Filtrar por gênero

Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

RSG

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

1862 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 41
0:00 / 0:00
1x
  • 1862 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 41

    Lionel probeer Manie en Ester oortuig dat Sammy dood is aan natuurlike oorsake, maar Manie wil wag vir die finale uitslag van die polisie se forensiese ondersoek. Jolene kom uit haar slaapkamer, en kuier saam met Ronel. Sy vertel haar sy en Lionel oorweeg om wel skenkerinseminasie te gebruik.

    Wed, 01 May 2024
  • 1861 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 40

    Albert sê vir Wilma hy gaan nie meer sy deel van die galery aan dominee verkoop nie, want dominee gaan nou 'n nooddiens-stasie by die kerk oopmaak. Ronel verneem Jolene is terug op die dorp, maar sy het haarself in haar slaapkamer toegesluit, en wil niemand sien nie.

    Tue, 30 Apr 2024
  • 1860 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 39

    Albert vertel vir Ester van die sportsak wat Manie in die grot saam met Sammy se lyk gevind het, maar Manie wou nie sê wat daarin is nie. Ester vra Manie uit oor die sportsak, en wil weet of hy dit vir die polisie gaan gee. Ryno verneem dominee mag voortgaan om sy aardbewingvisioene te deel.

    Mon, 29 Apr 2024
  • 1859 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 38

    Ryno en Barend besoek die brandweerstasie waar Barend foto’s van Manie se brandweer-manne neem vir sy skilderye met die aardbewing as tema. Wilma neem vir Marita na die ou kerk-museum waar sy haar vra om Albert te oortuig om nie sy aandeel in die galery aan dominee te verkoop nie.

    Fri, 26 Apr 2024
  • 1858 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 37

    Ester is ontsteld na hulle hoor dat Sammy se liggaam in die grot gevind is waar Ryno 'n seismiese lesing saam met Albert gedoen het. Albert vra Marita om met Ronel te gesels en Ronel se guns te probeer wen. Manie vra Albert om hom die grot te gaan wys waar Sammy se lyk gevind is.

    Thu, 25 Apr 2024
Mostrar mais episódios