Nach Genre filtern

God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

1195 - Wie se Fout is Dit?
0:00 / 0:00
1x
  • 1195 - Wie se Fout is Dit?

    Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor. 

    Ek het al 'n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede.

    Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verkeerd was; om te erken dat ons houding en ons optrede vir onsself, en vir ander, groot pyn veroorsaak het. "Ek was verkeerd," is een van die moeilikste en pynlikste dinge om aan onsself te erken, en dis nog baie moeiliker om dit teenoor ander te bely.

    Dit is baie makliker om iemand anders te blameer. En weet jy dit is so maklik om God te blameer, dit is mos net logies, want Hy is tog in beheer van alles. Here, hoekom het U dit laat gebeur? Hoekom het U my nie gewaarsku nie? Hoe kon U my toelaat om so 'n gemors van dinge te maak?

    Dit maak tog sin. Ja, ons mense blameer Hom vir ons ellende  -selfs net deur sulke vrae te vra. Kom ons kyk wat Salomo met sy goddelike wysheid oor hierdie hele blameer-ander-speletjie gesê het:

    Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.

    Of, as jy na 'n meer letterlike vertaling van die oorspronklike Hebreeuse teks wil kyk … Sy eie dwaasheid bring 'n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here.

    Kyk, God is 'n onwankelbare God en Hy gaan nie van sy troon afval, wanneer ons Hom blameer vir iets waaraan ons skuldig is nie. En wanneer ons uiteindelik tot ons sinne kom, is Hy getrou. Hy sal ons vergewe. Maar kom ons word wys, kom ons kom tot ons sinne voordat ons God die skuld wil gee.

    Die gevolge van die dom dinge wat ons doen, is nie God se skuld nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Wed, 15 May 2024
  • 1194 - Hoe om God Te Eer

    1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV) 

    Mense doen deesdae 'n paar vreemde goed met hulle lywe. Hulle deurboor dit op baie vreemde plekke, laat hulle tatoeëer, tooi hulself op, pronk met hulle lywe en gee hulle oor aan onsedelikheid. Nouja wat is die storie hier?

    Wel, jy kan dalk vir my sê, Berni wag net 'n oomblik. Ek het tattoos. Sê jy dit is verkeerd? Ek het gate in my ore, en neus, en mond, is dit verkeerd? Ek hou daarvan om op my beste te lyk, dit kan sekerlik nie verkeerd wees nie? Ek het 'n prominente prediker, nadat sy 'n ontrimpelingsoperasie gehad het, hoor sê dit is my liggaam, ek kan daarmee doen wat ek wil. 

    Maar hier is my vraag. As jy 'n Christen is, as jy Jesus passievol wil volg ... is dit regtig jou eie liggaam?

    1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.(NLV)

    Die apostel Paulus het dit aan die Korintiese kerk geskryf om hulle oor hulle seksuele onsedelikheid te vermaan. Wat was sy argument? Jy besit nie jou liggaam nie, want as jy besluit het om Jesus te volg; as jy sy gratis gawe van barmhartigheid en genade; van vergifnis en die ewige lewe aanvaar het, dan is jy teen 'n baie groot prys uit jou slawerny van sonde gekoop. Ja, die prys was die dood van Jesus, die Seun van God, wat aan die Kruis moes sterf.

    My doelwit is nie om iemand vir daardie tatoeëermerk, of gaatjies, of wat ook al, te veroordeel nie. My punt is dit: dink mooi wanneer jy besluit wat jy aan jou liggaam doen. Onthou, dit is nie jou eie nie. Jy is duur gekoop, verheerlik daarom vir God met jou liggaam.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Tue, 14 May 2024
  • 1193 - Die Strik van Rykdom

    Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. 

    Is dit eerbaar of oneerbaar vir 'n belydende Christen om 'n gerieflike neseier vir hul aftrede te spaar, terwyl daar nog soveel mense dwarsdeur die wêreld is wat honger ly en baie mense in ons eie land, wat op straat woon?

    Dit is nogal 'n verwarrende vraag, omdat die sosio-ekonomiese omstandighede van mense regoor die wêreld - mense wat vandag se VARS boodskappe in hul eie taal kyk, luister of lees - so dramaties verskil.

    Ek onthou dat een van my dosente in die Bybelkollege lank gelede gesê het dat as dit nie vir alle mense; rykes en armes, swartes en wittes werk nie … dan is dit nie die Evangelie nie. En ek stem saam. Nouja, wat moet die rykes met hul rykdom doen?

    Jesus het ons aan die eenkant geleer om nie vir onsself skatte op hierdie aarde bymekaar te maak waar roes en mot dit kan vernietig en diewe dit kan steel nie, maar eerder om skatte in die hemel bymekaar te maak, waar dit nie verlore kan gaan nie. 

    Aan die ander kant lyk dit tog na 'n verantwoordelike ding om te doen om 'n bietjie spaargeld te hê wanneer ons ouer word, om aan ons behoeftes te voorsien. Die Bybel praat dikwels van harde werk, maar ook van spaar. Of jy nou baie ryk is of nie, kyk wat staan in:

    Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.

    Trots is ‘n baie gevaarlike strik van rykdom. Wat jy ook al het, kom van die Here af. En een van die maniere om daardie strik te vermy, is om vir jouself skatte in die hemel bymekaar te maak. Dit beteken om te gee - nie net uit jou surplus nie - maar radikaal en mildelik.

    Moet nooit vir jouself sê: Ek het al hierdie rykdom deur my eie krag en vermoë gekry nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Mon, 13 May 2024
  • 1192 - Hartseer wat tot Verlossing Lei

    2 Korintiërs 7:9,10Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV) 

    Hartseer is nie iets wat ons onsself ooit sal toewens nie. Hoekom sou ons? Maar wag ‘n bietjie, kan ek vir jou sê dat daar een soort hartseer is wat God wil hê ons moet ervaar; omdat dit eintlik … goed vir ons is?

    Die lewe het sy hoogtepunte en laagtepunte. Een van hulle wat ons diep in ‘n put laat gaan sit, is wanneer iemand ons skerp kritiseer; wanneer hulle iets uitwys wat ons liewer nie wou hê hulle moet nie; en erger nog, wanneer ons besef dat hulle honderd persent korrek is. Ewe skielik sien ons hoe dom ons was, hoeveel skade ons aangerig het … Ons sien die gevolge van ons houdings en optrede. Dis 'n verskriklike gevoel.

    Dit is juis daardie gevoel wat die apostel Paulus in sy briewe aan sy vriende in Korinte aanspreek. Ja, kyk maar na die eerste brief aan die Korintiërs wat ons op rekord het … dis voorwaar ‘n skerp vermaning. Die mense in daardie kerk het werklik hartseer en berou ervaar. Maar in sy tweede brief skryf hy in…

    2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)

    Dié soort hartseer wat God vir ons wil hê, is die soort wat ongelooflik goed vir ons is; dit is die soort wat ons lei tot die besluit om te verander; die soort wat ons op die pad na die ewige lewe lei. Dis wat God wil hê.

    En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Sun, 12 May 2024
  • 1191 - Met Wie Kan Ons Hom Vergelyk?

    Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV) 

    Vandag is Sondag. Vir sommige mense beteken dit die einde van een week; vir ander die begin van die volgende. In watter kamp jy ook al is, kom ons sluit Sondag saam op 'n hoë noot af. Kom ons roem in die wonder van wie God is.

    Vandag is veronderstel om 'n rusdag te wees. Ja, om te ontspan en om die dinge wat jy geniet, te doen, maar meer nog, is dit die geleentheid om ons gedagtes op dié God, wat ons so ongelooflik liefhet, te rig en om ons oë op te slaan om na hemelse dinge te kyk.

    Vir die grootste deel van ons week is ons kop onderstebo, besig met al die goed - die goeie, die slegte en die lelike - waarmee ons in die lewe te make het. En so is ons huidige werklikheid geneig om ons siening van God te vertroebel – ons weet nie mooi meer wie Hy is en waartoe Hy in staat is nie. Dit is tyd om jou blik op te lig om na God self te kyk. Dit is tyd om stil te wees en te weet dat Hy God is.

    Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV)

    Niks op hierdie aarde, of dit nou silwer of goud, of enige ander afgod is, wat ons vir onsself in hierdie suksesgedrewe, materialistiese wêreld gemaak het, kan ooit … ooit vergelyk word met die grootse liefde van God van wie die profete geskryf en die psalmdigters gesing het. Niks nie.

    Kan jy Hom met enigiemand vergelyk? Niemand is sy gelyke nie. Daar is niemand soos Hy nie!

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Sun, 12 May 2024
Weitere Folgen anzeigen