Filtrar por género

God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

1199 - Mei 2024 Nuusbrief
0:00 / 0:00
1x
  • 1199 - Mei 2024 Nuusbrief

    Laai die geskrewe nuusbrief hier af.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

    Sat, 04 May 2024
  • 1198 - God Bemoedig Jou

    2 Korintiërs 7:4-6 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry. Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus. (NLV) Die woord "swaarkry" teken nie ‘n mooi prentjie nie, nè? Dit is be...

    Sat, 18 May 2024
  • 1197 - Reinig Jouself

    2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV) God maak kosbare beloftes aan diegene wat hul vertroue in Jesus stel. Hy belowe dat Hy ons God sal wees en dat ons sy volk sal wees; dat Hy by ons sal woon. Dit spruit voort uit sy diepe begeerte om by ons te wees.Dit is wonderlik om te weet dat wanneer jy jou allerlaagste laagtepunt bere...

    Fri, 17 May 2024
  • 1196 - Wanneer Vriende Jou Verlaat

    Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV) Daar is niks wat ons meer van stryk af bring, niks wat meer ontstellend is, niks wat meer teleurstellend en … sommer net pynlik is, as wanneer iemand wat jou vriend is wanneer dit voorspoedig gaan, jou verlaat wanneer dit sleg gaan. Het jy al ooit daardie ervaring gehad?Dis alles behalwe lekker. Wanneer jy hoog vlieg, wil almal jou vriend wees. Wanneer jy val en brand; wanneer jou emosies wipplank ry;...

    Thu, 16 May 2024
  • 1195 - Wie se Fout is Dit?

    Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor. Ek het al 'n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede.Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verkeerd was; om te erken dat ons houding en ons optrede vir onsself, en vir ander, groot pyn veroorsaak het. "Ek was verkeerd," is een van die moe...

    Wed, 15 May 2024
Mostrar más episodios