Filtrar por gênero
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
- 1200 - Die Perfekte Landing
Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. Weet jy dat navorsing vir ons sê dat die meeste mense wel bid. Maar het jy al ooit gedink aan wat met jou gebede gebeur wanneer jy bid? Verdwyn hulle net in die niet? Hoe sien God hulle? Watter impak het hulle?Ek vermoed dat baie mense nie eers daaraan dink nie. Hulle goo...
Mon, 20 May 2024 - 1199 - Mei 2024 Nuusbrief
Laai die geskrewe nuusbrief hier af.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Sat, 04 May 2024 - 1198 - God Bemoedig Jou
2 Korintiërs 7:4-6 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry. Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus. (NLV) Die woord "swaarkry" teken nie ‘n mooi prentjie nie, nè? Dit is be...
Sat, 18 May 2024 - 1197 - Reinig Jouself
2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV) God maak kosbare beloftes aan diegene wat hul vertroue in Jesus stel. Hy belowe dat Hy ons God sal wees en dat ons sy volk sal wees; dat Hy by ons sal woon. Dit spruit voort uit sy diepe begeerte om by ons te wees.Dit is wonderlik om te weet dat wanneer jy jou allerlaagste laagtepunt bere...
Fri, 17 May 2024 - 1196 - Wanneer Vriende Jou Verlaat
Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV) Daar is niks wat ons meer van stryk af bring, niks wat meer ontstellend is, niks wat meer teleurstellend en … sommer net pynlik is, as wanneer iemand wat jou vriend is wanneer dit voorspoedig gaan, jou verlaat wanneer dit sleg gaan. Het jy al ooit daardie ervaring gehad?Dis alles behalwe lekker. Wanneer jy hoog vlieg, wil almal jou vriend wees. Wanneer jy val en brand; wanneer jou emosies wipplank ry;...
Thu, 16 May 2024 - 1195 - Wie se Fout is Dit?
Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor. Ek het al 'n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede.Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verkeerd was; om te erken dat ons houding en ons optrede vir onsself, en vir ander, groot pyn veroorsaak het. "Ek was verkeerd," is een van die moe...
Wed, 15 May 2024 - 1194 - Hoe om God Te Eer
1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV) Mense doen deesdae 'n paar vreemde goed met hulle lywe. Hulle deurboor dit op baie vreemde plekke, laat hulle tatoeëer, tooi hulself op, pronk met hulle lywe en gee hulle oor aan onsedelikheid. Nouja wat is d...
Tue, 14 May 2024 - 1193 - Die Strik van Rykdom
Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. Is dit eerbaar of oneerbaar vir 'n belydende Christen om 'n gerieflike neseier vir hul aftrede te spaar, terwyl daar nog soveel mense dwarsdeur die wêreld is wat honger ly en baie mense in ons eie land, ...
Mon, 13 May 2024 - 1192 - Hartseer wat tot Verlossing Lei
2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV) Hartseer is nie iets wat ons onsself ooit sal toewens nie. Hoekom sou ons? Maar ...
Sun, 12 May 2024 - 1191 - Met Wie Kan Ons Hom Vergelyk?
Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV) Vandag is Sondag. Vir sommige mense beteken dit die einde van een week; vir ander die begin van die volgende. In watter kamp jy ook al is, kom ons sluit Sondag saam op 'n hoë noot af. Kom ons roem in die wonder van ...
Sun, 12 May 2024 - 1190 - God Sal Jou Dra
Jesaja 46:3,4 Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou julle dra en julle red. In 'n wêreld wat so om sukses wentel, kan dit moeilik wees om die gevoel dat jy nie goed genoeg is nie, af te skud. Ons is mos veronderstel om bekwaam...
Sat, 11 May 2024 - 1189 - Loop op die Regte Pad
Spreuke 12:28 Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat 'n wrok koester, lei na die dood. Die lewensreis het baie kinkels en draaie, en baie vurke in die pad. Jy kan ongetwyfeld terugkyk en sien hoe 'n onbeduidende klein besluitjie om hierdie kant toe te loop, in plaas van daardie kant toe, die loop van jou lewe heeltemal verander het.Baie jare gelede, toe ek nog ’n nuwe Christen was, het ek op ’n taamlik onindrukwekkende kerkgeboutjie afgekom. Ek het besluit o...
Fri, 10 May 2024 - 1188 - ‘n Evangelie van Teenstrydighede?
2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. Weet jy daar is tye, wanneer die goeie nuus van Jesus glad nie soos goeie nuus voel nie. Hy het immers self vir ons gewaarsku dat om sy dissipel te word, harde werk van ons sal vra. Hoe kan ons dit as goeie nuus bestempel?Soms sal jy vind dat jy met sekere versoekings worstel op 'n manier, wat ongelowiges nooit eers sal pla...
Thu, 09 May 2024 - 1187 - God se Genade
2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. So baie dinge in hierdie lewe vereis harde werk. Goeie huwelike werk nie vanself nie, dit verg moeite. Om kinders groot te maak, verg baie moeite. Loopbaanbevordering vereis … wel, jy verstaan wat ek bedoel, nè?Ek wonder, hoe jy nou voel oor al die dinge in jou lewe wat dag na dag harde werk vereis? Dit is werklik uitputten...
Wed, 08 May 2024 - 1186 - Hardloop die Resies
Hebreërs 12:1 Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, (NLV) Daar is tye in elkeen van ons lewens wanneer ons lus is om tou op te gooi. Of dit nou in jou huwelik is, in jou werk, in jou geloofswandel. . . Jy is nie die enigste een wat so voel nie. Op 'n sta...
Tue, 07 May 2024 - 1185 - Wie is Jesus? Episode 5
Deesdae is wette oor die algemeen goed. Soms is hulle 'n dekselse irritasie. Maar stel jou voor as daar 'n wet daarteen was om iemand te help. Wat sal jy doen? Wat sou ek doen? Wat sou Jesus doen?Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Tue, 07 May 2024 - 1184 - Die Bose Diep in die Mens
Galasiërs 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Daar is soveel boosheid in hierdie wêreld. Dink net aan mense met hul trots, selfsug en arrogansie. Wat van mishandeling, gesinne wat verdeeld is, nasies wat in oorlog vasgevang is, die armes, die uitgeworpenes. . .? Ja, boosheid is d...
Mon, 06 May 2024 - 1183 - Moenie die Rooi Vlag Ignoreer nie
Matteus 10:16 “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Ek dink ons sal saamstem dat dit 'n voortreflike eienskap is om die goeie in ander mense raak te sien, hul potensiaal te waardeer en om hulle so 'n bietjie genadig te wees wanneer hulle foutjies begaan - nie waar nie? Die gevaar is egter dat jy dit te ver kan voer en dat dit tot langtermyn skade en ongelukkigheid kan lei.Kom ons kyk na hierdie scenario: man ontmoet meisie...
Sun, 05 May 2024 - 1182 - Roei ‘n Geskindery Uit
Spreuke 11:13 'n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime. (NLV) Skinder het die mag om reputasies te verwoes. 'n Ou geruggie hier, 'n konfidensiële ou storietjie daar en voor jy jou oë uitvee, word die skinderstroompie ‘n magtige rivier. Wat dryf ons om deel van daardie dwaasheid te wees? En glo my, dis baie meer as net dwaasheid! Dit vernietig lewens.Ja, en ons het elkeen maar dinge in ons lewens waarop ons nie trots is nie; en ons wil beslis nie hê dat ons sonde van ...
Sat, 04 May 2024 - 1181 - Moenie Klippe Gooi Nie
Johannes 8:7,10,11 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.” Toe Jesus weer orent kom, het Hy vir haar gesê: “Vrou, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?”Sy het geantwoord: “Niemand nie, Meneer.” Jesus sê toe vir haar: “Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” (NLV) Wanneer ons sien dat iemand anders ‘n verkee...
Fri, 03 May 2024 - 1180 - Een Blinde Lei ‘n Ander
Lukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan ’n blinde persoon ’n ander blinde lei? Die eerste sal in ’n sloot val en die ander een saam aftrek.’n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV) Dis ‘n ernstige en gevaarlike situasie wanneer enigiemand hul vertroue in ‘n persoon of enigiets anders as die waarheid van die Evangelie van Jesus Christus stel. Selfs Christene (in werklikheid ve...
Thu, 02 May 2024 - 1179 - Wees Vrygewig
Lukas 6:38 As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.” (NLV) Gee jy om as ek jou 'n ietwat ongemaklike vraag vra? Hoe vrygewig is jy? Wat is jou eerste reaksie wanneer jy iemand in nood sien?Vrygewigheid kom in baie verskillende vorms voor. Jy kan vrygewig wees met jou lof,...
Wed, 01 May 2024 - 1178 - Die Straf Wat Jy Uitdeel
Lukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV). Hoe reageer jy op mense wat die verkeerde dinge doen? Hoe hanteer jy diegene wat jou seermaak; diegene wat nie van jou hou nie; diegene wat jou op een of ander manier verkleineer? Sê my, hoe reageer jy?Hoe reageer ons gewoonlik? Ons wil hulle straf. Klink dit ‘n bietjie konfronterend? Trap e...
Tue, 30 Apr 2024 - 1177 - Wie is Jesus? Episode 4
Belasting. Ons almal betaal dit - dit is 'n feit van die lewe. Maar hoe sou ons in Jesus se tyd gevoel het as die tollenaars oneerlik was? Hoe sou dit gewees het as hulle belasting vir 'n vyand, die Romeine, ingevorder het, terwyl hulle onder die tafel hul eie sakke gevul het? Hoe sou ons dan oor belasting gevoel het?Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus...
Tue, 30 Apr 2024 - 1176 - Die Vriendelikste Persoon in die Vertrek
Lukas 6:35,36 “Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” (NLV) Mense verskil hemelsbreed van mekaar. Mense is uniek. Jy kan dalk op een vlak hoogs begaafd wees...
Mon, 29 Apr 2024 - 1175 - Langs die Weg van Goedheid
Spreuke 12:28 Die pad van die regverdige loop na die lewe; dit is nie ’n pad wat na die dood toe lei nie. Navorsing oor ‘n lang tydperk het bevind dat maatskappye wat langtermyn sukses ervaar, binne 'n gesonde morele raamwerk funksioneer. Hulle doen eerlike besigheid; hulle is ordentlik teenoor hul werknemers en kliënte, ensovoorts.Destyds toe ek en my sakevennote – almal voormalige militêre offisiere – ons IT-konsultasiebesigheid begin het, het ons die oudste, wysste en mees senior venn...
Sun, 28 Apr 2024 - 1174 - Moenie Lui Wees Nie
Spreuke 12:27 Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel. Wanneer word ‘n behoefte aan rus, ons verskoning vir luiheid? Ja, ons weet dat ons almal moet rus van ons arbeid, maar daar is 'n fyn lyn tussen iemand wat ware rus nodig het en 'n lieplapper wat tot luiheid verlei word.Mense vra my soms waarom ek so hard werk. Dis maklik om dit te beantwoord. Daar sterf daagliks ontelbare mense in 'n Christuslo...
Sat, 27 Apr 2024 - 1173 - Moenie Verras Word Nie
Johannes 5:28,29 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.” Die dood is ongelooflik finaal. Wanneer jy sterf, hou jy op om asem te haal, jou hart hou op met klop, jou bloed hou op met vloei, jou brein gaan dood en van daardie oomblik af begin jou liggaam se aftakelingsproses. Dit is ongelooflik finaal.Dit...
Fri, 26 Apr 2024 - 1172 - Die Versekering van Verlossing
Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. Baie mense verstaan die enigste vereiste vir toegang tot die ewige lewe heeltemal verkeerd. Sommige sê, ek is nie so 'n slegte mens nie. Ek behoort reg te wees. Terwyl ander wonder, sal ek uiteindelik goed genoeg wees?Wel, is jy goed genoeg? Ek is nie; en wat meer is, ek sal nooit wees nie. Nouja, e...
Thu, 25 Apr 2024 - 1171 - Die Krag van die Lewe
Johannes 5:20,21 Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil. Daar bestaan absoluut geen twyfel dat Jesus indrukwekkende wonderwerke gedoen het nie. Hy het die verlamdes laat loop; die blindes laat sien; vir Lasarus uit die graf laat opstaan. Maar wat was die doel van dit alles? Wat beteken daardie wonderwerke va...
Wed, 24 Apr 2024 - 1170 - Hoe om nie te Misluk Nie
Johannes 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so (NLV)Het jy al ooit dapper en entoesiasties besluit om in die geloof iets vir God te doen en ‘n volslae mislukking gemaak? Ek het ook al. En dan wonder ons hoekom God nie gehelp het nie. Here, wat doen U? Ek het U vertrou, maar U het my in die steek gelaat!Baie mense wat al probeer het om iets vir God t...
Tue, 23 Apr 2024 - 1169 - Wie is Jesus? Episode 3
Soms kan ‘godsdiens’ ons soos melaatses laat voel. Uitgeworpenes. Onwaardig. Waardeloos. In Jesus se tyd was daar baie melaatses. Hulle was uitgeworpenes. Hoe het Hy hulle behandel?Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Tue, 23 Apr 2024 - 1168 - Die Gevaar van Godsdienstigheid
Johannes 5 :16-18 Daarna het die Jode begin kyk of hulle Jesus nie in die moeilikheid kon bring nie, want hulle was baie ontevrede omdat Hy hierdie tipe ding op die sabbat gedoen het. Jesus het Homself verdedig: “My Vader werk reg deur tot nou toe, sabbat of nie. Net so werk Ek ook.” (DB) Dit is regtig merkwaardig, hoe maklik dit is om God se barmhartigheid en genade - alles wat wonderlik is - te neem en dit in 'n klomp reëls en wette te verander. Wat kry jy as jy dit doen? Godsdiens.In ...
Mon, 22 Apr 2024 - 1167 - Jou Voorbedagte Plan om te Sondig
Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Elkeen van ons het so een swakheid, daardie één ou krakie in ons wapenrusting, daardie één ou sondetjie … wat gereeld terugkom om by ons te spook om ons geloofsreis te ontspoor. Jy weet waarskynlik reeds wat joune is.Ek weet beslis wat myne is. Maar weet jy wat die dinamiek is, wat geneig is om homself af te speel wan...
Sun, 21 Apr 2024 - 1166 - Wees Vriendelik,Vrygewig en Regverdig
Psalm 112:5,6 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. Ek dink dit is deesdae baie maklik om Christenskap so maklik ‘geestelik’ te maak. Mense word so ingetrek deur liedjies te sing en mense op die rug te slaan – loof die Here, broer – dat ons vergeet dat liefde, beide 'n selfstandige naamwoord en 'n werkwoord is. In alle groot kulture is die woord vir liefde nie net iets wat ons het of...
Sat, 20 Apr 2024 - 1165 - Wanneer Jy Skuldig Is
Deuteronomium 22:8 “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie. In die meeste lande is beroepsgesondheid en -veiligheid ‘n groot saak. En dit is billik, want op plekke waar dit nie ‘n prioriteit is nie, gebeur daar uiteindelik verskriklike dinge met die werkers.Die verwoestende Kader-Speelgoedfabriek-brand in 1993, in Bangkok, word steeds as die ergste industriële brand in die ges...
Fri, 19 Apr 2024 - 1164 - Watter Soort Buurman is Jy?
Deuteronomium 22:1,2 Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee. Bure het 'n snaakse manier om jou geduld te beproef. Of dit nou 'n blaffende hond, boomwortels onder die heining, sigaretrook of 'n grensgeskil is, om 'n goeie buurman te wees, ...
Thu, 18 Apr 2024 - 1163 - God se Tydsberekening is Perfek
Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Ek moet ‘n bekentenis maak: ek was nie altyd so in my noppies oor God se tydsberekening nie. Daar was te veel kere wat my lyding te lank aangehou het. En eerlikwaar, daar was te veel kere wat Hy sy seëninge ook te lank teruggehou het! Wat van jou?Ek het 'n jong vriend wie se vrou, kort nadat hulle getro...
Wed, 17 Apr 2024 - 1162 - Die Wêreld se Grootste Ponzi Skema
Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. 'n Man met die naam van Bernie Madoff, 'n voormalige voorsitter van die Nasdaq-aandelebeurs, kan spog met die bedryf van die grootste P...
Tue, 16 Apr 2024 - 1161 - Wie is Jesus? Episode 2
Een van die dinge wat ek regtig haat, is wanneer mense vir my preek. Jesus het baie gepreek, maar dit was heeltemal anders. Dit was opreg en diep. Dit het mense geraak. Hoekom?Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Tue, 16 Apr 2024 - 1160 - Die Eenvoudige Krag van Liefde
Romeine 13:8-10 Betaal alles wat julle verskuldig is, maar die een rekening wat julle altyd verskuldig sal bly, is om mekaar lief te hê. As jy jou naaste liefhet, vervul jy die wet. Want elke verbod, dié teen egbreuk, teen moord, teen diefstal, teen verkeerde begeertes – en watter ander een daar ook mag wees – word opgesom in hierdie een groot opdrag: “Jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.” Die liefde doen niemand kwaad aan nie. Daarom voldoen die liefde aan al God se vereistes. (N...
Mon, 15 Apr 2024 - 1159 - Hoe Behandel Jy Jou Personeel?
Kolossense 4:1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook ’n Baas in die hemel het. (DB) Enigiemand wat al ooit in 'n leiersposisie was, sal weet dat dit nie maklik is nie. Mense voldoen dikwels nie aan jou verwagtinge nie. En jy raak soms geneig om krities te raak.Nee, my maat, om 'n leier te wees, is nie maklik nie. Soos Steve Jobs, die stigter van Apple, eenkeer gesê het, moenie 'n leier word as jy almal tevrede wil stel nie. Gaan verkoop dan...
Sun, 14 Apr 2024 - 1158 - Onthou Jou Beloning
Kolossense 3:23,24 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (NLV) Dit kan jou vir ‘n kort rukkie laat goed voel wanneer jy ander mense beïndruk. As jy jou baas beïndruk, kan jy dalk 'n verhoging, en of, 'n bevordering kry. Maar daar is iets baie belangriker, iets baie groter hier op die spel.Ons het gister in Kolossense 3 gesien dat daar 'n fyn balans bestaa...
Sat, 13 Apr 2024 - 1157 - Probeer Jy Steeds Mense Beïndruk?
Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV) Dit maak nie saak hoe nederig ons dink ons al geword het nie, daar is altyd 'n versoeking wat iewers diep binne-in skuil, wat vir ons vertel hoe wonderlik dit sal wees, as ons ander mense kan beïndruk.Die oomblik as ons aan onsself dink as nederig - ek is nederig! – is ons allesbehalwe nederig. Dit laat my altyd stilletjies lag kry vir myself. Wanneer ons in nederigheid groei; ervaar ons 'n...
Fri, 12 Apr 2024 - 1156 - Duiwelse Trots
Lukas 4:5-7 Daarna bring die duiwel Hom op 'n hoogte en wys Hom in 'n oogwink al die koninkryke van die wêreld. Toe sê die duiwel vir Hom: “Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. Dit sal alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.” Het die duiwel al ooit 'n hoek, gelaai met die aas van versoeking voor jou neus rondgeswaai om jou uit te lok? Daardie aas van hoe suksesvol jy kan word en hoe jy mense sal beïn...
Thu, 11 Apr 2024 - 1155 - Trots is Vernietigend
Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) Sê my, geniet jy dit om saam met 'n trotse persoon te woon of te werk, of om deur ‘n paar van hulle omring te word? Dit is nie baie pret nie, is dit?Een van die mees vernietigende van alle denkwyses is beslis een wat gewortel is in trots, want vir die trotse...
Wed, 10 Apr 2024 - 1154 - Die Krag van ‘n Vraag
Matteus 19:16-18 Iemand het na Jesus toe gekom met die vraag: “Leermeester, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Net God is werklik goed. Maar om jou vraag te beantwoord – jy kan die ewige lewe verkry deur die gebooie te onderhou.”Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?”(NLV) As die lewe net eenvoudig was ... maar dit is nie eenvoudig nie. Die lewe is morsig, dit is kompleks. Mense se emosies, ons s'n inkluis,...
Tue, 09 Apr 2024 - 1153 - Wie is Jesus? Episode 1
WIE IS JESUS? – Berni DymetINLEIDING Wie is hierdie Jesus wat beweer dat Hy die Seun van God is? Vir my was Hy vir die eerste 36 jaar van my lewe niks meer as 'n vloekwoord nie. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Tue, 09 Apr 2024 - 1152 - Straf God Ons Steeds?
Straf God sy kinders? Haal Hy sy groot kosmiese liniaal uit en klits jou oor jou kneukels wanneer jy iets verkeerd gedoen het, as jy weet dit was verkeerd? Dit is 'n goeie vraag om te vra en 'n baie goeie een om te beantwoord, want in hierdie wêreld van oorsaak en gevolg verwag mense baie dikwels dat hulle gestraf moet word. Maar hier is die ding. As jy glo dat Jesus aan die Kruis gesterf het om die prys vir jou sonde te betaal, dan weet jy dat Hy vir eens en altyd jou straf op Homs...
Mon, 08 Apr 2024 - 1151 - ‘n Onaanvaarbare Konsep
Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Dit maak nie saak onder watter regeringstelsel jy toevallig leef nie, maar ons het almal vandag die begeerte om vry te wees en om selfbeskikking te ervaar. Ja, ons hou nie daarvan om deur ander mense gesê te word wat om te doen en wat om nie te doen nie.Ek is doodseker daardie begeerte na vryheid is 'n ingebore menslike eienskap. Die idee om iemand oor ...
Sun, 07 Apr 2024 - 1150 - Wanneer Jy In Die Moeilikheid Is
Psalm 138:7,8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. Daar is tye in ons lewens wanneer die vermoë om met vertroue op die beloftes van God te staan, werklik belangrik is. Ja, ek weet dis altyd belangrik, maar dit voel ekstra belangrik wanneer ons moeilike tye ervaar.Wanneer la...
Sat, 06 Apr 2024 - 1149 - Die Wat Ons Vooruit Is
2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. In hierdie vinnige, tegnologie-gedrewe wêreld waar jy jou aandete op jou foon kan bestel om dit binne 'n halfuur by jou deur te laat aflewer, lyk dit of mense selde tyd neem om ...
Fri, 05 Apr 2024 - 1148 - Nuusbrief April 2024
Download the newsletter here.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Thu, 04 Apr 2024 - 1147 - Die Lig wat in jou Hart Skyn
Psalm 119:130 Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige. (NLV) Jy ken daardie gevoel van frustrasie wanneer daar iets is, wat jy net nie mooi kan verstaan nie. Iets wat jy weet net nie heeltemal reg is nie, en die oplossing van die probleem ontwyk jou geheel en al. En dan skielik op ‘n dag maak dit sin - dit is asof … ‘n lig aangeskakel het.'n Jong prediker het my ‘n rukkie gelede gevra om hom oor een van sy onlangse preke terugvoer te gee. Dit was 'n enorme voorreg....
Thu, 04 Apr 2024 - 1146 - Het jy Jou Geskenk Oopgemaak?
Handelinge 2:38,39 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy op een van jou werklik belangrike verjaarsdae, een van daardie met 'n nul aan die einde, 'n geskenk van die per...
Wed, 03 Apr 2024 - 1145 - Daar is Krag in hierdie Belofte
Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Watter doelwit het God aan jou gestel vir jou lewe – die tyd tussen vandag en die dag wanneer jy jou laaste asem uitblaas? Hoekom het Hy jou op hierdie aarde gelos, eerder as om jou in heerlikheid na Hom, huis toe te neem?Dit is uitdagende vrae, want soos ons daagliks deur die dinge wa...
Tue, 02 Apr 2024 - 1144 - Onthou die Belofte
Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. In die ou dae was seilskepe die algemeenste vorm van skeepsvervoer. Onverskrokke matrose het met seilskepe die aardbol deurkruis en groot oseane oorgesteek om nuwe wêrelde te ontdek. Hulle was aangedryf deur een ding, en een ding alleen. Die wind.Deesdae is daar natuurlik ook massiewe brandstof-aangedrewe vaartuie. Dit het ...
Mon, 01 Apr 2024 - 1143 - Laat die Lewe Begin!
1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV) Christus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! 'n Refrein van Christene deur die eeue. 'n Gejuig. Maar is dit steeds meer as tweeduisend jaar ná die gebeurtenis, vir ons belangrik?Wat, indien enigiets, bet...
Sun, 31 Mar 2024 - 1142 - Heeltemal Verslaan, Maar Tog…
Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status en belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. (DB) Paas-Saterdag. Is dit ‘n noemenswaardige dag? Dit is ‘n soort van ‘tussen-in-dag’ tussen die verskriklike gebeure van Goeie Vrydag en die skouspelagtige, wonderlike gebeure van Opstandingsondag.Wat dink jy het die dissipels op daardie eerste Paas-Saterdag gedoen? Net rondgelê en die Sabbatsrus geniet? Het hulle gewag vir die Opstandingsdag sodat...
Sat, 30 Mar 2024 - 1141 - Hy het dit Vir Jou Gedoen
1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV) Wel, hier is ons. Dis die dag wat ons “Goeie Vrydag,” noem. Ja, dis die dag waarop daardie verskriklike, ondenkbare daad plaasgevind het, sodat, die grootst...
Fri, 29 Mar 2024 - 1140 - ‘n Groot Belofte
Johannes 14:12 “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan. Jesus het dinge gesê en gedoen wat heeltemal "onortodoks," en absoluut onverwags was. Ons staan dikwels in verwondering wanneer ons in die Evangelies van sy lewe lees. Oor die afgelope paar dae het ons gesien hoe die dissipels, sy naaste volgelinge, Hom in die dae wat gelei het tot die kruisiging, in die steek gelaat het. J...
Thu, 28 Mar 2024 - 1139 - Maar dan Struikel Jy
Johannes 18:25-27 Simon Petrus was nog besig om hom te staan en warm maak toe iemand vir hom sê: “Is jy nie tog ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit heftig ontken en gesê: “Nee, ek is nie!” Een van die hoofpriester se slawe, verwant aan dié een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: “Het ek jou nie ook in die tuin saam met hom gesien nie?” Petrus het dit weer ’n keer heftig ontken en onmiddellik het die haan gekraai. (NLV) Oor net 'n paar dae sal ons daardie verskriklike dag, "Goei...
Wed, 27 Mar 2024 - 1138 - Ten Spyte van jou Beste Voornemens
Johannes 13:36-38 Simon Petrus vra Hom: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy My wel volg. ”Petrus sê toe vir Jesus: “Here, waarom kan ek U nie nou reeds volg nie? Ek sal my lewe ter wille van U opoffer.” “Sal jy regtig jou lewe ter wille van My opoffer?” vra Jesus. “Ek verseker jou, voordat die haan môre-oggend kraai, sal jy drie maal ontken het dat jy My ken.” (NLV) Dit is een ding om goeie voornemens te hê, maar...
Tue, 26 Mar 2024 - 1137 - Daardie Diepgewortelde Skuldgevoel
Romeine 3:23,24 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. (NLV) Ons het elkeen herkenbare eienskappe wat natuurlik daar is, omdat dit in ons DNA geënkodeer en van geslag tot geslag oorgedra is. Maar daar is nog iets wat ons geërf het, wat dalk nie heeltemal so voor die hand liggend is nie: 'n di...
Mon, 25 Mar 2024 - 1136 - Wanneer die Heilige Gees ons Verlaat
2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. Sê my, wat is die verskil tussen om die reëls te volg en om Jesus te volg? Hoekom kan ons nie eers die padreëls gehoorsaam nie, en tog verander alles wanneer ons Jesus volg?Deur die geskiedenis van die mensdom het mense probeer om boosheid te oorwin – die boosheid van ander mense, maar oo...
Sun, 24 Mar 2024 - 1135 - Wette Los nie Probleme Op Nie
Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees. As jy mooi kyk na hoe regerings oor die algemeen wetgewing formuleer...
Sat, 23 Mar 2024 - 1134 - Die Definisie van Mislukking
Lukas 12:20,21 Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.” Het jy al ooit hard gewerk en baie opgeoffer om iets te bereik, maar toe jy uiteindelik suksesvol is, het jy ontdek dat dit leeg, en hol voel, dat dit glad nie is hoe jy verwag het dit sou voel nie?Ek ken daardie gevoel baie goed. Vir die eerste helfte van my lewe...
Fri, 22 Mar 2024 - 1133 - ‘n Plan Vir Môre
Lukas 12:16-19 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ Dit is regtig snaaks, dat alhoewel ons weet dat ons eendag van...
Thu, 21 Mar 2024 - 1132 - Heeltemal Waardeloos
Lukas 9:25,26 “Wat help dit 'n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele. Die aanloklikheid van al die dinge wat geld kan koop, word by die dag groter. Ons ekonomiese stelsels word al hoe vaardiger om ons van ons swaarverdiende geldjies te skei.Slimfone, motors me...
Wed, 20 Mar 2024 - 1131 - Dinge Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie
Lukas 9:23,24 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou. Die storie waarmee die wêreld ons deesdae wil indoktrineer, gaan basies so: leef 'n goeie lewe en wees gelukkig. Dit klink nogal goed, maar daar is 'n gevaarlike angel daar.Nouja, dink ek dat God ons wil seën? Een honderd persent! Absoluut! So...
Tue, 19 Mar 2024 - 1130 - ‘n Weerspieëling van Jou Geloof
2 Korintiërs 3:17,18 Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. Ons geloof, joune en myne, bestaan nie in afsondering nie. Dit word beïnvloed deur ons omstandighede, die samelewing; en dít ...
Mon, 18 Mar 2024 - 1129 - Jou Getuigskrif
1 Johannes 3:17,18 Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.(NLV) Kan ek jou gou ‘n vraag vra: hoe ryk is jy? Want as jy oor die basiese lewensbehoeftes beskik – water, kos, klere en huisvesting – dan is jy in elk geval ryke...
Sun, 17 Mar 2024 - 1128 - Die Rykdom van sy Heerlikheid
Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV) In 'n wêreld wat al hoe meer welvarend word, word dit vir ons moeiliker en moeiliker om 'n grens tussen ons behoeftes en ons begeertes te trek. Ja, en ons raak so maklik deurmekaar met die twee wanneer ons bid. Waar ek woon, beskou die meeste mense 'n warm stort as 'n fundamentele mensereg. Hoe kan jy die dag daarsonder begin? Dit was ...
Sat, 16 Mar 2024 - 1127 - Vervulling vir Jou Siel
Psalm 63:6-9 U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind u regterhand hou my staande. (NLV) Tevredenheid. Bevrediging. Vervulling. Daardie drie woorde spreek van volledigheid, van welstand, van die lewe wat elkeen van ons so graag wil hê … maar van ‘n lewe wat die meeste mense nooit smaak nie.Ek wonder of ...
Fri, 15 Mar 2024 - 1126 - Verwag Groot Dinge!
Psalm 126:1-6 Toe die Here die bannelinge teruggebring het na Sion toe, was dit vir ons soos ’n droom. Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen. ”Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde! Verander tog ons lot, Here, soos strome in die Suidland. Hulle wat met trane saai, sal met vreugde maai. Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra. (NL...
Thu, 14 Mar 2024 - 1125 - Praat Openlik van die Kruis
Handelinge 4:11,12 Hy is: ‘Dié klip wat deur julle bouers geminag is; Hý het nou die sluitklip geword. “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” Die rede waarom ek doen wat ek doen; die ding wat my elke oggend uit die bed laat opstaan, is 'n intense begeerte om soveel mense as moontlik van Jesus te vertel. Ongelukkig wil baie mense, ja, die meeste van hulle, nie van Jesus hoor nie.Enigeen wat die wonder v...
Wed, 13 Mar 2024 - 1124 - Die Liefde Vergaan Nooit
1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! Ons het 'n wonderlike vermoë om te fokus op die dinge wat op die ou end glad nie saak maak nie. En as hulle op die lange duur nie saak maak nie, moet jy jouself afvra: is die dinge dan werklik belangrik? Moet h...
Tue, 12 Mar 2024 - 1123 - Ongelooflik, Wonderlike Genade
Johannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. Genade is deesdae 'n seldsame kommoditeit. Die wêreldstelsel verwag van jou om te konformeer en te presteer. Dit verwag van jou om jou ou klein rolletjie as 'n onbeduidende ou ratjie in sy masjien te speel.As dit net 'n bietjie te verdoemend klink, kyk maar om jou rond. . . Hoe vergewensgesind is ons sosiale stelsels en jou sogenaamde ‘rolmodelle’ teenoor jou? Hoe gereeld sien mense jou mislukkings oor die hoof? Hoe ge...
Mon, 11 Mar 2024 - 1122 - Geloof en Vertroue
Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Hou jy ook daarvan om by mense wat ‘n gevoel van rustige selfvertroue en van stille tevredenheid uitstraal, te kuier? Om by hulle te wees, laat jou sommer beter oor jouself voel. Wat is anders aan daardie mense?Ek kan aan 'n halfdosyn sulke mense in my lewe dink. Ten spyte van alles wat hulle deurgemaak het - en sommige van hulle is al deur baie groot uitdagings...
Sun, 10 Mar 2024 - 1121 - Knorrigheid is Aansteeklik
1 Korintiërs 13:5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie. (DB) Party dae, is ek knorrig en iesegrimmig. Jy het sekerlik ook dae wat jy knorrig is! Weet jy, knorrigheid is aansteeklik. Hopelik gebeur dit nie te gereeld nie, maar ons...
Sat, 09 Mar 2024 - 1120 - Wag Daarvoor
Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp. Ons het in die weermag 'n gesegde gehad: “Maak gou en wag.” Dit het gelyk of ons altyd aangejaag word om betyds iewers te wees, net om ure lank te staan en wag vir iets om te gebeur.Ag nou ja, ons weet almal dat daardie "maak gou en wag"- irritasie nogal baie in die lewe voorkom. Jy voel onder druk om iewers ...
Fri, 08 Mar 2024 - 1119 - Hoe om Sterk Te Wees
Jesaja 30:15-17 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie; julle het gesê: “Nee, ons sal op perde wegjaag, ons sal vinnige perde ry. ”Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees. Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig, en as vyf julle bedreig, sal julle aanhou vlug totdat die paar wat van julle oorbly, soos 'n eensame vlagpaal op ...
Thu, 07 Mar 2024 - 1118 - ‘n Instrument van die Here
Psalm 34:18-20 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. Ons lees dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament van God se reddende hand. En dit is goeie nuus. Trouens, dit is wonderlike nuus. Ja, wanneer ons in die moeilikheid is, is God by ons om ons daardeur te help.Ek is seker dat jy, net soos ek, tye...
Wed, 06 Mar 2024 - 1117 - Moenie Speletjies Met God Speel Nie
2 Timoteus 2:20,21 In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak. (NLV) As kinders het ons graag ons ouers se geduld getoets. Ons wou sien hoe ver ons hulle ...
Tue, 05 Mar 2024 - 1116 - Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie
Efesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie. Ek is seker jy het opgemerk dat mense deesdae baie kwaad in hulle ronddra. Ja, ek weet, daar is inderdaad genoeg dinge in die wêreld aan die gang om ‘n mens die hele tyd kwaad te maak: mense, politiek, omstandighede, houdings, noem maar op.Woede kom dikwels na vore wanneer ons onder druk is. Iemand kyk jou net skeef aan, en dan byt jy sy kop af. Natuurlik is woe...
Mon, 04 Mar 2024 - 1115 - Haat Jou Sonde
1 Timoteus1:15,16 Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry. Dit is verstommend hoe gereeld ons die splinter in iemand anders se oog raaksien en hom oor...
Sun, 03 Mar 2024 - 1114 - Onderskei Jouself
Matteus 5:40-42 As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.” Wanneer ek stil word en my eie hart ondersoek, word ek hartseer as ek besef hoe ek so deur die kultuur waarin ek leef, beïnvloed word, soveel so dat ek ‘n sterk gevoel van eiegeregtigdheid by myself bespeur. Wat van jou?Di...
Sat, 02 Mar 2024 - 1113 - Liefde is …
1 Korintiërs 13:4,5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Party mense vra die vraag: "Waarom iets in ses woorde sê, as jy dit in sestig kan sê?" Ek was nog altyd geneig om dit anderste om te wil doen! ‘n Blomryke styl kan sommige mense beïndruk, maar kom ons wees eerlik, kort en kragtige woo...
Fri, 01 Mar 2024 - 1112 - Word Vinnig Wys
Spreuke 3:13-18 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud. Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer. Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe. Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou. Ontho...
Thu, 29 Feb 2024 - 1111 - Wie moet Wraak Neem?
Romeine 12:17-19 Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.” Wat is die een ding wat jy begeer wanneer iemand jou, of iemand vir wie jy omgee, kwaad aandoen; wanneer jy so briesend kwaad is, dat jy ...
Wed, 28 Feb 2024 - 1110 - God se Groot Werke
Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. Het jy al ooit daarna gesmag om iets "groots" vir God te doen? Het jy al gedroom dat Hy kragtig deur jou in ander mense se lewens sal werk? Vir baie mense bly dit egter net 'n droom.Enigeen wat Jesus liefhet, het daardie drome gehad; daardie idee dat ons iets magtigs vir Hom kan doen; iets wat 'n reuse impak op die wêreld en die lewens van diegene rondom ons sal hê. Maar so ...
Tue, 27 Feb 2024 - 1109 - Hoe Sal ‘n Wêreld Sonder Liefde Lyk?
1 Korintiërs 13:1-3 Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. Kan jy jou ‘n w...
Mon, 26 Feb 2024 - 1108 - Waarborg Sukses
Josua 1:8 Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. (NLV) Die onderwerp vir vandag is: sukses. Jou sukses in die koninkryk van God. En as jy 'n bietjie skepties is, dan is dit goed, want wanneer iemand in een asem van God se Woord en van "sukses" praat, moet jy versigtig wees.Watter prentjie tower dit in jou gedagtes op wanneer jy daardie woord "sukses" hoor? Is...
Sun, 25 Feb 2024 - 1107 - Laat Daar Lig Wees
Matteus 5:14-16 Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Soms maak die lewe glad nie sin nie. Die goed wat in jou lewe, jou hart, jou gesin en jou werk aangaan … maak net nie sin nie. Wat jy no...
Sat, 24 Feb 2024 - 1106 - Wat Is Goed?
Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (NLV) Ons leef in 'n wêreld van skerp kontraste. Swart en wit. Lank en kort. Ryk en arm. Jonk en oud. Maar die belangrikste van al hierdie is: goed teenoor kwaad. Nouja, wat is die verskil tussen daardie twee?Wel, namate die morele beginsels wat vir alle mense van toepassings is, agteruitgaan, word dit al hoe moeili...
Fri, 23 Feb 2024 - 1105 - Raak Ontslae van jou Boosheid
Jakobus 1:21 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red. (NLV) Dit lyk asof die enigste manier om heeltemal weg te bly van die boosheid wat hierdie wêreld regeer, is om jouself toe te sluit en 'n geslote bestaan te voer. So sal jy kan wegbly van die boosheid wat tot op elke vlak van die samelewing ingedring het. Hm. Is dit werklik die enigste manier?Ek on...
Thu, 22 Feb 2024 - 1104 - Hoe Sal Jy Weet?
Johannes 14:22,23 Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: “Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Jy moet altyd versigtig wees as iemand beweer dat hy die een of ander spesiale insig, wat niemand anders ontvang het nie, het. En tog, as Christene, is dít presies wat ons kry – dit is 'n besondere openb...
Wed, 21 Feb 2024 - 1103 - Moeilike Vrae
Psalm 71:20,21 U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diep waters van die aarde, uit die doderyk rig U my weer op. U sal my in eer herstel en weereens my vertrooster wees. (NLV) Wonder jy ooit watter rol God daarin gespeel het wanneer probleme oor jou pad kom? Het Hy per ongeluk daardie probleem misgekyk, of was dit al die tyd deel van sy plan? En indien wel, hoekom het Hy dit laat gebeur?Ek het myself al dikwels daardie vrae afgevra, want wanneer probl...
Tue, 20 Feb 2024 - 1102 - Wanneer Jy Net Sommer Weet
Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV) Het jy al ooit gewonder hoekom God, in Sy wysheid, dieselfde ding oor en oor in sy Woord sê? Dit is 'n vraag wat ek myself al dikwels afgevra het. Hoekom doen Hy dit?Ek kan nie tel hoeveel keer my pa my as kind nie op my plek gesit het...
Mon, 19 Feb 2024 - 1101 - Satan se Aanklag
Job 1:10-12 U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie. ”Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.” Die Satan het daarna van die Here af weggegaan. Daar word in die Bybel na Satan as 'n bedrieër en 'n aanklaer verwys. Maar het jy al ooit daaraan gedink dat hy selfs vir God...
Sun, 18 Feb 2024
Podcasts semelhantes a God se Woord VARS vir jou Vandag
- Conversations ABC listen
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Dateline NBC NBC News
- 財經一路發 News98
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- TED Talks Daily TED
- アンガールズのジャンピン[オールナイトニッポンPODCAST] ニッポン放送
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 吳淡如人生實用商學院 吳淡如
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Outros Podcasts de Crianças e Família
- Focus on the Family Broadcast Focus on the Family
- Bedtime Stories for Children Steve Adams
- Detective OTR Old Time Radio DVD
- La libre antenne - Olivier Delacroix Europe 1
- Libre antenne week-end - Valérie Darmon Europe 1
- Meditation Sounds Meditation Sounds
- Tales of Horror Podcast Old Time Radio DVD
- Horror Stories Dennis Humphrey
- Dr. James Dobson's Family Talk Dr. James Dobson
- Sleep Oryan
- Disney Hits Podcast Disney Music Group, Laya DeLeon Hayes
- Deep Sleep Sounds Deep Sleep Sounds
- Life After Child Loss: A Parent's Grief Angela Snowden
- Radio Drama Humphrey Camardella Productions
- Noise for Babies Snoozen
- Snuggle: Kids' stories Slumber Studios
- Nightly Bedtime Story Podcast Nightly Bedtime Story Podcast
- Healing & Dealing Charlotte Estrada
- Wait...I'm a Mom?! Alicia "Ace" West
- Holistic Mom Weight Loss | Holistic Health, Hormonal Balance, Exercise Weight Management, Lose Weight FAST, Baby Weight Nutri Kristen Noriega, Registered Dietitian Nutritionist, Holistic Weight Loss Coach