Filtrer par genre
Dis hier waar jy hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan – ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Hulle is Mevrou Mevrou!
- 18 - Mevrou se blou bloed bieg
Die Mevrouens bieg hulle was ook – net soos die res van die wêreld - vas gevang in die dramatiese verwikkelings van die Britse koninklike familie. Met die pinkies in die lug en die tee wat nie uit die koppie mors nie, vra dié twee ook nederig om verskoning oor al die ure wat hulle op sosiale media spandeer het met die teorieë oor wat aangaan agter die paleis deure. En daarmee saam, vloed die herinnerings in toe Gerda de Sousa en Dianne Broodryk voor die TV gesit en wag het vir Prinses Diana om met haar trourok uit die koets te klim …….
Thu, 28 Mar 2024 - 27min - 17 - Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'
Dis met skok dat die Mevrouens besef hulle gunsteling grootword jare, was vier dekades terug! Daai dae van hare klits en ‘perm’, die plakkate teen die kamermuur, die groot oorbelle en baie pienk grimering, voel soos nou die dag. En hulle ken dan steeds al die woorde van al die treffers van 80’s! In hierdie episode van Mevrou Mevrou, dink Gerda de Sousa en Dianne Broodryk met nostalgie terug aan die onskuldige dae van hulle skool jare, toe musiek alles was en die prys van haarprodukte hulle grootste probleem ….
Mon, 04 Mar 2024 - 29min - 16 - Mevrou krap, waar dit voorheen nie gejeuk het nie
Die een oomblik het Mevrou nog in die branders baljaar en die volgende oomblik het haar Desember vakansie in een ontaard met ‘n allergiese reaksie. Sy moet nou die realiteit in die gesig staar dat sy moontlik allergies geraak het vir skulpvis – een van haar gunsteling disse. In hierdie episode van Mevrou Mevrou, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk hoekom mens nie eerder allergies kan raak vir iets wat jou dwars in die krop steek nie …….
Tue, 27 Feb 2024 - 23min - 15 - Mevrou, dáái soen en ‘n movie
Dis die maand van liefde en die Mevrouens wil nou nie uit voel nie. Hulle moet egter toegee dat Valentyns Dag nie juis die hoogtepunt van hulle liefdeslewe is nie, na meer as 20 jaar van getroude lewe. Maar dit beteken nie die liefde is ‘n uitgebluste vlam in hierdie twee se huise nie. In hierdie episode van Mevrou Mevrou laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die wange weer bloos soos wat hulle onthou waar dit als begin het ……
Mon, 19 Feb 2024 - 25min - 14 - Mevrou sit Krismis mis
Die Mevrouens besef Kersfees is op ons, maar dit beteken nie dat hulle so heeltemal op Kersfees is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besef dat daar min dae is om die Kersfees gees te vang en alles te doen wat op die prioriteits lys is. Maar tussen dié twee en die fees seisoen is daar ‘n groot lê gat – waar ‘n Kersboom veronderstel is om in goud te staan en pronk. In hierdie spesiale episode van Mevrou Mevrou, is dit ‘n gespook en spartel om die Kersfees liggies aan die brand te kry…. Die musiek aan die begin van die episode: Deck the Halls B by Kevin MacLeod http://incompetech.com Creative Commons — Attribution 4.0 International — CC BY 4.0 Free Download / Stream: https://bit.ly/deck-the-halls-b Music promoted by Audio Library • Deck the Halls B – Kevin MacLeod (No ...
Mon, 18 Dec 2023 - 19min - 13 - Mevrou looi 'n plooi
Om te spuit, of nie te spuit nie … dít is die gewigtige vraag wat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk oorweeg, want ‘n vullertjie hier en ‘n plukkie of ‘n pompie daar is klaarblyklik deesdae ook glad nie meer ‘n skande nie. Dis nou nie asof iemand hulle direk in die gesig gevat het nie, maar die Mevrouens is nie dom nie – hulle kan mos tussen die lyne lees. In die laaste episode van dié reeks van Mevrou Mevrou, wonder die Mevrouens of hulle die botox bus gemis het, en of daar nog tyd is om vas te byt vir ‘n spuit …….
Mon, 22 May 2023 - 23min - 12 - Mevrou het krag nodig om die toilet te trek
Geen Mevrou se lewe is volmaak as daar nie ten minste een keer ‘n dag oor beurtkrag gekla kan word nie. Dit klink deesdae al hoe meer idillies om te kan lewe sonder ‘n tradisionele Eskom krag aansluiting en om nie meer hartkloppings te hoef kry as die nuwe beurtkrag probleme op die buurt se Whatsapp groepie deurkom nie. In episode 11 van Mevrou Mevrou, vertel Gerda de Sousa van ‘n lewe sonder ‘n krag aansluiting en ‘n daaglikse beurtkrag skedule, en Dianne Broodryk erken sy soek nie krag om te stryk nie….
Tue, 16 May 2023 - 22min - 11 - Mevrou se Gebed word verhoor
Almal is skelms! Niemand gee meer ‘n flenter om vir iemand anders nie … dit voel soms so, maar is dit nie lekker as die teendeel gebeur nie? Dit klink amper te goed om waar te wees, maar hierdie Mevrouens het dit eerste-hands beleef. In episode 10 van Mevrou Mevrou, deel Gerda de Sousa en Dianne Broodryk presies so ‘n storie toe 'n vreemdeling gehelp het om 'n vermiste selfoon terug te kry ….
Tue, 09 May 2023 - 20min - 10 - Mevrou en die 18 somers
‘n Kinder partytjie is nie speletjies nie, al is dit juis wat dit veronderstel is om te wees. Die Mevrouens is natuurlik kenners oor hoe om die perfekte verjaarsdag partytjie te reël. Maar 2023 is ‘n tameletjie van ‘n verjaarsdag jaar, want die kinders is nou ouer, partytjies is nie meer die in-ding nie en ewe skielik slaan die realiteit van oud word baie hard. In episode 9 van Mevrou Mevrou, bekla Gerda de Sousa en Dianne Broodryk hulle lot en heimwee terwyl hulle maar alleen sit en die kersies op hulle kinders se verjaarsdag koeke uitblaas ...
Tue, 02 May 2023 - 21min - 9 - Mevrou en die P vir Pot-holle
Ons weet almal van die slaggate wat sommer oornag op ons gereelde paaie inval – veral na ‘n lekker reënbui. Die Mevrouens is parrate bestuurders en word nie sommer gevang nie. Maar, wragtig – daai een oggend voor son-op, net om die draai van die werk af, tref Mevrou die gewraakte pothol. Die beskadigde wiel moet af en die ‘biscuit’-wielietjie moet op.In episode 8 van Mevrou Mevrou, deel Gerda de Sousa al die drama, skade en lesse van haar slaggat-insident met Dianne Broodryk.
Mon, 24 Apr 2023 - 11min - 8 - Mevrou se mannewales in Johannesburg
Daar was ‘n paar jaar wat die Mevrouens die strate van Johannesburg oorgevat en seker gemaak het hulle eet en drink na hartelus, partykeer selfs óp die tafel in plaas van áán tafel. Dit was toe die Mevrouens altwee in Joburg gewerk en net ‘n paar deure van mekaar af gebly het. In episode 6 van Mevrou Mevrou onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die jare toe hulle ‘n hele salaris op een paar skoene spandeer – en geleer het hoe om die perfekte aartappel slaai te maak …….
Mon, 17 Apr 2023 - 24min - 7 - Mevrou se tande agter tralies
Dit het langer gevat as om te kraam – en Mevrou het nie eers ‘n nuwe baba om daarvoor te wys nie. ‘n Halwe dag in die ortodontis se stoel en nou sit Mevrou met ‘n mondvol draadjies, haar tande letterlik agter tralies. In die sesde episode van Mevrou Mevrou, kla Dianne Broodryk dat sy nou moet biltong suig, terwyl Gerda de Sousa wil weet in watter kleur die mond rekkies kom …….
Mon, 10 Apr 2023 - 12min - 6 - Mevrou kwas die erf kas
Mevrou het besluit dat die eetkamer kas, waarmee sy groot geword het, nou ‘n ander kleur moet kom. Die kwas gier het Mevrou ook gebyt. Maar mag mens die blik verf leeg maak op enige erfstuk? In die vyfde episode van Mevrou Mevrou, skraap Gerda de Sousa vir Dianne Broodryk nader om te kom help verf aan ‘n ou kas wat sy by haar ma gekry het en nou met die tyd saam wil verander ……
Mon, 03 Apr 2023 - 10min - 5 - Mevrou word gevonnis
Nes jy dink jy het nou al alles gesien, gehoor en beleef … dan slat hy jou van ‘n kant wat jy nooit verwag het nie! Mevrou se besoek aan die tandarts eindig in ‘n 12 tot 16 maande vonnis: Draadjies! In die vierde episode van “Mevrou Mevrou”, onthul Dianne Broodryk aan Gerda de Sousa dat sy binnkort nie meer Sannie Se Sewe Sakke Sout sal kan sê nie.
Mon, 27 Mar 2023 - 11min - 4 - Mevrou pak af oor sy moet oppak
Hierdie episode kom met ‘n waarskuwing – Mevrou huil en lag op dieselfde tyd, dis ‘n emosionele tuimel trein! Mevrou pak bokse, meubels en klere – hulle trek. In die derde episode van “Mevrou Mevrou”, bars Gerda de Sousa sommer in trane uit terwyl sy vir Dianne Broodryk vertel van haar frustrasies toe hulle van een buurt na ‘n ander getrek het ...
Mon, 13 Mar 2023 - 11min - 3 - Mevrou vang ‘n gevaar op die pad
Mevrou gaan net “gou-gou eiers koop om die poeding klaar te bak”. Die volgende oomblik bars ‘n kar oor die stopstraat – skraap die nommerplaat skoon van die neus van Mevrou se kar af – en jaag weg. “Hierdie b!*%&em gaan nie hiermee wegkom nie!” In die tweede episode van “Mevrou Mevrou”, vertel Dianne Broodryk vir Gerda de Sousa hoe ‘n Mevrou vol adrenalien, ‘n gevaar op die pad gestop het.
Tue, 07 Mar 2023 - 13min - 2 - Mevrou verbreek die 11de gebod
Mevrou het ‘n dilemma … mag ‘n mens foto’s opskeur? Nie ál die foto’s nie, maar daai oues wat jy nog gehou het vir wie-weet-hoekom en wie-weet-wie. Foto’s waarop jy niemand meer herken nie op plekke wat jy nie meer kan onthou nie. Die een Mevrou wil net skeur, die ander Mevrou lig ‘n wenkbrou.
Mon, 27 Feb 2023 - 11min - 1 - Mevrou Mevrou (Trailer)
Maak reg om te hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan. Van 28 Februarie 2023 bring Gerda de Sousa en Dianne Broodryk jou ‘n weeklike dosis van hardop lag, lang trane huil, vra vir genade en pleit vir geduld. Dié twee bekende stemme van Jacaranda FM gaan praat oor hulle elke dag dinge in dié splinternuwe en oorspronklike podgooi. Soos hulle sê ….. Mevrou My Nou!
Mon, 27 Feb 2023 - 0min
Podcasts similaires à Mevrou Mevrou
- Conversations ABC listen
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Dateline NBC NBC News
- 財經一路發 News98
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- アンガールズのジャンピン[オールナイトニッポンPODCAST] ニッポン放送
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 吳淡如人生實用商學院 吳淡如
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR