Podcasts by Category
- 1859 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 38
Ryno en Barend besoek die brandweerstasie waar Barend foto’s van Manie se brandweer-manne neem vir sy skilderye met die aardbewing as tema. Wilma neem vir Marita na die ou kerk-museum waar sy haar vra om Albert te oortuig om nie sy aandeel in die galery aan dominee te verkoop nie.
Fri, 26 Apr 2024 - 1858 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 37
Ester is ontsteld na hulle hoor dat Sammy se liggaam in die grot gevind is waar Ryno 'n seismiese lesing saam met Albert gedoen het. Albert vra Marita om met Ronel te gesels en Ronel se guns te probeer wen. Manie vra Albert om hom die grot te gaan wys waar Sammy se lyk gevind is.
Thu, 25 Apr 2024 - 1857 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 36
Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog 'n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.
Wed, 24 Apr 2024 - 1856 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 35
Dominee Malan vra of hy Albert se aandeel in die galery kan koop. Manie loop in Marita langs die swembad vas by die gastehuis waar sy bostukloos langs die swembad sonbak, en word uit die veld geslaan. Marita en Albert mediteer langs die swembad om te besin of hulle gaan aanbly of vertrek.
Tue, 23 Apr 2024 - 1855 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 34
Ester is kwaad vir Manie omdat hy haar vermy. Manie bieg hy dink sy en Lionel is betrokke by sy pa Sammy se verdwyning. Dominee Malan repeteer saam met Barend vir sy onderhoud met die dokumentêre filmspan. Albert is bekommerd oor Ronel, en vra vir Ester om 'n woord vir hom in te sit.
Mon, 22 Apr 2024 - 1854 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 33
Ronel se pa Albert vertel haar dat hy al sy aandele in die eiendomme op die dorp aan Wilma gaan verkoop nadat hy en Marita getrou het. Hulle sal dan permanent na Mauritius verhuis. Barend is bekommerd oor die brief met die seismiese data van die aardbewing wat Ryno vir dominee Malan gegee het.
Fri, 19 Apr 2024 - 1853 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 32
Barend wil aksiefoto’s van Manie en sy manne by die brandweerstasie neem, maar Manie praat net oor sy ma en Wilma se liefde vir mekaar. Dominee Malan is bekommerd oor Wilma wat hom by die kerkraad gaan verkla het. Jolene en Lionel gaan hou vakansie by Warmwaterberg in die Karoo.
Thu, 18 Apr 2024 - 1852 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 31
Ester verras Ryno met 'n croissantontbyt, en waarsku hom dat Ronel se pa, Albert Jooste, en sy nuwe meisie, Marita Marais, vandag by die gastehuis intrek. Albert en Marita arriveer vroeër op die dorp, en hulle verras Ronel by haar restaurant. Die dorp word deur nog 'n ligte aardskudding getref.
Wed, 17 Apr 2024 - 1851 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 30
Ronel is steeds bekommerd oor Jolene wat nie reageer op haar oproepe of boodskappe nie, en oorweeg dit om deur te ry Hawston toe. Ester vertel vir Barend dat sy haar mond verby gepraat het oor haar liefde vir Wilma. Dominee Malan glo hy het die stem van bó met Ryno se seismometer opgetel.
Tue, 16 Apr 2024 - 1850 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 29
Ronel bel vir Lolly Cupido in Hawston, en verneem dat Jolene ook nie by hom opgedaag het nie. Ester vra dominee om vrede te maak met Ronel, want sy is Kaapstad toe om hom by die kerk aan te kla. Lionel vertel vir Manie hy vertrek die volgende oggend Hawston toe om Jolene te gaan soek.
Mon, 15 Apr 2024 - 1849 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 28
Wilma wil by Barend weet of hy uitgevind het hoe jy 'n klag teen dominee by die kerkraad kan indien. Ronel vra of Manie al iets van Jolene gehoor het, want sy reageer nie op haar selfoonoproepe of boodskappe nie. Barend hoor of Ryno nie met die TV-span oor dominee Malan sal gesels nie.
Fri, 12 Apr 2024 - 1848 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 27
Wilma en Ester bespiegel oor hoe om dominee Malan en sy reaksie op haar protes, te hanteer. Ryno besoek dominee om te bepaal of daar enige spirituele seine opgetel is deur die seismometer. Lionel konfronteer Ester oor Jolene wat gesê het sy is Grabouw toe, maar eintlik haar pa in Hawston soek.
Thu, 11 Apr 2024 - 1847 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 26
Barend keer terug van Kaapstad. Hy nader Manie, want hy wil 'n reeks skilderye oor brandweermanne doen. Wilma verneem by Ryno hoe sterk die ligte aardbewing die afgelope Saterdag was. Lionel glo Jolene is Kaapstad toe vir 'n werkskursus, maar sy gaan Hawston toe.
Wed, 10 Apr 2024 - 1846 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 25
Wilma Jooste en die vrouevereniging hou hulle anti-aardbewing-protes deur die dorp se strate, en word halfpad deur dominee en 'n paar van sy gemeentelede voorgekeer. Die onderonsie lei tot 'n gestry, en net as almal dink dit is verby, is daar weer 'n ligte aardbewing wat almal se gemoedere verder aanhits.
Tue, 09 Apr 2024 - 1845 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 24
Dominee Malan probeer om kaptein Jansen te oortuig om die anti-skudding-protes, wat Wilma beplan, te keer deur hulle van die straat te verban, maar hy het reeds toestemming gegee. Wilma vra vir Manie of sy brandweerwa die protesoptog Saterdag sal begelei, en hy stem in om ook deel te wees.
Mon, 08 Apr 2024 - 1844 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 23
Dominee vra Ester om vir hom gordyne vir sy slaapkamer te maak, sodat hy die stem in die nag kan vasvang op die seismometer. Jolene besluit sy gaan haar pa in Hawston soek nadat sy by Manie hoor Sammy het nooit by Lolly opgedaag nie. Ester probeer Jolene laat afsien om Hawston toe te gaan.
Fri, 05 Apr 2024 - 1843 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 22
Wilma vra vir Ronel om die optog teen die aardbewing-mania te kom ondersteun. Jolene is ook besorg omdat Sammy nie in Hawston opgedaag het nie, en vra vir Ronel om haar te help bepaal of hy wel op die bus geklim het. Hendrik probeer Wilma ompraat om nie die optog in die dorp te hou nie.
Thu, 04 Apr 2024 - 1842 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 21
Wilma Jooste keer terug van Kaapstad, en vertel vir Ester sy het besluit om nie voort te gaan met die restaurant nie. Lionel lig Manie in dat hy en Jolene mekaar weer gevind het. Wilma stel haarself voor aan Ryno, en vra hom of hy haar antiaardbewing-petisie sal teken.
Wed, 03 Apr 2024 - 1841 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 20
Dominee Malan lig die gemeentelede in dat hy weer 'n visie gehad het oor die komende aardbewing. Ryno, Jolene, Ronel en selfs Lionel woon die kerkdiens by. Ryno erken hy is net daar om Ronel weer te sien. Jolene en Lionel probeer mekaar ná die diens by die koek en tee vermy.
Tue, 02 Apr 2024 - 1840 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 19
Dominee Malan rapporteer aan Ester ná sy besoek aan Wilma en Barend in Kaapstad. Lionel laat Sammy oplaai, en bring hom polisiestasie toe vir ondervraging oor die brand wat gestig is in die ou gebou in die dorp. Manie waarsku Sammy dat hy dink Lionel wil hom ontvoer of iets aandoen.
Mon, 01 Apr 2024 - 1839 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 18
Sammy en Jolene vind dit vreemd as Ester bel en hom vir koffie nooi. Manie vertel sy ma dat dit hy is wat die aanbod op Sammy se huis gemaak het, maar Sammy weet dit nie. Ronel besoek Jolene, en vind haar in 'n baie depressiewe toestand. Sy probeer haar oortuig om bietjie weg te kom.
Thu, 28 Mar 2024 - 1838 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 17
Lionel stel homself voor aan Ryno, en vra hom om nie die dorp verder op te werk met dominee se aardbewing-stories nie. Ryno neem Ronel die berge in na 'n swempoel waar hy vir haar wys hoe sy mobiele seismometer werk. Lionel vra Ester om weer vir Sammy te ontmoet by die slawehuis.
Wed, 27 Mar 2024 - 1837 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 16
Sammy besoek Manie, en vertel hom hy het die huis vir ’n eiendomsagent gewys en dadelik 'n aanbod gekry. Manie sal moet trek. Jolene vra Ryno om verskoning dat sy haar wangedra het by die rampvergadering. Dominee Malan kom verneem of Ryno al weer enige aardtrillings opgetel het.
Tue, 26 Mar 2024 - 1836 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 15
Sammy besoek Manie by die brandweerstasie, en vertel hom hy wil die huis verkoop. Ryno eet by Ronel se restaurant, en word oorweldig deur haar kos en vriendelikheid. Sammy vertel Jolene dat hy besluit het om vir 'n ruk Hawston toe te gaan, en die huis is op die mark.
Mon, 25 Mar 2024 - 1835 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 14
Lionel konfronteer Sammy op straat, en waarsku hom dat die polisie hom sal dophou om elke hoek en draai. Dominee Malan besoek die galery, en vertel vir Ryno van die stem wat snags met hom in sy slaap praat. Sammy en Ester ontmoet mekaar in die parkie by die ou slawehuis, en hy vra haar vergifnis.
Fri, 22 Mar 2024 - 1834 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 13
Jolene raak emosioneel wanneer sy haar pa Sammy by die Warmbokkeveld-tronk gaan oplaai en huis toe neem. Ryno Fouche, die seismoloog, daag by die gastehuis op, en word deur Ester verwelkom. Ronel ondersteun Jolene met haar pa op die tuisfront, en neem vir haar beskuit wat Ester gebak het.
Thu, 21 Mar 2024 - 1833 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 12
Ester sleep Manie en Lionel uit Kallie se kroeg, en maak vir hulle 'n steak. Lionel bieg teenoor Ester dat hy daaraan dink om Sammy te ontvoer wanneer hy voet sit in hulle dorp. Ronel kla by dominee Malan oor tannie Wilma wat haar restaurant as 'n bedreiging vir Wilma se besighede sien.
Wed, 20 Mar 2024 - 1832 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 11
Manie beland by Jolene ná sy kuier by Kallie se kroeg, en sy vra hom weer of Sammy by Manie kan kom woon. Ester vra vir dominee Malan of hy klere en goed vir Wilma en Barend Kaapstad toe sal neem. Lionel dreig om van Jolene te skei indien Sammy by haar kom woon wanneer hy uit die tronk kom.
Tue, 19 Mar 2024 - 1831 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 10
Barend en Wilma word op Blouberg se strand beroof, en bevind hulleself sonder geld of motor. Jolene vra vir Manie of sy pa Sammy by hom kan oorbly, aangesien die huis nog in Sammy se naam is. Barend en Wilma probeer haar bakkie opspoor, en besef hulle sal langer in Kaapstad moet aanbly.
Mon, 18 Mar 2024 - 1830 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 9
Barend en Wilma vertrek Kaapstad toe om inkopies te doen. Wilma is ongelukkig dat hulle vir almal goed moet saambring. Lionel en Manie vind mekaar wanneer Lionel uitvind dat Manie weier dat Sammy by hom kom woon. Barend en Wilma besoek Bloubergstrand vir 'n sonsak, en word onverwags beroof.
Fri, 15 Mar 2024 - 1829 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 8
Barend gaan werk saam met Lionel Jansen sodat hy fotos kan neem vir sy skilderye en beplande uitstalling by die galery. Dominee Malan besoek Jolene, en vertel haar dat Lionel baie aggressief teenoor hom opgetree het. Hy stel voor sy kry Lionel by 'n sielkundige vir terapie.
Thu, 14 Mar 2024 - 1828 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 7
Jolene vra dominee Malan of dit 'n sonde sal wees as 'n vrou 'n ander man as spermskenker gebruik. Wilma besluit om by dominee Malan meer uit te vind oor die aardbewing, en of dit dalk wel toerisme kan help. Lionel daag op, en trap dominee Malan uit oor sy raad aan Jolene oor spermskenkers.
Wed, 13 Mar 2024 - 1827 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 6
Ester is besorg oor Jolene en Lionel wat hulle onttrek van die gemeenskap, omdat Sammy moontlik terugkom dorp toe. Wilma wil Kaapstad toe gaan om inkopies te doen, en vra vir Barend om haar te vergesel op die avontuur. Ronel verneem haar pa Albert gaan verloof raak aan sy meisie, Marita.
Tue, 12 Mar 2024 - 1826 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 5
Ronel vra raad by Barend du Preez, die kunstenaar, want sy is besorg oor haar vriendin Jolene en haar man Lionel, veral noudat Sammy Fortuin uit die tronk kom. Lionel is woedend vir Jolene omdat sy hom nie ingelig het dat haar pa op vroeë parool vrygelaat gaan word nie.
Mon, 11 Mar 2024 - 1825 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 4
Wilma vra vir Lionel om haar petisie te onderteken, maar hy wil nie betrokke raak nie. Ronel kla by Ester oor Wilma se gedrag. Sy glo Wilma is eintlik die een wat die dorp se toerisme skade aandoen. Manie praat sy mond verby, en breek die nuus aan Lionel dat Sammy Fortuin uit die tronk kom.
Fri, 08 Mar 2024 - 1824 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 3
Barend besoek dominee Malan om te probeer bepaal in watter emosionele toestand hy is oor sy vrou wat weggeloop het saam met 'n skatryk boer van Oppie Berg. Jolene vertel vir Ronel dat Lionel nie goed reageer op die voorstel dat hulle skenker-inseminasie gebruik om ‘n baba te hê nie. Ester is geskok wanneer sy by Jolene verneem haar eks-man Sammy gaan uit die tronk vrygelaat word.
Thu, 07 Mar 2024 - 1823 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 2
Wilma probeer haar niggie Ronel kry om die petisie teen dominee Malan se aardbewing-bewerings te teken. Ronel is egter opgewonde oor die aardbewing. Jolene Jansen gesels met haar man, Lionel, oor verwagtend raak, en vertel hom daar is ‘n manier wat hulle hulle droom kan waar maak.
Wed, 06 Mar 2024 - 1822 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 1
Dominee Malan skok die gemeente wanneer hy tydens die Sondagoggend-diens aankondig daar wag ‘n aardbewing erger as die een in 1969 op hulle. Wilma, die eienaar van ‘n gastehuis op die dorp, besluit om ‘n petisie op te stel om dominee te verhoed om die die dorp se toerisme skade aan te doen.
Tue, 05 Mar 2024 - 1821 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 60 (slot)
Al die tergende geheime word opgeklaar, en daar wag ‘n paar skokke op ‘n paar inwoners. Heelwat eiendomme kry nuwe eienaars. Wie is so vrygewig?
Mon, 04 Mar 2024 - 1820 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 59
Die grusame ongeluk by die vierrigtinstopstraat laat Chanel weer haar ma se dood beleef. Sy sit en tob, tot iets haar byval, iets wat haar hulp gaan laat soek. By wie? Seebult weet nie regtig wat om van Gertrude se verdwyning te maak nie. ‘n Gebeurtenis ontstel Neville hewig.
Fri, 01 Mar 2024 - 1819 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 58
Lappies en Louis weet nie vorentoe of agtertoe nie. Celeste en Janice doen nabetragting van Celeste se onbesonne daad. Sarel se briewe is die middelpunt van belangstelling. Gertrude beleef ‘n nagmerrie van epiese proporsies. Janice maak planne en tree daadwerklik op.
Thu, 29 Feb 2024 - 1818 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 57
Twee motors, elk met twee passasiers daarin, vertrek amper presies op dieselfde tyd na verskillende bestemmings. Wie ry waarheen om wat te doen? Wie het met die stootskraper die skeepstrommel uit die grond gelig? ‘n Gebeurtenis skok Seebult.
Wed, 28 Feb 2024 - 1817 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 56
Chanel worstel opnuut oor wie haar biologiese pa kan wees. Sy weet wie dit beslis nie is nie. Wie soek ‘n nuwe kantoor? Lappies moet twee dae afvat om Gertrude te help. Wat is op die agenda?
Tue, 27 Feb 2024 - 1816 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 55
Chanel skrik haar amper in ‘n ander bloedgroep in, en sy vlug vir haar lewe. Sy is boos verby, en hou niks terug nie. Sy sê haar sê. By wie soek sy troos? Johnny is op die oorlogspad. Gewapen met nuwe inligting, maak hy die lewe moeilik vir Gertrude.
Mon, 26 Feb 2024 - 1815 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 54
Neville speel sy troefkaart. Wie loop mekaar voor die polisiestasie raak? Chanel vind uit wie die vorige Donderdag in die Seebult Hotel ingeboek het, en die gort is gaar. Sy speel speurder, en maak ‘n skokkende ontdekking.
Fri, 23 Feb 2024 - 1814 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 53
Die skeepstrommel het Seebult aan die gons. Johnny Morkel is geskok, en hy skryf ‘n artikel wat Seebult ruk. Die vraag word gevra of dit feite of persoonlike aannames is? Celeste het nuus oor die maatskappy wat in haar naam opgerig is. Louis waag dit weer naby Gertrude, met slegte gevolge.
Thu, 22 Feb 2024 - 1813 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 52
Iets in Karel se bakkie pla Lappies. Chanel ry Dolfynbaai toe ná ‘n openhartige gesprek met Louis. Sy verras hom met ‘n brokkie interessante nuus. ‘n Stootskraper sorg vir pandemonium die oggend vroeg voor Koffiekamer, met skokkende nagevolge.
Wed, 21 Feb 2024 - 1812 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 51
Die moord op Servaas Serfontein is weer warm in die nuus. Iemand besoek weer Seebult, en dit gee aanleiding tot ongemak en baie vrae. Neville kan nie sake net so los nie. Celeste word met inligting gekonfronteer, wat haar tot in haar fondamente ruk.
Tue, 20 Feb 2024 - 1811 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 50
Die naskokke van die naweek se gebeure in Dolfynbaai word in verskillende huishoudings bespreek en beleef. Lappies kry ‘n onverwagse besoek én versoek. Die moeilike sersant besluit dis tyd om iemand polisiestasie toe te laat kom.
Mon, 19 Feb 2024 - 1810 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 49
Die spoggerige nuwe vakansieoord in Dolfynbaai word ‘n naweek van absolute drama. Niemand het dié gebeure sien kom nie. Wie boek almal in vir die naweek in die oord? Wat skud Chanel tot in haar fondamente?
Fri, 16 Feb 2024 - 1809 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 48
Wie doen kruie-inspeksie? Beide Gertrude en Neville doen inderhaas vernuftige voetwerk om die polisie van hulle voordeure af weg te hou. Vir wie doen Johanna reisbesprekings? Wat soek die ambulans in Hibiscus?
Thu, 15 Feb 2024 - 1808 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 47
Chanel kry Louis voor stok. Hy besef hy kan nie langer ‘n sekere gesprek uitstel nie. Neville soek hulp. Wie raak soek? Gertrude kry ‘n onverwagse besoek met skokkende nuus.
Wed, 14 Feb 2024 - 1807 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 46
Louis kry ‘n besoek van iemand, wat hom gooi. Wie kry die braaikompetisie weer op dreef? Wie borg die wenprys? Johnny kry nuttige inligting vir ‘n koerantstorie. Kort voor lank kry Johnny sowaar nog inligting vir nog ‘n koerantstorie.
Tue, 13 Feb 2024 - 1806 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 45
Neville is duidelik op die oorlogspad. Hy konfronteer Celeste, en sy is stom. Celeste besluit sy moet iemand in haar vertroue neem. Wie word onverwags vir ete genooi? Gertrude neem ‘n besluit wat skokgolwe veroorsaak.
Mon, 12 Feb 2024 - 1805 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 44
Met wie deel Janice haar ervaring in Witkareevlei? Chanel kry uiteindelik die terugvoer waarvoor sy so lank wag. Sy kry egter ook ‘n paar snaakse navrae. Wie ontvang onverwags ‘n aardige bedrag geld? Waarvoor? ‘n Sleutel sorg vir vrae.
Fri, 09 Feb 2024 - 1804 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 43
Seebult is geskok. Waaroor gons die dorp? Chanel druk Louis in ‘n blik. Dis die meeste mense vir wie Lappies op een aand nog moes braai, maar die kuiergaste gesels nie oor braaivleis nie. Waar daag die polisie met ‘n lasbrief op?
Thu, 08 Feb 2024 - 1803 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 42
Waarheen ry Louis en Chanel hierdie keer? Gertrude doen iets wat Jonanna toetentaal onkant betrap. Wie nooi Lappies vir ete? Wat gebeur? Janice se kragdadige optrede verras Johnny. Die drama in Kruie-oase kry ‘n nuwe hoofstuk by.
Wed, 07 Feb 2024 - 1802 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 41
Janice se verdwyning uit Seebult maak meer mense bekommerd. Louis ry saam met Chanel. Waarheen? Wat gebeur? Wie kuier almal in ‘n Italiaanse restaurant? Wie slaan almal in Witkareevlei uit? Wat gebeur alles in die Noord-Kaapse dorpie? Seebult word geskud.
Tue, 06 Feb 2024 - 1801 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 40
‘n Foto bevestig Gertrude se weergawe van gebeure. Lappies help Johanna, en hulle ontdek ‘n valdeur. Iemand in Seebult help ongetwyfeld vir Felix Frost. Dis duidelik die man is vasberade om sy sin te kry, al kos dit wat.
Mon, 05 Feb 2024 - 1800 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 39
Janice is ‘n emosionele wrak. Almal om haar ontgeld dit. Johnny en Celeste besluit op Plan B. Terwyl Celeste in Kaapstad rondskarrel, ry Johnny Pretoria toe, maar Felix Frost sit ook nie stil nie. Hy maak sy volgende skuif, en dit maak seer.
Fri, 02 Feb 2024 - 1799 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 38
Die polisie vind gou uit hoe die bakkie aan die brand gesteek is. Chanel is nie op haar mond geval nie. Sy sê ’n ding soos dit is. Die liefdesdriehoek van desjare kom aan die lig. Wie was almal betrokke? Lappies kan nie langer uitstel nie, hy moet ‘n afspraak maak. Wat gebeur?
Thu, 01 Feb 2024 - 1798 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 37
Celeste swig onder innerlike druk, en besluit om die grootste skok van haar lewe aan te gee vir iemand. Vir wie? Chanel word Johanna se afgevaardigde. Waar moet sy oral opdraf? Louis kry ‘n paar onverwagse besoeke en verrassings.
Wed, 31 Jan 2024 - 1797 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 36
Dit lyk amper soos die perfekte klub vir oujongnooiens wat uiteet, maar daar is ‘n gewigte saak op die tafel. Johnny wil weet of sy artikel in die kol is. Dis nie al wat op sy spyskaart vir die Sondag is nie. Uiteindelik skraap hy al sy moed bymekaar vir ’n gesprek, wat hy al vir ‘n week lank uitstel.
Tue, 30 Jan 2024 - 1796 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 35
Dis ‘n heuglike Saterdag in die geskiedenis van Seebult. Johnny se fotograaf is byderhand om die opening van Koffiekamer en Reisgogga op film te verewig. Maar dis tog of Neville eerder met ‘n suur as vrolike gesig rondstap. Wat pla hom? Wie daag almal op vir die groot geleentheid?
Mon, 29 Jan 2024 - 1795 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 34Fri, 26 Jan 2024
- 1794 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 33Thu, 25 Jan 2024
- 1793 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 32Wed, 24 Jan 2024
- 1792 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 31Tue, 23 Jan 2024
- 1791 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 30Mon, 22 Jan 2024
- 1790 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 29Fri, 19 Jan 2024
- 1789 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 28Thu, 18 Jan 2024
- 1788 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 27Wed, 17 Jan 2024
- 1787 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 26Tue, 16 Jan 2024
- 1786 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 25Mon, 15 Jan 2024
- 1785 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 24Fri, 12 Jan 2024
- 1784 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 23Thu, 11 Jan 2024
- 1783 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 22Wed, 10 Jan 2024
- 1782 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 21
Louis en Lappies sit koppe bymekaar, ontleed wat besig is om te gebeur en hoe dit hulle raak. Gertrude skop af om die trust te bemark, en sy is aangenaam verras wie eerste opdaag om ‘n skenking te maak. Wie kom sit ‘n hand by? Die verlede bly knaag aan Johanna. Wie word verras met ‘n ete-uitnodiging en ‘n baie interessante voorstel?
Tue, 09 Jan 2024 - 1781 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 20Mon, 08 Jan 2024
- 1780 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 19Fri, 05 Jan 2024
- 1779 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 18Thu, 04 Jan 2024
- 1778 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 17Wed, 03 Jan 2024
- 1777 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 16Tue, 02 Jan 2024
- 1776 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 15
Louis en sy skoonma is soos olie en water - hulle meng nie. Dis of hulle die skerpkant uit mekaar na vore bring. Gertrude kan haar skoonseun nie genoeg die leviete voorlees nie. Louis neem ‘n besluit. Chanel kry ‘n aanbod wat die wind uit haar seile neem. Celeste se groot naweek breek aan, en sy is erg opgewonde.
Mon, 01 Jan 2024 - 1775 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 14Fri, 29 Dec 2023
- 1774 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 13Thu, 28 Dec 2023
- 1773 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 12Wed, 27 Dec 2023
- 1772 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 11Tue, 26 Dec 2023
- 1771 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 10Fri, 22 Dec 2023
- 1770 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 9Thu, 21 Dec 2023
- 1769 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 8Wed, 20 Dec 2023
- 1768 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 7Tue, 19 Dec 2023
- 1767 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 6Mon, 18 Dec 2023
- 1766 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 5Fri, 15 Dec 2023
- 1765 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 4Thu, 14 Dec 2023
- 1764 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 3
Buitelandse toeriste loop nie by die Kruie-oase op Seebult verby nie. Seebult slaag ‘n sug van verligting as Johanna van Wyk opdaag en weer Kruie-oase se deure oopmaak. Sy word bygestaan deur Chanel de Villiers. Die redakteur van die Seebultnuus, Johnny Morkel, dink dis ’n lekker storie, en krap waar dit nie jeuk nie.
Wed, 13 Dec 2023 - 1763 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 2Tue, 12 Dec 2023
- 1762 - KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 1Mon, 11 Dec 2023
- 1761 - DOR deur Anton Treurnich - Episode 60 (Slot)
Die bom ontplof, en helfte van die parlement word verswelg in water en rommel. Die wêreld weet wat met die water gebeur. Nou moet Mia, Ruby en Rikus probeer wegkom. Max en Rachel het niks meer om te verloor nie. Nou is dit haat en wraak wat hulle dryf. Caleb staan in hulle pad… wie sal hierdie ronde wen? Sal Mia die vliegtuig kan haal na haar kinders toe, en wat sal van Rikus word?
Fri, 08 Dec 2023 - 1760 - DOR deur Anton Treurnich - Episode 59
Mia, Rikus en Rugby moet van die Kasteel af, onder Kaapstad, in die waterkanale in. Van hier sal hulle tot onder die parlement kan kom. Rachel en Max is nie ver agter hulle nie, en sal alles moontlik doen om die waterterroriste se plan te stop.
Thu, 07 Dec 2023
Podcasts similar to Middagvervolgverhaal
- classicnl classicnl
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Case Notes Global
- David Walliams' Marvellous Musical Podcast Global
- Dateline NBC NBC News
- 財經一路發 News98
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- アンガールズのジャンピン[オールナイトニッポンPODCAST] ニッポン放送
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Other Arts Podcasts
- Radioteater RSG
- DEEP HOUSE LOUNGE - EXCLUSIVE DEEP HOUSE MUSIC PODCAST Bryon Stout: deep house music guru
- Kortom RSG
- David Guetta David Guetta
- iCaela: Classical Piano Caela (helped by Rory O'Reilly)
- Lunch with Pippa Hudson CapeTalk
- The Archers BBC Radio 4
- Detective OTR Old Time Radio DVD
- OSEMSAMO LIMPHOSA EMNYANGO Ikwekwezi FM
- Einschlafen Podcast Toby Baier
- Contemporary Piano Music Tandy Venice
- Emthonjeni Ikwekwezi FM
- Heart to Heart Leena Kewlani
- Hip Hop Beatriz Laguna
- Nongcebo McKenzie: The Podcast Nongcebo Vukile McKenzie
- Vir Afrikaans Met Sezoe! William Sezoe
- Tsonga Mukololo Sanelisiwe Mabhena
- Jazz Education Corner MB Trombone
- Bible 101 - Through the Bible Truth Tabernacle
- Reggae-Hour B.O.S.S. Radio