Filtrar por gênero

Spektrum

Spektrum

RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

1921 - Spektrum 30 April 2024
0:00 / 0:00
1x
  • 1921 - Spektrum 30 April 2024

    Die brand in die Porterville-gebied in die Wes-Kaap woed voort. Kenners meen die implementering van gebaretaal as landstaal, sal tydens die algemene verkiesing getoets word. Organisasies vra die Gautengse Gesondheidsdepartement om geld te bestee, wat begroot is vir kankerbehandeling.

    Tue, 30 Apr 2024
  • 1920 - Spektrum 29 April 2024

    Die egtheid van handtekeninge wat onverteenwoordigde politieke partye by die OVK ingedien het, is in die kollig. Mediaorganisasies soek klarigheid oor die Staatsveiligheidsagentskap, wat glo weer 'n sekerheidsklaring wil doen op die SAUK se nuushoof, Moshoeshoe Monare. Ons fokus op die rol van die Afrikanerminderheid by die Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika.

    Mon, 29 Apr 2024
  • 1919 - Spektrum 26 April 2024

    Die DA het groot planne om werk te skep. Nóg 'n munisipaliteit in Mpumalanga word skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur. Eskom het bykans R65 miljard oor die afgelope vyf jaar aan diesel bestee om die ligte aan te hou. Die Magalies Waterraad stel sy plan bekend om watervoorsiening in Rustenburg te verbeter. Ons fokus op die veranderinge in die landbousektor oor die afgelope 30 jaar.

    Fri, 26 Apr 2024
  • 1918 - Spektrum 25 April 2024

    Die Nasionale Vervolgingsgesag sê meer politieke druk moet toegepas word vir die uitlewering van die Gupta-broers. Die departement van hoër onderwys waarsku ongeakkrediteerde tersiêre instellings teen die uitreik van eredoktorsgrade. Die Wêreld Handelsorganisasie het nog nie Suid-Afrika se dispuut oor die streng swartvlekregulasies vir sitrusvrugte aangehoor nie. Ons vind uit waar dié proses staan.

    Thu, 25 Apr 2024
  • 1917 - Spektrum 24 April 2024

    In die vyfde van 'n reeks verkiesingsdebatte, fokus ons op Gauteng. Vyf van die provinsie se grootste partye neem deel: die ANC, die EFF, Action SA, die DA, en die Vryheidsfront Plus.

    Wed, 24 Apr 2024
Mostrar mais episódios