moet eet. Sy huil snikkend toe die GROOTfm 90.5 span vir haar kom kuier en vir haar ‘n R2 000 SPAR-geskenkbewys gee, ‘n krag-koepon om haar insulien-bekommernisse te verlig, en met haar deel dat iemand haar voertuig gratis vir haar gaan regmaak.
Tue, 25 May 2021 - 9min - 191 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Petri en sy ‘Rolls-Royce’
Ria Smit het aan ons ‘n epos gestuur waarin sy ‘n hulpkreet rig namens haar 57-jarige broer, Petri Nortje. Petri is n Tipe 1 diabeet en het in Oktober 2017 sy regterbeen verloor as gevolg van gangreen. Hy was ‘n nagskof veiligheidswag toe hy in ‘n geroeste staal-spyker getrap het. Eers was net die voet geamputeer, twee weke later het hy weer ‘n amputasie onder die knie ondergaan, en kort daarna weer ‘n amputasie van sy bobeen. Tot en met ons kuier, het Petri met ‘n leen-rolstoel klaargekom. Die wiele was al totaal verinneweer, siende dat Manger Care op ‘n growwe terrein gebou is. Petri het luidkeels gesê, ‘Wow’, en na sy nuwe ryding verwys as ‘n ‘Rolls-Royce’. Hy is baie dankbaar vir al die rolspelers wat die volgende hoofstuk in sy lewe vir hom kan vergemaklik. Hy kon nie wag om te gaan ‘brag’ by die res van die lede van die ‘Wieletjies Kamer’ nie. Petri, ons is saam met jou dankbaar! Veilige myle!
Tue, 18 May 2021 - 5min - 190 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Rochelle Lotter
Petro Lotter is ‘n enkelmamma van twee pragtige dogters – Gizelle, 9-jaar, en Rochelle, 13 maande oud. Rochelle is op 7 April 2020 gebore in Petro se suster, Ronel, se kar – tydens vlak 5 van die inperking. Klein Rochelle is gebore met PP-sindroom (Popliteal Pterygium Sydrome), wat veroorsaak dat sy ‘n haaslippie het. Hierdie sindroom het ook die ontwikkeling van haar bene affekteer, en kan sy dit op hierdie stadium nie reguit maak nie. Petro bly tans by haar ouers, en haar suster Ronel is ook baie betrokke. Die gesin het verlede jaar, na Rochelle se geboorte, ondersoek gedoen na ‘n operasie vir Rochelle, maar die staatshospitale wat hulle gekontak het, se operasies was beperk as gevolg van die pandemie. Ronel het ons gekontak en met ons gedeel wat die talle uitdagings behels. Onder meer dat Rochelle besig is om tande te sny en dat sy uit ‘n spesiale bottel moet drink – omdat haar mondjie heeltemal misvorm is. Die gesin is ook bekommerd dat die huidige toestand van haar mond later haar spraak kan affekteer en benadeel. Rochelle moet tans ma Petro se voltydse aandag geniet, aangesien sy ook glad nie op haar rug kan lê nie, en dit tot verstikking kan lei. Ma Petro kan dus nie bekostig om te werk nie, en oorleef tans op ‘n Sassa-toelaag. Sy woon by haar ouers in Grootvlei. Petro en haar ouers is ook tans beperk wat die generering van ekstra fondse betref, omdat hulle al die beskikbare fondse vir Rochelle se benodighede en basiese behoeftes gebruik word. Andrea Dos Santos, Suzanne de Beer en Dr. Sharan Naidoo is die direkteure en stigters van hierdie nie-winsgewende organisasie wat nie net fondse insamel vir operasies nie, maar ook waardevolle bewusmaking doen rondom gesplete lippe en verhemeltes. Dr. Naidoo gee sy vaardigheid en tyd pro bono en as ‘n span maak hulle ‘n vir-altyd-glimlag moontlik vir ‘n gesin wat dit andersins nie sou kon bekostig nie.
Thu, 13 May 2021 - 19min - 189 - Jou Mense My Mense Saam Met SPAR – Jakes en Anna de Vos
As jy ‘n ‘scooter’ op die N4 stoot met jou CV agterop, en jou kinders en vrou weet nie daarvan nie… Dit was ‘n baie emosionele oomblik toe Jakes de Vos met ons meedeel dat hy hierdie vanaf verlede jaar doen net nadat hy sy werk by ‘n suksesvolle kontrakteursmaatskappy verloor het – as gevolg van die inperking. Jakes de Vos en sy vrou, Anna, woon al vir die afgelope agt jaar in Jopie Fourie straat in Wolmer. Jakes moes noodgedwonge sy voertuig verkoop om vir sy gesin van 5 te sorg – drie seuns en twee dogters. Nadat hulle die voertuig verkoop het, het iemand ‘n tweede-handse ‘scooter’ aan Jakes verkoop. Die ‘scooter’ het intussen onklaar geraak. Jakes en Anna se trane lê vlak soos hulle ons met desperaatheid dog soveel nederigheid vertel waardeur hulle is. Dat hulle gedink het die Here het van hulle vergeet. Jakes het buiten die moeite wat hy doen om sy CV sigbaar te maak, ook herwinbare materiaal uit asblikke versamel, wat hy kon inruil vir geld – weereens, sonder dat sy vrou en kinders daarvan weet. Ons het na die naaste SPAR toe gery, en vir hulle kruideniersware gekoop. Hulle laaste (en enigste) ete was die vorige dag – ‘n kaas en tamatie toebroodjie. Nadat ons die kruideniersware ingedra het, het Jakes gevra of hy vir ons kan bid. Hy het vir die Here gesê: ‘Dankie dat U nie van ons vergeet het nie…Here, U weet hoe lank terug hierdie huis hierdie hoeveelheid kos gesien het. Seën hulle, mag al hulle drome waar word.’ Hierdie woorde en oomblik van dankbaarheid sal ons nooit vergeet nie.
Thu, 06 May 2021 - 21min - 188 - INTIEM ONDERHOUD 20 APR 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Fri, 30 Apr 2021 - 19min - 187 - INTIEM ONDERHOUD 18 APR 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Fri, 30 Apr 2021 - 9min - 186 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Beenaf, maar nie oor die lewe nie…
Ons het ‘n epos ontvang van Tresa Peo, waar sy om hulp vra vir haar vriendin Anne wie se been in 2020 geamputeer is. Tresa het laatweet dat sy baie met haar krukke en loopraam sukkel. Ons het vir Tannie Anne en haar man, Pieter gaan kuier. Tannie Anne en Oom Pieter Botha is al 53 jaar getroud. Die geheime woorde vir hierdie huwelik? Tannie Anne sê; ‘Dankie, Here’, en Oom Pieter; ‘Dankie’ en ‘ja’! Ons het so lekker by hulle dogter se huis gekuier, waar hulle tans woon. Tannie Anne en Oom Pieter het hulle seun 20 jaar terug aan die dood verloor, maar is vandag dankbaar vir ‘n dogter, ‘n kleindogter, en binnekort ‘n agter-kleindogter. Vier jaar gelede het Tannie Anne en Oom Pieter nog ‘n terugslag beleef met ‘n hek-ongeluk waartydens Tannie Anne haar knie vergrys het, waarna sy moes gaan vir ‘n knie-vervanging. Die herstelproses het baie goed gegaan, maar na die operasie was daar ‘n verskil in die lengte van haar bene, wat veroorsaak het dat sy haar balans telkemale kere verloor en geval het. Die gereelde val het ‘n klein skeur in haar vervangde knie veroorsaak, wat absesse begin vorm het. Nadat hulle die absesse aanhou dreineer het, is Tannie Anne met geen ander keuse gelaat as ‘n amputasie bokant haar knie.
Wed, 28 Apr 2021 - 8min - 185 - INTIEM ONDERHOUD 19 MRT 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 16min - 184 - INTIEM ONDERHOUD 25 MRT 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 15min - 183 - INTIEM ONDERHOUD 13 APR 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 18min - 182 - INTIEM ONDERHOUD 18 FEB 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 32min - 181 - INTIEM ONDERHOUD 11 FEB 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 26min - 180 - Jou Mense, My Mense saam met SPAR – Eleos sopkombuis bring Hoop, Woord en Waarheid
Ek dink aan Mattheus 4:4 wat sê: “'n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom’. Dit is presies wat by Eleos se sopkombuis gebeur. Daar is soveel meer as ‘n kospakkie en glasie koeldrank. Ons gesels met Tannie Susan Cornellius wat die sopkombuis as ‘n hawelose bygewoon het. En nou? Nou werk sy as vrywilliger daar. Sy spreek ‘n skare mismoed toe, en haar hoof boodskap: ‘Kry die Here in julle lewe! Laat Hom toe om julle te help en te inspireer.’ Estelle van Eleos is volgende aan die woord, en Sy herinner ons dat Hy vir ons almal die kruis gedra het. Dat ons betekenisvol en waardevol is. Ek vra vir almal dieselfde vra, en hulle antwoorde stem ook ooreen. Hulle almal sê met die grootste oortuiging hulle weet die Here is vir hulle lief. Dat Hy hulle nooit sal verlaat nie. Dat hulle weet hierdie is nie die lewe wat Hy vir hulle wil hê nie. Hulle weet dit alles. Hulle weet net nie hoe om hieruit te kom nie. Die skare sit nog vir ‘n rukkie onder die bome op die Nederduitse Hervormde Kerk Daspoort se terrein – en probeer alles waaraan hulle pas herinner is, in te neem. Hulle vaar weer terug na hulle omstandighede toe, met die hoop om eendag aan die anderkant van hierdie sopkombuis te staan. Mag ons mekaar aanhou herinner aan die waarheid, sodat daar uiteindelik nie plek is vir die leuen van minderwaardigheid, hopeloosheid en verwerping om te manifesteer nie.
Wed, 21 Apr 2021 - 8min - 179 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad…Vervolg!
Vir die wat op die 7de April 2021 tydens #SlatDiePad ingeskakel het, het gehoor hoe ons vertel van Hannelie van Deventer en haar dogter, Larochelle, wat in ‘n gat vasgevang is. Hulle het, voor ons besoek geen kos in hulle kaste gehad nie, ook nie genoeg elektrisiteit om in warm water te kan stort nie. Hannelie het haar hart met ons gedeel…haar verlede, en, haar hede. Dit wat haar die meeste pla, is dat sy nie volgens haar voldoende vir haar dogter kan sorg nie. Dat, al wat Larochelle so baie vir vra, ‘n lekkertjie is. Dat haar registrasiefooi as professionele suster slegs R450 kos om te hernu. Dat sy ‘n kleintjie dood het daaraan om afhanklik van ander mense te wees. Sy wil self sorg, en het al alles in haar vermoë gedoen om ‘n meer permanente werk te kry. Na die insetsel op Woensdag, 7 April, het Thys van Zyl van Everest Wealth Management ingebel en aangebied om vir Hannelie en Larochelle ‘n bedrag geld in te betaal – net om hulle weer op hulle voete te kry. Die reaksie op hierdie middag, saam met die reaksie in die volgende week, was so oorweldigend dat ons besluit het om ‘n opvolg verhaal te doen, en vir Hannelie, Larochelle, en die samaritane van Everest Wealth Management ateljee toe te nooi. Hannelie was nog nie bewus van die geborgde fondse nie…
Wed, 14 Apr 2021 - 10min - 178 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad
Hannelie van Deventer het ons met ‘n hulpkreet genader. Sy en haar 10-jarige dogter woon in Hermanstad. Op die ouderdom van 52, werk Hannelie tans 4 ure per dag en 7 dae ‘n week as ‘n tuisversorger, maar smag na iets meer permanent. Sy verdien slegs R1 000 per maand. Met hierdie inkomste moet sy haar dogter se skoolfonds, hulle kos en elektrisiteit betaal. Sy moet ook haar vervoer werk toe en terug betaal (omdat sy nie ‘n lisensie het nie). Hannelie is moedeloos, tog hoopvol. Sy doen alles wat sy kan om ‘n beter werk te kry, en is haar grootste wens om vir haar dogter te kan gee wat haar hart begeer – telkemale keer vra sy net vir ‘n lekkertjie. Hannelie het haar storie met ons gedeel. Sy is weg by haar dogter se pa nadat daar tekens van molestering was. Sy het weer getrou met ‘n liewe man, wat in Augustus 2019 oorlede is. Na sy dood, het sy hulle huis verkoop om fondse beskikbaar te hê. Hierdie fondse het stuk-stuk minder geraak, tot op die punt wat sy vir ander moes vra om hulp. Hannelie en haar dogter het sowat ‘n maand gelede laas in warm water gestort. GROOTfm 90.5 kon vir Hannelie en haar dogter warm water ‘bring’ met die hulp van ‘n anonieme skenker in die vorm van ’n elektrisiteit-bewys. Hiermee saam kon ons vir hulle ‘n geskenkbewys van SPAR ook gee. Liewe Hannelie, mag die Here jou en jou dogter beskerm en vertroos en oorweldig met Sy beloftes van ‘n lewe in oorvloed en voorspoed – saam met die gewaarwording hiervan! Mag jy as enkelmamma nooit hoop verloor nie! En mag daar vir jou en jou dogter ‘n radikale deurbraak wees!
Wed, 07 Apr 2021 - 8min - 177 - #JMMM met SPAR: Skholiwe – ‘Believe in the unseen’
In Augustus 2018 het Lindie Strydom en die span van GROOTfm 90.5, SPAR en Big Box containers – in samewerking met SA Cares for Life – ses Big Box Containers geverf met die hoop om vir ongeveer 170 kinders van die gemeenskap van Plastic View/City ‘n klaskamer te gee. Vandag, na drie jaar, vier ons die deursettingsvermoe, dryf, Dawidshart en liefde van Sanet Fagan en SA Cares for Life! Ons vier Sy woord en waarheid! Sy planne wat onstuitbaar is! Dat gee nie om hoe dor en droewig ‘n vooruitsig mag lyk nie, Sy hand en hart EN PLAN sal seëvier! Ja, die inwoners van Plastic View se omstandighede en huislike toestande is nie ideaal nie, en ons kan dit nie verander nie. Maar, ons kan hulle leer en bemagtig om dit te verander. Ons kan ‘n generasie jongmense leer dat daar vir hulle beter en meer is. Dat daar vir hulle ‘n lewe van voorspoed in oorvloed wag. Ons kan vir ‘n gemeenskap in moedeloosheid en armoede gedompel wys wat rykdom regtig beteken. Wys wat die ware omvang van Jesus se Kruisdood is. Ons kan min doen, maar ons KAN lig bring. Lig, deur Hom daargestel. So, kom ons doen dit. Nie ter wille van enigiets of enigiemand nie. Ter wille van Hom, wat ons eerste liefgehad het. Plastic View, ons vier julle nuwe skool. Ons vier elke onderwyser wat hierdie kinders met soveel passie en deernis dien. Ons vier elke ouer wat hierdie skool en die opvoedkundige geleentheid wat hulle kind gegun word, omhels. Ons vier Big Box Containers, SPAR en jou Lindie Strydom, wat destyds met hierdie projek begin het. Laaste, maar nie die minste nie, ons vier jou, Sanet Fagan en jou span van SA CARES for Life. DANKIE dat jy – met jou wapenrusting aan – bly staan en bly glo het! Vandag, kan jy dans! Ons vier Hom, wat die hoof fasiliteerder van verskilmaak is! Ons vier Hom wat jou, Sanet en span, toegerus het om ‘n gemeenskap te mobiliseer en te bemagtig om uit te styg en te floreer, soos Hy ons herinner daaraan dat ons meer as oorwinnaars is deur Hom wat ons liefhet. (Rom 8:30)
Wed, 31 Mar 2021 - 8min - 176 - #JOUMENSEMYMENSE 24 MAART
Juan Fourie is normaal gebore op 19 Maart 1992. Op die ouderdom van 2, het sy ma hom na ‘n kinderarts toe geneem wat hulle toe verwys het na ‘n spesialis dokter by die Universiteit van Pretoria. Hulle het verskeie toetse gedoen, omrede Jaun heelwat later as die ander kinders begin gesit het. Hy het ook nie gekruip nie, maar eerder gerol na waar hy wou wees. Hy het ook baie later eers begin loop. Ma Klara en die familie het vir jare lank gewonder wat makeer. ‘n Dokter van Amerika het hom toe gediagnoseer met Proteus-sindroom. Hy is tans die eerste mens in Suid-Afrika, en een van 13 in die Wêreld wat hieraan ly. Dit is bene wat oormatig groei. Hy het ongelooflik baie operasies al oorwin, net 20 hiervan was in sy ore. Daar is baie bene wat tans groei in sy oor-kanaal, wat sy gehoor aantas. Jaun dra tans ‘n gehooraparaat sodat hy beter kan hoor. Die Prosteus-sindroom veroorsaak geweldige hoofpyne, en Jaun lewe tans op pynpille. Die Fourie-gesin het ook onlangs uitgevind van 5 gewasse op sy brein. Dokters kan nie opereer of ‘n biopsie doen nie, oor die hoë risiko wat verbonde is hieraan. Hulle kan niks vir hom doen nie, behalwe om hom gemaklik te hou.
Thu, 25 Mar 2021 - 9min - 174 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Rus in vrede in MOOI
Die egpaar, Eben en Zelda Havenga, wat saam met hul twee seuns, op ‘n kleinhoewe in die omgewing van Andeon, Pretoria Wes woon, was verlede jaar in ‘n finansiële uitdaging gedompel nadat Eben sy werk as ‘n kontrakwerker in optiese vesel verloor het. Die gesin, moes hulle trots sluk en noodgedwonge vir donasies vra van vriende en familie, net om te kon oorleef. In Januarie 2021, toe die ondersteuning nie langer volhoubaar was nie – omrede almal finansieel begin sukkel het na die inperking – het Eben en Zelda geweet hulle gaan ‘n plan moet maak. Een middag, toe hulle verby Zandfontein begraafplaas ry, het Zelda gesien hoe verwaarloos die grafte lyk. Sy het aan haar man genoem dat hulle die grafte kan begin skoonmaak vir ‘n inkomste. Eben was eers huiwerig, maar na oortuiging van sy vrou, besluit hulle om voort te gaan, en boonop ook om ‘n naam vir die nuwe besigheid te gee – ‘Engele rondom ons’. ‘Engele Rondom Ons’ bied vandag ‘n reeks tuindienste – van skoon- en mooimaak, tot skoon - en mooi hou – met ‘n slagspreuk wat lui: ‘Laat die Engele help om u geliefdes se rusplekkie skoon en netjies te hou’. Vir Eben en Zelda is hierdie ‘n lekker werk. Rustig, sonder kantoor-politiek – sê hulle tong-in-die-kies. Hulle grootste wens is dat ‘Engele Rondom Ons’ sal ‘GROOT GAAN’. Hulle gesindheid is inspirerend, met die dat hulle ‘n dorre hartseer vir iemand kan inkleur.
Wed, 17 Mar 2021 - 11min - 173 - JMMM - Woensdag 10 Maart
Wikus, Adel en Jonathan Dean Rossouw woon aan die voet van die Magalies-berge, in ‘n een-vertrek hout huisie. Toe Adel swanger was met Jonathan, het sy urienweg-infeksie opgedoen, wat veroorsaak het dat Jonathan serebraal gestrem is. Hy is ‘n sterk seun met onwillekeurige bewegings, wat dit moeilik maak vir Pa Wikus om te werk. Hy moet sy vrou, Adel met Jonathan help. Hierdie gesin is gelukkig. Hulle toestande is vir baie nie ideaal nie, maar hulle sê ‘ons is nou in die bos, waar dit stresvry is’. Hulle het groot planne om inkomste te genereer, en leef tans op ‘n klein fooi wat hulle vir Jonathan se toestand ontvang. Met die inkomste, maak hulle eers seker dat Jonathan genoeg formule-melk het – die kalsium-aanvulling help met sy beendigtheid. Jonathan dra ook volwasse doeke, wat maandeliks vir ‘n groot uitgawe sorg. ‘Hoe bly mens so?’, het ons vir onsself afgevra. En besef, soos hulle hul storie deel, dat dit wat vir ons haaglik is, is vir hulle huis. Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie onder leiding van Carlene en Werner Smith, ontferm hulle oor die Rossouw-gesin. Hulle kan die gesin nie noodwendig uit hulle omstandighede haal nie, maar hulle, en ons, is in staat om hulle omstandighede te verbeter. Die GROOTfm 90.5 span het vir hulle blikkieskos en formule-melk geneem. Careson Angel het toiletware en hondekos geskenk. En veearts, Dr Amy Sawyer, het vir die honde vitamiene, ontwurmingspille en hondekos gegee. Hoekom? Want ons het ‘n verantwoordelikheid om Sy liefde uit te leef en aan almal te bewys. Aan almal, wat net soos ons, perfek geskape is, met ‘n doel. Sodat hulle ook, teenoor ander, van Sy liefde kan getuig.
Wed, 10 Mar 2021 - 10min - 172 - JMMM - Woensdag 3 Maart
Op Woensdag, 24 Februarie 2021, het GROOTfm 90.5 saam met die span van B Loved Foundation en PEN, Alpha Pharm en Pharma Valu in die middestad gaan kuier. Die jong vroue wat ons by ‘n aangewese gebou ontmoet het, is slagoffers van mensehandel. Mishandel. Misbruik. B loved foundation het vir hulle maaltye geneem. En, Alpha Pharm en Pharma Valu geskenkpakkies vol sanitere produkte wat insluit seep en lekkerruik-spuit. Die hele oggend deur spoel die gelykenis van die verlore seun in my kop. En ek glo met my hele hart, net soos die pa waarvan die gelykenis vertel, het God nie van hulle vergeet nie. Hoe kan Hy? Hierdie jong vroue is gebore vir ‘n rede. Hulle is, net soos ek en jy, perfek geskape. Hy wag vir elkeen van hulle, en klop aan ‘n gekraakte deur. Een wat net Hy kan heelmaak. Hy wag vir hulle om Hom te vind, sodat Hy hulle gebroke gees en vlees kan genees. Sodat hulle kan sien wie hulle is in Christus Jesus, as ‘n perfekte geskapene. Hierdie jong vroue, wat dalk nou in boeie van omstandighede en minderwaardigheid vasgeketting is. Ons gesels met Mamma V, ‘n Formidabele vrou met ‘n Dawidshart oor die pad wat sy stap met die vroue. Ons gesels ook met Ellen, voorheen bekend as Pinky, oor haar lewe – toe en nou. Sommige van ons kan hierdie jong vroue maklik sien as ‘n verlore gemeenskap van verlore siele. Maar, met behulp van rolspelers en Sy onstuitbare plan vir hulle, vind hulle tog mekaar. Vind hulle tog verhouding. Vind hulle uit wat die eintlike waarheid en bekenisvolheid van hulle bestaan is. Kom ons wees die rolspelers wat hulle help om gevind te word. Sodat ons uiteindelik, die kalf kan spit en hulle tuiskoms kan vier. Lukas 15:20 – ‘Die jongman het toe teruggegaan na sy pa se huis toe. Toe hy nog ’n hele ent van die huis af was, het sy pa hom herken. Hy was so bly dat hy dadelik na hom toe gehardloop het. Toe hy by sy seun kom, het hy hom omhels en hom gesoen van blydskap.’
Mon, 01 Mar 2021 - 10min - 171 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Verligting vir die Rautenbach-gesin
So tydjie terug ontvang ons ‘n epos wat lui: ‘My naam is Abbi en ek wil graag julle hulp vra. Ek het ‘n vriendin met ‘n 1-jarige baba dogtertjie. Sy werk, maar haar man is tans werkloos. Sy was al die week telkemale keer in trane, want sy kan nie vir haar dogtertjie doeke, melk, boudsalf of klere koop nie. My hart is stukkend om dit te hoor, want ons kan self nie help nie. Sy is ‘n pragtige klein lyfie en verdien soveel meer.’ Na aanleiding van hierdie epos het ons besluit om by Mamma Julia Rautenbach te gaan inloer. Ons het haar, met behulp van haar vriendinne, Abbi en Andre,a gaan verras by haar werk. Ons het ook gereël dat haar baba dogter, Leané, vir ‘n oomblik van haar kleuterskool sal verskoon word.
Mon, 22 Feb 2021 - 5min - 170 - Jou Mense My Mense- Spar Trolley Dash
Die GROOTfm 90.5 span het Vrydag, 12 Februarie, ‘n ander tipe liefde vir Valentynsdag gevier! Ons het, met behulp van die onbaatsugtige ondersteuning van SPAR, ‘n ‘Trolley Dash’ gehou ten bate van drie behoeftige kleuterskole – Abba House / Plastic View, ondersteun deur SA Cares for life, Kleintreetjies kleuterskool, en Pikanini kleuterskole, ondersteun deur Hannah Charity. Ons het by die drie ystervroue, wat aan stuur van hierdie behoeftige skole staan gaan kuier om dit wat ons omroepers binne 5 minute kon inpak, te oorhandig. Ons bring opnuut hulde aan hierdie dames – Sanet Fagan, Lizal Staander en Amanda van Biljon – so ook elkeen wat van hullself gee en opoffer om ‘n verskil te maak aan ‘n land se toekoms, deur ‘n verskil te maak aan ‘n land se kinders! Soos oud-President Nelson Mandela gese het: There can be no keener revelation of a society's soul than the way in which it treats its children.
Wed, 17 Feb 2021 - 7min - 169 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n GEE-hart ontvang soms moeilik
Norma Breytenbach (of Tannie Norma) is ‘n besonderse mens met buitengewone gee- en omgee-hart. Sy is ‘n steunpilaar in die gemeenskap, wat soms ten koste van haarself aan ander sal voorsien – dier EN mens. Haar rykdom lê nie in weelde nie, maar in liefde en diensbaarheid. In die aanneem en versorging van weggooi-honde, en in haar familie, waar sy ook tans, sonder ‘n inkomste, na haar suster omsien. Tannie Norma moes onlangs al haar juwele verkoop vir kos – onder andere haar geliefde Pa se trouring. Nie vir kos vir haarself nie, nee. Kos vir haar ‘kinders’ soos sy na hulle verwys. As iemand weet van ‘n hond wat ‘n huis soek, ‘n hond optel, of as daar ‘n hond by ‘n diereskuiling aankom en nie goed in- en aanpas nie, dan is Tannie Norma se nommer op ‘speed dial’. Sy vertel haar storie...
Wed, 03 Feb 2021 - 7min - 168 - Street Shower onderhoud 2
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Sun, 06 Dec 2020 - 10min - 167 - Street Shower onderhoud
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 01 Dec 2020 - 18min - 166 - Lientjie en Willie van der Merwe het hulle getuienis kom deel oor hulle drieling wat op 26 weke gebore is.
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Sun, 29 Nov 2020 - 25min - 165 - Jennifer gesels met Carli J Myers
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 26 Nov 2020 - 9min
Podcasts ähnlich wie #JouMenseMyMense
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Dateline NBC NBC News
- 財經一路發 News98
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- TED Talks Daily TED
- アンガールズのジャンピン[オールナイトニッポンPODCAST] ニッポン放送
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 吳淡如人生實用商學院 吳淡如
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Andere TV und Filme Podcasts
- BBC Inside Science BBC Radio 4
- Business Unusual 702
- w IT Luxoft Poland
- 947 Joburg Gems 947
- Sibuya Nawe Express Lane Ikwekwezi FM
- Planetary Radio: Space Exploration, Astronomy and Science The Planetary Society
- CrowdScience BBC World Service
- TED Radio Hour NPR
- 80 Festival Radio Company
- Acquired Ben Gilbert and David Rosenthal
- Nature Podcast Springer Nature Limited
- El Diario De UKH Siete Soles
- Metro EasyPodcast
- TED Tech TED Tech